Fiksie

Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.

Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.

If you would like to submit your writing, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published stories.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Die ou-ou sprokie

Evgeny Artemov 2013-09-18 Evgeny Artemov is 'n Rus wat sedert die vroeë 1990's Afrikaans leer - en wat onlangs die vreugde van skryf in Afrikaans ontdek het. Lees hier sy eerste kortverhaal op LitNet en sien hoe hy die spyker van feetjieverhale op sy kop slaan.

Die kind

2013-09-11 "Dan spring sy gedagtes na die kind van vroeër die oggend. Hoe die kind aan hom vasgeklou het. Hy was vuil en koud."

Die Digter, die Keiser, die Paleis

Rentia Bartlett-Mohl 2013-09-10 Kan 'n digter met woorde 'n keiser van sy paleis beroof? Hierdie rubriek soek raad vir skrywers by Jorges Luis Borges en maak ook 'n draai by die Venesiese Biënnale. Lees verder ...

Wil ons ooit helde wees?

Rentia Bartlett-Mohl 2013-09-03 In die werklikheid vermy ons dikwels misdadigers en skurke, maar waarom nie wanneer ons lees nie? Rentia kyk hierdie week na die fiktiewe figuur van die antiheld.

Die kerkraad slaan gat om

Johan Horn 2013-09-03

"Oom Koos van Rensburg sit in sy blou Ford Fairlane onder die enigste stukkie koelte, nie te ver van die konsistorie af nie waar die kerkraadsvergadering om drie-uur moet begin."

Is almal dan helde?

Rentia Bartlett-Mohl 2013-08-27 Rentia vra: "Waarom identifiseer ons so met die mite van die held? Is ons almal op ’n heldereis?"

Fiktiewe ontmoetings

Rentia Bartlett-Mohl 2013-08-13 Wat is die verskil tussen die ontmoetings met regte mense en fiktiewe karakters?

Word verhale vertel of geleef?

Rentia Bartlett-Mohl 2013-08-06 Rentia kyk na die gaping tussen die wêreld van die teks en die wêreld daarbuite. Word verhale vertel of geleef en waarom vertel ons so graag stories?

Japer Hu

Marthinus van Loggerenberg, Marthinus van Loggerenberg 2013-07-31

Sedertdien sit ’n klomp vet kaalgat mans met puisies op hulle boude – in die einste sauna wat Japer Hu daagliks afgespuit het.


Bestendig maar kritiek

Jeanne Goosen 2013-07-24

"Bestendig maar kritiek" het in die Beeld verskyn met Jeanne Goosen se 75ste verjaarsdag op 13 Julie. Lees dit op LitNet.


Inkluissindroom

Zenobia Kock 2013-07-15

"Miskien lê die kind buite in die son en haar neus bloei. Ek is by die dubbeldeure toe iemand weer gil. My oë trek agter my ore aan: Net links van die klaskamers is vier kinders besig om ’n tennisbal met hulle hande vir mekaar te slaan. Terwyl ek vir hulle kyk, slaan een meisie die bal raak en kreet haar oorwinningsgil uit."


Wenner Fiksie-kompetisie “Reisende skrywers”

Rentia Bartlett-Mohl 2013-07-03 Lees die wenverhaal van ons fiksie-kompetsie en veral waarom die verhaal gewen het

’n Warm reis in die koue

Stef Delport 2013-06-28 "Juliemaand in die Wieg van die Mensdom kan bitter koud wees."

Op pad

Paula Hartzenberg 2013-06-28 Ek lees hardop voor uit die boek op my skoot. Oor die turkoois rondawels, die kleibruines wat teen die hange in ravyne vasklou en oor kralewerkbriefies waarvan niemand meer die betekenis werklik ken nie. En oor inisiasie. 

Die spook van Norvalspont

Lourens van Schalkwyk 2013-06-28 "Vakansie. Ons gaan Kaap toe. Plekke lank reeds bespreek op Laingsburg vir oorstaan, en Bettiesbaai vir ’n paar dae se ontspan en rustig wees langs die groot water."

Op die plaas

Lettie du Preez 2013-06-28 "Ons is op pad plaas toe. Alles wat nodig is vir die dag se kamp is gepak. Dit is grootwordgrond en altyd ’n voorreg om terug te keer."

Piramides van Giza

Lana Lubbe 2013-06-28 "Ek het die eerste ontmoeting met hierdie oeroue wonders en onderwerp van menige spekulasies heeltemal anders voorgestel."

Stoesel

Marike van der Watt 2013-06-28 "Omdat Elsas op die grens tussen Frankryk en Duitsland lê, het Lukas gedink hy sal goed met sy Duits oor die weg kan kom."

Vakansie in die paradys

Lisa Rossocha 2013-06-28 "Dit vat ’n paar sekondes voor ek besef dat die onaardse oerklank wat weergalm in die strandgehuggie uit my keel kom. Die laaste asem in my longe word uitgeforseer tussen my saamgepersde lippe."

Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013: Tweede weergawe van kortverhale

2013-06-26 Die eerste en tweede weergawe van elke verhaal op die kortlys van Nuwe Stories, sowel as die keurverslae sal ook op LitNet geplaas word, sodat skrywers wat nié die kortlys gehaal het nie, ook uit die proses kan leer.
Top