Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd: Tweede weergawe van "Die wens"

  • 0

Die tweede weergawe van Human & Rousseau en LitNet se Nuwe Stories 2013-kortverhaalwedstryd word anoniem geplaas.

 


Die wens
(Vorige titel: Woorde is soos magic)

“Sorry!” sê hy byna met sy hele lyf om die badkamerdeur. Sy suster se vriendin Charmaine is besig om haar broekie op te trek, haar broek lê om haar enkels. Agter haar in die toilet spoel die tuimelende water. Haar hare is in ’n poniestert gedraai en op haar gesig sien hy geen kwaad of skaamheid nie. Net ’n knik.

Hy huiwer ’n oomblik. Kyk nog ’n keer, trek dan die deur toe.

“Jy moet  leer om te klop,” beduie sy ma ernstig met die druppende koslepel.

“Dit was nie aspris nie,” sê hy.

“En ek het sorry gevra.”

Sy ma se sloffies klap weer kombuis toe. Charmaine het verskonend verby hom beweeg en by sy suster in die sitkamer aangesluit. Die klanke van 7de Laan klink hard daarbinne op.

Agter hom trap hy sy kamerdeur liggies met sy voet toe. Los dan sommer die kerriegeur in die gang. Hoe moet hy nou maak as hy wil pie, dink hy? Miskien moes hy geklop het, miskien nie?

Hy gaan nou eers slaap, later pie en sommer bad. Sy rooi hemp se kraag is vuil, vinnig trek hy dit uit en druk dit in die wasgoeddrom. Loop sit op die bed en maak die boonste veters van sy Caterpillar-stewels los, trap dit verder met sy voete uit. Dit val hard op die tapyt en sand omring dit. Toe gooi hy die denim met leerband en al oor die reëling klim met frokkie en kortbroek onder die duvet. ’n Blond met groot borste teen die muur help hom insluimer.

Toe hy na ’n uur of so wakker skrik kry hy die reuk van Brut in sy neus. Dan sien hy sy broer Stan toegedraai in ’n handdoek besig om roll-on onder sy blaaie te smeer.

Denzil knip ’n paar keer sy oë, dan raak dit gewoond aan die skerp kamerlig. Hy  draai op sy rug, rek hom uit trek dan weer die duvet tot onder sy ken. Op Stan se bed lê skoon klere. Hy en Stan deel van kleins af die kamer. Hy’s weer op pad na ’n vrou toe, dink Denzil.

“Hoe voel ’n vrou?’’ kom die woorde merkwaardig uit.

Stan kyk verbaas oor sy skouer.”Hoe meen jy hoe voel ’n vrou?” vra hy en trek sy Speedo-onderbroek aan.

“Ek pa ... praat van naai,” hakkel Denzil.

Stan glip in sy jeans, trek sy tekkies aan, buk knoop sy veters vas. “Ek kan dit nie describe nie,” sê hy en dink diep na. “Om te seks is lekker. En die kick,” terwyl hy opstaan rol hy sy heupe. “Lekker!” sê hy weer.

Denzil lag. “Hoe moet ek maak?” vra hy en sy broer begryp dadelik.

“Jy worry te veel oor die hakkel-storie,” sê Stan. “Vroumense worry nie eers oor sulke goed nie. Wees net jouself, dis al ... Weet jy wat jou probleem is?”

“Wat?” vra Denzil nuuskierig en kom half orent.

“Jy skommel te veel,” sê Stan en begin lag.

Denzil val op sy bed terug en druk sy gesig met die kussing toe. Stan se laggery hoor hy ver die gang af.

Die aand gaan Denzil bad. Hy voel eers die badwater met sy tone voor hy inklim. Die water gaan lê net onder sy nek. Bokant hom brom die geiser en die kraan se druppel-druppel klink soos ’n song. Die gloeilamp teen die dak gee als lang skaduwees. Hy kyk af na sy penis wat stil tussen sy skaamhare wegkruip. Dan begin dink hy aan Nicola. Sy buurman se negentienjarige dogter met die asemrowende kurwes. Hy begin speel met homself en ’n ereksie begin vorm. Hy kan ’n verwronge weerkaatsing daarvan op die voorkant van die kraan sien. Wag, hy’s nie alleen hier nie. Netnou kom sy ma of iemand hier in en vang hom onverhoeds. Sy ereksie se skaduwee wat lang en uitgerek teen die kant van die bad lê, verdwyn stadig. Daarna lê hy vir ’n rukkie in die bad sodat die warm water sy vel streel. Dan skielik haal hy diep asem en sak agteroor onder die water weg. Klein sagte borrels kom uit sy neus en mond breek dan bo die water stukkend. Na twee minute kom hy woes op vir asem, sy longe jaag terwyl hy water uit sy rooi oë vee. Hy onthou nog die keer toe hy dit laaste gedoen het. Dit was ’n maand gelede onthou hy, die 26ste Februarie ... Die dag toe hy amper sy virgin gebreek het.

Sy beste vriend Frankie het hom op sy sel gebel en gesê hy moet ’n draai kom maak. Frankie het die deur met ’n skewe glimlag oopgemaak.

“Ek het twee vroumense hier vir ons,” het hy onderlangs gesê. Hulle was in die voorkamer: ’n natuurlike blond in ’n wit broekie en ’n swartkopvrou in ’n groen deurtrekker en ’n toppie. Denzil was in sy skik en ’n bult het by sy broek gevorm. Die vrouens het dit gesien en gelag. Hy het toe met ’n rooi gesig op die sitbank neergeplons. Oor iets anders probeer dink om sy hormone in toom te hou. Daar het ’n daggareuk gedwaal; die hoëtroustel het hip-hop gespeel en die tafels voor hom was halfvol bottels en glase. Hy het die bank met die vroumense gedeel en Frankie het aan die anderkant gesit.

’n Glimmende vistenk het vier vissies gehuisves en die tv-kabinet was vol porselein en potplante.

“Die’s my beste bra!” het Frankie deur die musiek geskree terwyl hy besig was om ’n daggazol te swaai.

Al twee vrouens knik-groet.

“Ek’s Edwina,” het die bruine met ’n glas bier gesê. “Maar almal noem my Weena.”

“En ek’s Carol,” het blondie gesê. Haar lippe was rooi, sy was bra-loos en haar tepels het die toppie gedruk.

Speeksel het in Denzil se mond gevorm. Frankie het toe die zol aangesteek en walms rook die lug ingeblaas. Weena het met haar rugkant na hom toe ’n glas bier vir hom volgegooi. Sy staan aspris met haar holbanke na my toe het hy gedink, maar hy was nie seker nie. Die vroumens was perfek gebou met twee mooi sjokolade holwange. Sy het liggies gebuk om hom die verbloemde lippies te wys.

Hy het sy asem liggies ingetrek.

Hoe smaak hy nie om die kontoere van daardie omgewing te bestudeer nie? Hy het diep gesluk.

“Wat doen jy vir ’n living?” vra sy toe sy die glas aan hom oorhandig het.

“Ek werk nog nie,” het die woorde uitgegly. “Ek soek nog ’n job.” Sy’t verstaan en loop sit toe met al twee voete op die bank. Haar toonnaels was rooi en daar was ’n goue ring aan haar klein toon.

Hy het die bier met een sluk gedrink.

Frankie het die zol vir Carol aangegee. Sy het eers klaar gerook en dan is dit Denzil se beurt. Hy het diep getrek,agteroor gesit  en soos ‘n bul die rook by sy neus uitgeblaas. Frankie het die hoëtroustel begin draai en Celine Dion se “Call The Man” het met emosie deurgekom.

“Oe here! My song,” het Weena geskree, opgestaan en haar vingers met die lied geklap. Toe neem sy die zol uit Denzil se mond vat twee trekke en druk dit in die asbak dood. “Kom blues met my,” het sy hom aan die arm geneem. Haar woorde het weerklink in sy ore en haar gesig het hom getrek. Dis presies wat hy wou hê en haar styf teen hom vasgedruk. Haar parfuum was sag en haar borste styf teen hom. Hy het sy gesig tussen haar hare gebêre.

Frankie het stil met Carol kamer toe verdwyn.

“Het jy ’n girlfriend?” het Weena met mooi, groot oë na hom opgekyk.

“Ek werk nog daaraan,” het die woorde seepglad uitgekom.

Sy het geglimlag. Dan stoot sy hom versigtig agtertoe op die bank. Sy het stadig na hom toe aangestap en hy het gesien haar tone maak klam spore op die teëlvloer. Toe draai sy om en bêre haar pragtige holwange skaamteloos in sy skoot. Hy was onmiddellik kliphard. Hy’t gesien sy geniet dit. Toe draai sy om sit langs hom en druk haar tong in sy mond. Met haar hand het sy sy ereksie bo-oor die broek gestreel. Vinnig het hy sy klere uitgetrek. Sy het toe tussen sy bene gaan kniel, haar mond smekend vir sy stywe orgaan. Hy het geweet hy gaan kom en wou haar tonnel so gou as moontlik betree.

“Ons naai,” het hy hygend gesê.

“Naai?” Haar gesig was verbaas. “Ek naai nie. Ek maak liefde,” het sy kwaad gesê. “En jy weet duidelik nie hoe nie.” Hy het gevoel soos ’n ysblokkie, toe sy opstaan en haar klere aantrek.

“Ek ... wag  ... ek ... wag ... ko!” het hy probeer keer. Sy het hom net snaaks aangekyk. Hy wou om verskoning vra. Hy wou haar sê dat hy jammer is, maar die woorde wou nie uit nie, dit het gaan vassit in sy keel. Weena het in haar denimbroek gewikkel en hy kon nog vir oulaas na haar agterwêreld kyk. Hy het daar sit en hakkel, maar niks kon oor sy lippe kom nie.

“Sê vir Carol ek sien haar môre by die werk,” het sy kil oor haar skouer gesê op pad uit.

Daar was sagte mompel geluidjies in Frankie se kamer en die geraas van ’n kooi. Denzil het gesug en met sy hande in sy hare bly sit.

 

Die volgende dag gaan hy alleen met die trein Mnandi-beach toe. Hy hou daarvan om nou en dan alleen te wees. Hy klim by Lavis-stasie op en die ysterpote sloop Kapteinsklip toe. Dit is twee-uur die middag en die trein dra nie veel passasiers nie. Sonlig gooi skuins, lui skaduwees op derdeklas se asvaal vloer. Oorkant hom sit ’n vrou met ’n singende baba in haar arms. Die baba se die heeltyd da-da en slaan met plomp handjies na haar ma.

Hy wonder toe oor woorde. Wanneer nood druk vat hulle hom vir ’n gat. Sekere tye is die regte woorde vir hom te swaar dan moet hy woorde kies wat die boodskap anders oordra. Sekere woorde gly maklik van sy tong af en ander moet hy aanmekaar gebruik. Die fokken goed het ’n mind van hul eie ... soos magic. Woorde is soos magic besluit hy en glimlag effens.

Verby Mitchell’s Plain hang hy met sy gesig uit die venster, die wind bars teen sy gesig oop. Die trein tel spoed op en die wind raak sterker teen sy gesig. Hy maak sy mond oop en die wind waai sy verhemelte droog, dit vibreer teen sy lippe en soepel sy keelgat af. Hy trek sy gesig weer in en sy oë is waterig. By Kapteinsklip stop die trein byna binne-in die see. Hy trek sy tekkies uit hang dit om sy nek en loop kaalvoet daarvandaan see toe. Die sand krap liggies onder sy voetsole. Mnandi-beach is stil en leeg-net hier en daar vlees. Hy kry die reuk van sout in sy neus en seevoëls versprei voor hom soos hy teen die kus stap. Hy rol sy broekspype op en druk sy hande in sy sakke. Bo hom raas meeue en modder sypel deur sy tone. Dis tye soos hierdie wat hy rustig voel, nie eenkant, verlore en afgeskeep nie.

’n Entjie verder langs ’n boomstomp lê twee vrouens op handdoeke. Langs hulle staan ’n rooi verkoeler let hy op. Hy gaan sit op die sand sodat die aankomende water net-net sy tone raak. Agter hom kan hy die vrouens hoor lag. ’n Paartjie beweeg hand aan hand agter hom verby en hulle gee nie eens ’n skuins kyk in sy rigting. Die twee is totaal en al versot op mekaar. Hy begin wonder oor sy lewe en of hy ooit eendag ’n verhouding met ’n vrou gaan hê. Hoe gaan die eerste soen proe? Hoe gaan dit voel om vir die eerste keer die vroulike lyf aan te raak?

“Sorry om te pla,” hoor hy langs hom en kyk in ’n vrou met ’n paar groen oë vas. “Ek’s Natalie.” Sy steek haar hand uit. “Ek en my niggie wil net gevra het of jy nie gou ’n foto of twee van ons wil vat nie?”

Hy soek eers woorde. “Enige tyd, maar ek is nie baie goed met kameras nie,” sê hy en staan op.

“Nee, ons gaan sommer die foto’s met die phone vat.”

“Okay.”

Hy loop saam haar tot by die boomstomp waar sy hom aan haar niggie Pinky voorstel. Natalie stel haar Blackberry op kamera en oorhandig dit aan hom. Daarna gaan staan sy hande om die nek met Pinky.

“Kan ek ’n smile kry,” sê hy en lag. Die twee vrouens gaan voor hom te kere soos modelle en die twee fotos word twaalf.

“Vat ’n foto met my toe,” vra Natalie in afwagting. “Ons trek more Durban toe. So dan het ek ten minste ’n foto saam ’n sexy Kapenaar.” Sy glimlag. “Ek gaan die Durbanites jaloers maak.”

Hy weet nie wat om te se nie. So hy glimlag liewer en oorhandig die sel vir Pinky.

“Natalie asseblief hou jou net in,” sê Pinky. “Wat moet Denzil nou van ons dink? En besides kyk hoe bloos hy.”

“Nee, ek bloos nie,” sê hy en kan sy lag nie keer nie. Dit wil voorkom of dit aansteeklik is en die vrouens lag saam. Natalie sit haar arms om sy lyf en hy kan haar vroulike reuk kry. Op daardie oomblik kan hy sy liggaam voel warm word en hy weet as hy langer so gaan staan gaan hy ’n ereksie kry. Nogtans besluit hy om haar ook vas te hou.

“Mmm!” grap sy.

Pinky het net twee foto’s geneem toe haar sel lui en sy verskonend een kant toe beweeg.

“Is jy van Mitchell’s Plain?” vra Natalie.

“Nee ek’s van die Lavis,” sê hy en wonder of hy moet sit of staan. “En julle?”

“Ons is van die Bonteheuwel.”

Sy’s nie modelmooi nie, maar oulik dink hy.

Op hulle handdoek het ’n halfgedrinkte bottel KWV en twee leë glase gelê.

“Wat maak julle twee op ’n weeksdag hier?” vra hy en besluit  om op die boomstomp te gaan sit.

“Pinky  het getrou,” sê sy. “Haar man se werk het hom na Durban toe oorgeplaas. Ons trek môre. So dis ons laaste dag op ’n Kaapse beach.”

“Bly jy by hulle?”

“Ja,” knik sy. “Sedert my ouers se dood is ek nou maar ’n loskop.” Sy glimlag vir haar eie grap. Dan kyk sy na hom: “En jy, wat maak jy op ’n Donderdag hier?”

Pinky lag met iemand op die sel.

“Dis ’n bietjie boring by die huis,” sê hy en trek sy skouers op.

Sy staar hom aan en hy wens hy kon haar gedagtes lees. “Dit klink vir my na relationship problems,” sê sy.

“Nee nogal nie,” sê hy en wens dat dit maar so was, dis meer die gebrek daaraan.

Sy knik. “Jy’t mooi oë,” kyk sy reguit in sy gesig.

Hy raak rooi.

“Sorry julle twee,” onderbreek Pinky die gesprek, “maar my man sê hy’s op pad. Ons moet vir hom by die parking area gaan wag.”

Hulle tel die bottel en die glase op en skud die sand van die handdoek af. Hy besluit om die verkoeler te dra. Pinky loop voor en hy en Natalie agter. Hy leer dat sy enkellopend is; hou van kanse vat; sy werk as ’n kelnerin; sy’s mal oor dans en versot oor sjokolade. Hy vertel haar oor hom. Dit voel vir hom asof hy haar lank ken.

By die storte gaan staan hulle stil. Skuins agter hulle is ’n avontuurpark buite werking, die parkeerterrein waai vol sand en aan die oorkant is heuwels vol groen vye.

“Ek kan nie glo jy’s single nie?” sê hy. “Jy’s dan so oulik,” sukkel hy die laaste woord uit.

“Hakkel jy?” vra sy verbaas.

Hy knik en verwag ’n uitspattige lag. Dit kom nie.

Pinky het duidelik soos ’n sesde vinger begin voel en oorkant die storte gaan staan, uit hulle oë uit.

Die see was stil besig om haarself skoon te skeer. Hulle staan toe regoor mekaar in ’n oomblik van stilte. En dan besluit hy om ’n onmoontlike kans te vat. Hy soen haar nat lippe. Sy stop, skep asem en kyk hom vas in die oë. Hy dink eers sy gaan hom klap, maar dan omhels sy hom en soen hom diep. Hy staan met haar styf teen die stort se muur, versigtig om haar nie seer te maak nie. Sy onderbroek maak ’n knop en hy posisioneer homself sodat die sagtheid tussen haar bene regoor sy ereksie is. Hy skuur homself liggies teen haar ... kom dan met ’n hewige ontploffing!

Sy lyf sidder. En hy leun een arm teen die muur, uitasem.

Sy giggel met haar hand voor haar mond. “Jy’s jags!” sê sy en lag weer. Dan bedaar sy liggaam stadig, hy kry sy asem terug. Pinky skree die vervoer is hier.

Natalie neem die verkoeler by hom en druk haar lippies sag teen sy wang. ’n Man by ’n wit Conquest vat die verkoeler by haar en sit dit in die kattebak. Hulle klim in die motor en deure klap toe. Daarna  skakel die motor aan en begin ry.

Op die agterste sitplek waai Natalie met een hand deur die venster, haar vingers val een-een in haar palm. Rondom die motor tol die stof en dan gaan draai dit. Hy bly staan tot hy nie meer die motor hoor nie. Dan besef hy die waaiende sand peper sy gesig.

In sy onderbroek is als taai, die bad soek hom.

Daarna kies hy stadig koers stasie toe.

 


Lees die tweede keurverslag oor "Die wens"

Lees die eerste weergawe: "Woorde is soos magic"

Lees die eerste keurverslag oor "Woorde is soos magic"

Terug na die lys Nuwe Stories-kortverhale: Tweede weergawe

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top