Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013: Onderhoud met Brian Fredericks

  • 0


Vertel ons lesers meer van jou verhaal/verhale wat in Nuwe Stories 2 opgeneem is.

“Shawn se dilemma” is die eerste storie wat ek geskryf het nadat ek JP en Ria Smuts se uitstekende boek oor die kortverhaalkuns, Pylvak, gelees het. Ek het baie in daardie boek geleer.  Met “Shawn se dilemma” wou ek 'n storie skryf oor die tema dat 'n mens herhaaldelik vir een fout kan betaal. Die hoofkarakter se naam het ek by my neef Shawn ontneem, wat 'n paar jaar gelede vermoor is. Hy was 'n merkwaardige mens.

Met “Die wens” het ek weer 'n ander vorm van inspirasie gekry. Ek het Riana Scheepers se Die heidendogters jubel gelees. In dié roman sê die een karakter dat 'n man graag seks wil hê met 'n vrou voor hy doodgaan. Dis toe “Die wens” in my kop begin vorm.

Ná die aanvanklike keuring het jy die geleentheid gehad om die kortverhaal persgereed te kry met die hulp van raad en keurverslae.  Hoe het jy hierdie proses ervaar?

Dit was rêrig vir my 'n leerproses en het by tye 'n kopkrap afgegee.

Wat is die beste skryfraad waarvan jy al ooit gehoor of gelees het en wat jy probeer om self toe te pas?

Rachelle Greeff het gesê 'n mens moet skryf sodat jou storie die leser verander. Ek dink dis waardevolle raad. 

Wie is die skrywers wie se werk jy die graagste lees, en waarom hou jy van hulle werk?

Ek is lief vir boeke soos 'n mens lief is vir mense. Ek lees Barrie Hough, Deon Meyer, Ingrid Winterbach, Alexander Strachan, Chris Barnard, Koos Prinsloo, Stephen Leather en Marita van der Vyver. Daar is ook baie ander. Ek geniet dit om ander skrywers se werk te lees en probeer by hulle leer. 

Het jy enige verdere planne vir jou skrywersloopbaan?

Ek werk aan 'n bundel kortverhale.

 

Titel:Nuwe Stories 2
Samestellers: Leti Kleyn en Suzette Kotzé-Myburgh
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798164627
e-ISBN: 9780798164634

Koop Nuwe Stories 2 van Kalahari.com

Koop die e-boek by Kalahari.com

 

Klik hier om die tweede weergawe van Brian Fredericks se kortverhaal "Shawn se dilemma" te lees.

Klik hier om die tweede weergawe van Brian Fredericks se kortverhaal "Die wens" te lees.

 

Klik hier vir die ander onderhoude.

Hoe lyk die kortlyskandidate se skryfstasies? Kyk hier!

Lees ook: Wenke van Afrikaans se kortverhaalkenners

 


 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet’s free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top