Fiksie

Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.

Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.

If you would like to submit your writing, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published stories.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Een swaeltjie maak nie ’n somer nie

Lydia Willems 2013-06-11 "My gedagtes loop terug op voetpaadjies van my eie kinderdae, die koue winters van my geboortedorpie teen die Vrystaatse voetheuwels van die Maluti’s."

Elamshal

Adriaan Coetzee 2013-06-11 “Ek hoop nie ons word ’n statistiek nie,” skerts Swarie terwyl hy die hoë hek oopbeur. Ek gryns onseker. So volg ons goedsmoeds die spoor van ’n vreemde voertuig op die reënpatroon van ’n grondpad tot die plaashuis.

Keurbooms se Kersboom

Stef Delport 2013-06-11 "Keurboomstrand, en veral Arch Rock-karavaankamp, naby Plettenbergbaai, is seker een van die mooiste strandoorde langs die Kaapse kus. So glo die Keurboomstranders in elk geval ..."

Koffie met Castro

Estelle Nagel 2013-06-11

"Ek het my eerste twee weke in Havana in goeie geselskap bestee: Ek eet soggens ontbyt langs John Lennon, smiddae drink ek koffie saam met Castro."

Flenters op die werf

Koos Botha 2013-06-04

Koos Botha het twintig jaar gelede sy kinders gaan uitken nadat hulle in ’n motorongeluk gesterf het. Hier volg ’n fragment uit ’n groot manuskrip wat hy geskryf het om daardie verlies te verwerk.


In Pole met of sonder ? toergids

Rentia Bartlett-Mohl 2013-06-04

Rentia vra: hoe skryf mens oor ‘n stad soos Lublin vir die doeleindes van ‘n toergids? En, aan die ander kant, hoe skryf mens oor ‘n stad soos Lublin vir literatuurdoeleindes?


Kaap toe, Klein Katryn

Trudie Coetzee 2013-06-04 "Klein Katryn. Dit lyk asof feetjies binne bly. Kyk die kleurryke plekkies, outyds en fyn. Hulle pryk soos die oumense van hierdie stad."

 


Huistoe

Suné Coetzee 2013-06-04

"Ek voel altyd “huis” as ons Bitterfontein se bordjie kry. Ons stop vir padkos iewers tussen nêrens. Dis net die stilte en ons."


Dwaalspoor

Murray Retief 2013-06-04 Ek is warm op die spoor van ’n verhaal waarvan ek onlangs te hore gekom het, ’n merkwaardige verhaal van heldhaftigheid, van twee jong broers en ’n nag in die Drakensberg.

Die Belofte

Merle Danhouse 2013-06-04

"Oom John woon al nou agt jaar in die ouetehuis, die mooi siersteengebou regoor die Magnoliawoonstelle waar soveel mense in een kamer bly."

Bethulie

Louis van Tonder 2013-06-04 "Ons stap na die gedenkmuur waar rye op rye name opgeteken is. Voor is die inwydingsplaat; die inwyding is op 10 Oktober 1966 deur wyle C.R. Swart waargeneem. Die kindertjies is opgegrawe en herbegrawe omdat daar 'n moontlikheid was dat die ou begraafplaas sou verspoel as die Verwoerddam te vol raak."

Aankoms in Lagos

Petra Courtney 2013-06-04 "Dis elfuur op ’n Sondagaand by Murtala Muhammed-lughawe in Lagos, Nigerië. Ons is na buite verwilder, want die lughawegebou word gesluit. ’n Verskeidenheid verdagte karakters hang in die halfdonker rond [...]"

Jong skrywers: Wen $1000 en 'n reis na Reykjavik

2013-05-23 PEN Afrikaans soek twee jong kortverhaalskrywers tussen 18-30 jaar oud om te benoem vir ’n internasionale kompetisie waarin die wenner $1000 en ’n reis na die internasionale PEN-konferensie in Reykjavik, Ysland, wen.

Die roep van die naguil

2013-05-20 Marinus Uys skryf 'n skets oor die kunstenaar van die Uilhuis op Nieu-Bethesda.

Keerweer

Ilse van Staden 2013-05-20

Gladstone lê teen Queensland se ooskus net waar die Groot Koraalrif se rugwerwels begin voor dit duisend myl noord wegstrek. Dit is ’n hawestad – skepe vol steenkool, aluminium, aardgas. Industrieë floreer. Visse vrek. Twintig kilometer suid hurk Boyne Island en Tannum Sands, twee kuiltjies aan weerskante van die Boynerivier se mond.


Kaapsehoop

Ronel 2013-05-20 "spookgestaltes van kaal anoreksiese takarms wat in die ligte briesie waai, sorg vir ‘n benoude, onheilspellende landskap ­– as jy een van die paranormale soort is."

 


Sneeupyn

Anita van Niekerk 2013-05-20

"Dit is Desember, twee dae voor Kersfees. Ons het gister in Zürich, Switserland, geland."

Stoutwees op Sonlandpark

Ockert J du Preez 2013-05-20

"Ek onthou nog die dag toe ons met ons treklorrie Sonlandpark vir die eerste keer binnegegaan het. Dit was ’n klein woonbuurt, wel vinnig aan die groei. Dit was die eerste keer dat ons van woon in ’n stad kon praat. Vereeniging."

Kaalvoet deur die Waterberg

Ilse van Staden 2013-05-20

Dit was ’n kaalvoettyd. ’n Tyd van dorings en van slange, die nagadder wat sku in die gras langs ’n plaasdam wag en ’n vuurkooltjie aan my enkel pik dat ek ’n gil gee wat veel erger is as wat my broer ooit uit my kon boelie. ’n Tyd van skurwe hakskene en van modder wat in die tamatielande se nat leivore tussen die tone deurkrul.


Kaapse keuses

2013-05-16 Vir ons fiksie-kompetisie, laat Renée du Toit 'n verhaal oor keuses in Kaapstad en omgewing afspeel
Top