
Foto: Canva
My bladsy
soms ruk God die bladsy
waarop ek staan
onder my uit
om my verdwaas
op die vloer te los
met meer vrae
as al die antwoorde
in die res van my boek
omdat Hy te groot is
vir jou en my
om ooit hier te verstaan
omdat ons verblind is
deur vlees en vrees
sodat ons nie alles sien
soos dit werklik is nie
ons lewe is ’n raaisel
in ’n spieël –
versteek vir nou
tog sal ons eendag
alles sien soos dit is
selfs ons self
wat ons slegs sien
in die spieël
as ons regmaak
vir die dag
wat soos elke dag
vol van sy eie kwaad is
vervolging is
omdat ons wil
gehoorsaam wees
aan waarheid
met die leuen
kort op ons hakke

