Rentia Bartlett-Mohl

Rentia Bartlett-Möhl (1985–) het grootgeword in Pretoria, Potchefstroom en Johannesburg. Sy studeer BA Beeldende Kunste by die Universiteit van Pretoria, Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch, vergelykende letterkunde by die Universiteit van Utrecht en is tans besig met haar MA tesis in Afrikaans Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch. In 2010 was sy teksredakteur by die kuns- en kultuurjoernaal Pomp, in 2011 samesteller van die konsepweergawe van die SASNEV lespakket Eenders en Anders –  ’n lespakket oor die Nederlandse letterkunde vir Afrikaanse skoolleerders. In 2012 doen sy ’n internskap by die Vlaams-Nederlandse kultuurhuis deBuren in Brussel waartydens sy verantwoordelik was vir die vertaling en koördinering van die opname van 12 luisterverhale van Nederlands na Afrikaans. Rentia is tans koördineerder van citybooks Stellenbosch en was ook redakteur van LitNet se Nuwe skryfwerk. Sy is nou ’n redakteur by Protea Boekhuis.

Illustrasiekompetisie: ’n onderhoud

Rentia Bartlett-Mohl, Naomi Meyer Onderhoude 2017-04-21

"Ek dink dit is belangrik dat ’n prenteboek kinders se verbeelding moet aangryp en dat dit genot moet verskaf. Is dit ’n illustrasie wat jou asem wegslaan omdat dit ’n wêreld optower wat tot die verbeelding spreek? Só moet ’n wenillustrasie lyk!"

Onderhoud en inligting: Protea Boekhuis se kinderboekillustrasiekompetisie

Rentia Bartlett-Mohl, Naomi Meyer Boeke en skrywers 2015-05-20

"Vir illustreerders om naam te maak, is dit vandag noodsaaklik om internasionale  blootstelling te kry. Ons wil met hierdie kompetisie aan 'n internasionale  gehoor wys watter talent daar by ons plaaslik skuil."

Om teen clichés te stry, te swerf en daarmee te groet

Rentia Bartlett-Mohl 2014-04-02

Die laaste sinne van my MA-skripsie wag om geskryf te word. Ek moet dus groet. Dit was groot pret en baie insiggewend om julle skryfwerk te begelei. Dit was heerlik om te sien dat daar soveel aspirantskrywers in Afrikaans en Engels skryf en stelselmatig leer om meer oorspronklik te kyk, dieper te dink en meer te lees.


Om vir een middag ‘n skrywer te wees

Rentia Bartlett-Mohl 2014-03-26

"Om ‘n skrywer te wees beteken om te skryf. Tog impliseer die woord skrywer nie net die skryfaksie nie. Om te skryf behels ook nie bloot die opteken van verhale of stories nie. Eerder impliseer dit vir my ‘n besondere verhouding tot die buitewêreld."

www.citybooks.eu

Rentia Bartlett-Mohl, Naomi Meyer 2014-03-25 citybooks stellenbosch vertel 'n ander storie van dié dorp. Rentia Bartlett-Möhl verduidelik.

Dinee vier direkteur van Woordfees

Rentia Bartlett-Mohl 2014-03-12

Vanjaar se dinee Soete Groete is Saterdagaand 8 Maart by die pragtige wynlandgoed Klein Marie op die R44 gehou.

Neerlandistiekdag verruim grense

Rentia Bartlett-Mohl 2014-03-12 Die Neerlandistiekdag is ‘n jaarlikse instelling op Stellenbosch waar die literêre bande tussen Nederlands en Afrikaans versterk en gevier word.

Chromatiese klanke

Rentia Bartlett-Mohl 2014-03-12

"Vrydag 7 Maart tydens vanjaar se US Woordfees het die talentvolle Wilken Calitz sy gehoor se musiekvermoëns getoets met ‘n verskeidenheid verskillende klanke geïnspireer deur verskeie persoonlike ervarings, herinneringe en komposisies."


Kort, korter, twitter

Rentia Bartlett-Mohl 2014-03-04 Rentia besin oor kort sinne in ons informasie-era - en die sogenaamde "twitter-roman" .

Om te tweet soos ? digter en ? gedig te laat tjirp – leer by Bibi

Rentia Bartlett-Mohl 2014-02-25

"Hoe kan mens iemand leer om gedigte te skryf? Hoe word mens ‘n digter in die digitale era? Hoe lyk ‘n ideale jong digter? En waar kan aspirantdigters meer inligting oor die werkswinkel kry? Rentia het haar nuuskierige ore aangesit en by die vriendelik-tjirpende Bibi gaan aanklop."


Eenduisend smeltende sonne op 'n middag

Rentia Bartlett-Mohl 2014-02-11 Rentia maak gebruik van kreatiewe informasie-grafika om 'n kort teks van Yoko Ono te bespreek. Sy kyk na hoe ons breine en die informasie era werk.

Netdigters in die media-landskap

Rentia Bartlett-Mohl 2014-01-28 Versteur digitale media die etiek van die gedrukte boek? Rentia kyk na digital poësie.

Nuwejaar: netwerk!

Rentia Bartlett-Mohl 2014-01-14 Om in 2014 meer sigbaar en moontlik meer produktief as skrywer of kunstenaar te wees, stel Rentia voor dat nuwe skrywers aktief aan werklike en virtuele netwerke deelneem:


Kô laat ons saamsing

Rentia Bartlett-Mohl 2013-12-17 My laaste rubriek van 2013: Madiba, musiek, 'n merkwaardige treursang en laaste skryfraad.

Top 15 gedigte van 2013 op LitNet

Rentia Bartlett-Mohl 2013-12-16 Van al die 131 gedigte wat hierdie jaar op LitNet gepubliseer is, hiermee die top 15 van 2013!
Top