Stof in my oë

  • 2

Stof in my oë

Vanoggend pla die stof
hier agter op die donkiekar
soos hy skud en rammel
al in die stofpad af
ek voel die verwarring
die vrees ek weet –

iets is verkeerd
my gedagtes is kort
o Here –
wat gaan van my word

ek is verward
my kop is dik
ek verstaan nie
wat aangaan nie
asof spinnerakke
alles toespin
my deurmekaar los
in ’n ... weet nie wat nie

ek roep na God
maar verstaan nie
die antwoord nie
terwyl die donkiekar stamp
rammel deur die stofpad
van hierdie spinnerakpad
wat my kop deurloop

die stof in my oë pla
soos die lewe my dra
na ’n verwarring
wat ek nie ken nie
die stof verblind my

tussen die gerammel
wat my nooit gepla het nie
maar vanoggend
is hier ’n fout.

  • 2

Kommentaar

  • Jacques Wessels

    Kom ons gesels!
    Die metafoor van die rammelende donkiekar as die lewensreis of die liggaam wat voortbeur terwyl die gees verduister word deur stof en spinnerakke, is treffend en diep menslik. Daar is in my opinie te veel herhaling. Vertrou die leser om te begryp dat die digter 'n sekere ervaring het om weer en weer te herhaal. Ek dink ook dat sonder die tweede en laaste twee verse die gedig sterker en meer gefokus sal wees.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top