Vraag: Wat is die mees algemene mite wat in die verhale van alle kulture wêreldwyd voorkom?
Ondubbelsinnige antwoord: Die mite van die held/heldin
Die meeste fiksionele verhale vertel inderdaad van die transformasie van ’n karakter wat eers onbelangrik/minderwaardig was en wat na ’n transformasie bo sy of haar omstandighede verrys en ’n held of heldin word. Dink maar aan Harry Potter, Star Wars, Lord of the Rings, Aspoestertjie, The Lion King, Skoonlief en die ondier, Die Paddaprins, verhale oor Osiris, Prometheus, Boeddha, Moses en Jesus Christus – dis almal heldeverhale wat van ’n transformasie van miskenning na erkenning (in verskillende variasies) vertel.
In 1949 het die Amerikaner Joseph Campbell ’n belangrike boek gepubliseer: The Hero with a Thousand Faces. Hierdie teks is ’n voorbeeld van vergelykende mitologie, waarin die argetipiese held in die mitologie van verskillende kulture regoor die wêreld ondersoek word. In 2011 het Time die boek as een van die 100 mees invloedryke boeke in Engels in die geskiedenis van die tydskrif se bestaan geklassifiseer. Onder andere George Lucas het in die skepping van Star Wars inspirasie uit Campbell se boek geput.
James Joyce se Ulysses was glo ’n belangrike invloed op die struktuur van The Hero with a Thousand Faces. Ulysses, wat die reis van Leopold Bloom op ’n normale dag in 1904 deur Dublin beskryf, verwys direk na die Griekse held Odysseus (waarvan Ulysses die Latynse ekwivalent is) in Homeros se gelyknamige gedig.
Maar wat is die mite van die held/heldin wat in die verhale van kulture wêreldwyd voorkom?
Die mite het te make met ’n sentrale hooffiguur wat deur ’n veranderende ontwikkeling gaan, wat terugslae moet oorkom, uitdagings moet oorleef, sy of haar weerloosheid wys, maar ook uit al sy of haar take groei. Aan die einde word hy/sy dit wat uit die staanspoor in hom/haar gesluimer het: ’n held of heldin. Die verskillende stadia van die held/heldin se reis is: oproep tot avontuur, vertrek, ontmoeting met ’n mentor, die vind van metgeselle, eerste take, beslissende stryd/geveg en, ten slotte, terugkeer met wysheid.
Waarom hou ons so baie van die mite van die held/heldin dat ons dit herhaaldelik in verskillende gedaantes oorvertel? Is verhale miskien meer as die fiksie waarmee ons mekaar vermaak? Moet ons die mite van die held/heldin as resep vir ons lewe volg? Dat alles wat met ons gebeur, as stappe op die reis van transformasie gesien word?
Die sin van geregtigheid wat deur die mite van die held/heldin herstel word en die nuwe sosiale orde wat deur die transformasie van die held/heldin geskep word, noem Winfried Fluck die utopiese sentrum van literatuur. Die tekort aan erkenning wat die held/heldin ter aanvang in hierdie mite beleef, word dikwels met marginaliteit geassosieer. Dikwels is die karakter ’n buitestander (dink maar aan Harry aan die begin van die Potter-reeks) wat in sy minderwaardigheid ’n voorbeeldige figuur in die stryd om erkenning word.
Ons almal wil graag erkenning hê, raakgesien word, uitstaan. Is dit waarom ons so identifiseer met die mite van die held? Is ons almal op ’n heldereis? Of is die gaping tussen die wêreld van die teks en die wêreld waarin ons leef, veel groter?
Groete
Rentia
Bibliografie
Fluck, W. 2013. Reading for recognition. New Literary History, 44(1):45{67.
Kommentaar
Hallo Rentia
Die held/heldin is nie die enigste tipe karaker in storie vertel nie. Daar is ook die sogenaamde "anti-hero". Sien onderstaande knipsel oor hierdie tipe karakters '" wat in Wikipedia verskyn. Interessant verskyn Harry Potter ook in hierdie lys, dit is seker 'n onderwerp vir debat of hy 'n held of 'n anti-held is?! Om die anti-held in ag te neem sal tog sekerlik 'n belangrike rol speel in die omvang van die gaping in tussen wat ons beleef en lees, of nie? Ongelukkig reproduseer die tabelvorm van die oorspronklike tabel van Wikipedia wat ek hier geplak het nie, maar dit toon nietemin hoe baie bekende "anti-helde" in letterkunde voorkom en daar is tog seker talle ander redes benewens "erkenning" waarom die mensdom letterkunde lees, of hoe?.
Vriendelike groete
Henk Seymore
27 Augustus 2013
Literature Character Work Author First published Notes Woland[33] The Master and Margarita Mikhail Bulgakov 1966 Wei Xiaobao[34] The Deer and the Cauldron Jinyong 1969 Tyler Durden and the Narrator[8][9] Fight Club Chuck Palahniuk 1996 Adopted in a film in 1999. Tom Ripley[27] Tom Ripley series (the "Ripliad") Patricia Highsmith 1955 Shylock[30] The Merchant of Venice William Shakespeare 1596 (ca.) Severus Snape[31] Harry Potter J. K. Rowling 1997 Scarlett O'Hara[22] Gone with the Wind Margaret Mitchell 1936 Adopted in a film in 1939. Sam Spade[32] The Maltese Falcon Dashiell Hammett 1930 Rosencrantz and Guildenstern[28] Rosencrantz and Guildenstern Are Dead Tom Stoppard 1966 Roland Deschain[6] The Dark Tower Stephen King 1982 Rincewind[25][26] Discworld novels Terry Pratchett 1983 First appeared in The Colour of Magic Redmond Barry[3] The Luck of Barry Lyndon William Makepeace Thackeray 1844 Raskolnikov[24] Crime and Punishment Fyodor Dostoevsky 1866 Raoul Duke[7] Fear and Loathing in Las Vegas Hunter S. Thompson 1971 Randall Flagg[10][11] The Stand, Eyes of the Dragon and The Dark Tower Stephen King 1978 Pinkie Brown[4] Brighton Rock Graham Greene 1938 Philip Marlowe[18] The Big Sleep, Farewell, My Lovely, The High Window, The Lady in the Lake, Playback, The Little Sister, and Poodle Springs Raymond Chandler 1939 Meursault[16] [17] The Stranger Albert Camus 1942 Lázaro de Tormes[2] Lazarillo de Tormes anonymous 1554 Lucifer/Satan[15] Paradise Lost John Milton 1667 Jay Gatsby[14] The Great Gatsby F. Scott Fitzgerald 1925 Recently adapted into a film in 2013. Holden Caulfield[5] Catcher in the Rye J.D. Salinger 1951 Harry Flashman[12] The Flashman Papers George MacDonald Fraser 1969 Dexter Morgan[19][20][21] Darkly Dreaming Dexter, Dearly Devoted Dexter, and Dexter in the Dark Jeff Lindsay 2004 Later adapted into a TV series. Becky Sharp[29] Vanity Fair William Makepeace Thackeray 1847 First serialized in 20 parts. Artemis Fowl II[13] Artemis Fowl series Eoin Colfer 2001 Soon to be adapted into a film. Alexander Portnoy[23] Portnoy's Complaint Philip Roth 1969 Alex[35] A Clockwork Orange Anthony Burgess 1962 Later adopted into a film in 1971
Hallo Henk,
Jy lees my gedagtes. Volgende week se rubriek gaan juis oor die anti-held. Dit was egter te veel om in één rubriek saam met die mite van die held te publiseer. Baie dankie vir jou insette en dat jy getrou bly lees en saam help dink. Ek waardeer dit opreg.
Met vriendelike groete
Rentia Bartlett-Möhl