Fiksie
Lees kortverhale en sketse deur bekende en ontluikende skrywers.
Indien jy van jou skryfwerk wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir verhale wat gepubliseer word nie.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou skryfwerk te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read short fiction and flash fiction by established and emerging authors.
If you would like to submit your writing, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published stories.
- The editors do not provide feedback on how to improve your writing.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Om 'n wêreldbeeld te vertaal
2013-11-06 "Vertaling behoort die plek te wees waar die leser kulturele andersheid te siene kry – in plaas van “domestiseer”, moet dit vervreem."Na aanleiding van 'n kursus in literêre vertaling, besin Rentia oor of literêre vertaling deursigtig of juis ondeursigtig moet wees.
7 Wenke vir kortverhaalskrywers
2013-10-23 Rentia se eerste video-rubriek: 7 Wenke vir kortverhaalskrywers'n Anderwêreldse storie
2013-10-15'In 'n rooidakhuisie aan die buitewyke van 'n groot rumoerige stad het Kaszap Éva gewoon. Agter vierkantige vensters bokant malse malvas in heuningbruin potte het Éva wydsbeen agter haar harp getreur. “Dis die mense van hierdie stad,” het Éva gesnik en haar kop teen die harp laat rus.'
Die skrywer is 'n valsspeler
2013-10-15 "Aan die een kant is skryf ’n spel. Dit is ’n spel met identiteit, verskillende stemme, diskoerse, idees. En waarom vals? Het valsheid nie met leuens te doen nie? Dit is presies wat fiksie is, ’n vorm van valsheid wat as “die waarheid” voorgehou word. Maar dit het heel ironies ook die potensiaal om, deur van fiktiewe tegnieke gebruik te maak, die “waarheid” oop te vlek."
Vals tegnieke, ware woorde
2013-10-09 Verlede week het ek vinnig genoem dat ek hierdie week oor die gevonde dokument, false document of phantom pre-text gaan skryf. Want dit is waar dit alles begin het ...Die braai
2013-10-01"PW draai weer ’n tjop om. Bloed drup stadig uit die vleis uit en val in ’n rooi poel onder in die braaibak."
Verwerkte werklikheid die oomblik wanneer pen op papier ...
2013-09-23 Is Shakespeare se fiksionalisering van die dood van Julius Caeser meer geloofwaardig as wat regtig gebeur het? Lees Jorges Luis Borges se opinie en dink saam aan wat Zuma se kritiek op joernalistiek daarmee te make sou kon hê.Die ou-ou sprokie
2013-09-18 Evgeny Artemov is 'n Rus wat sedert die vroeë 1990's Afrikaans leer - en wat onlangs die vreugde van skryf in Afrikaans ontdek het. Lees hier sy eerste kortverhaal op LitNet en sien hoe hy die spyker van feetjieverhale op sy kop slaan.Die kind
2013-09-11 "Dan spring sy gedagtes na die kind van vroeër die oggend. Hoe die kind aan hom vasgeklou het. Hy was vuil en koud."Die Digter, die Keiser, die Paleis
2013-09-10 Kan 'n digter met woorde 'n keiser van sy paleis beroof? Hierdie rubriek soek raad vir skrywers by Jorges Luis Borges en maak ook 'n draai by die Venesiese Biënnale. Lees verder ...Wil ons ooit helde wees?
2013-09-03 In die werklikheid vermy ons dikwels misdadigers en skurke, maar waarom nie wanneer ons lees nie? Rentia kyk hierdie week na die fiktiewe figuur van die antiheld.Die kerkraad slaan gat om
2013-09-03"Oom Koos van Rensburg sit in sy blou Ford Fairlane onder die enigste stukkie koelte, nie te ver van die konsistorie af nie waar die kerkraadsvergadering om drie-uur moet begin."
Is almal dan helde?
2013-08-27 Rentia vra: "Waarom identifiseer ons so met die mite van die held? Is ons almal op ’n heldereis?"Fiktiewe ontmoetings
2013-08-13 Wat is die verskil tussen die ontmoetings met regte mense en fiktiewe karakters?Word verhale vertel of geleef?
2013-08-06 Rentia kyk na die gaping tussen die wêreld van die teks en die wêreld daarbuite. Word verhale vertel of geleef en waarom vertel ons so graag stories?Japer Hu
2013-07-31Sedertdien sit ’n klomp vet kaalgat mans met puisies op hulle boude – in die einste sauna wat Japer Hu daagliks afgespuit het.
Bestendig maar kritiek
2013-07-24"Bestendig maar kritiek" het in die Beeld verskyn met Jeanne Goosen se 75ste verjaarsdag op 13 Julie. Lees dit op LitNet.
Inkluissindroom
2013-07-15"Miskien lê die kind buite in die son en haar neus bloei. Ek is by die dubbeldeure toe iemand weer gil. My oë trek agter my ore aan: Net links van die klaskamers is vier kinders besig om ’n tennisbal met hulle hande vir mekaar te slaan. Terwyl ek vir hulle kyk, slaan een meisie die bal raak en kreet haar oorwinningsgil uit."
