Rentia Bartlett-Mohl

Rentia Bartlett-Möhl (1985–) het grootgeword in Pretoria, Potchefstroom en Johannesburg. Sy studeer BA Beeldende Kunste by die Universiteit van Pretoria, Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch, vergelykende letterkunde by die Universiteit van Utrecht en is tans besig met haar MA tesis in Afrikaans Nederlands by die Universiteit van Stellenbosch. In 2010 was sy teksredakteur by die kuns- en kultuurjoernaal Pomp, in 2011 samesteller van die konsepweergawe van die SASNEV lespakket Eenders en Anders –  ’n lespakket oor die Nederlandse letterkunde vir Afrikaanse skoolleerders. In 2012 doen sy ’n internskap by die Vlaams-Nederlandse kultuurhuis deBuren in Brussel waartydens sy verantwoordelik was vir die vertaling en koördinering van die opname van 12 luisterverhale van Nederlands na Afrikaans. Rentia is tans koördineerder van citybooks Stellenbosch en was ook redakteur van LitNet se Nuwe skryfwerk. Sy is nou ’n redakteur by Protea Boekhuis.

Verwerkte werklikheid die oomblik wanneer pen op papier ...

Rentia Bartlett-Mohl 2013-09-23 Is Shakespeare se fiksionalisering van die dood van Julius Caesar meer geloofwaardig as wat regtig gebeur het? Lees Jorges Luis Borges se opinie en wat pres. Zuma se kritiek op joernalistiek daarmee te make het.

Die Digter, die Keiser, die Paleis

Rentia Bartlett-Mohl 2013-09-10 Kan 'n digter met woorde 'n keiser van sy paleis beroof? Hierdie rubriek soek raad vir skrywers by Jorges Luis Borges en maak ook 'n draai by die Venesiese Biënnale. Lees verder ...

Wil ons ooit helde wees?

Rentia Bartlett-Mohl 2013-09-03 In die werklikheid vermy ons dikwels misdadigers en skurke, maar waarom nie wanneer ons lees nie? Rentia kyk hierdie week na die fiktiewe figuur van die antiheld.

Is almal dan helde?

Rentia Bartlett-Mohl 2013-08-27 Rentia vra: "Waarom identifiseer ons so met die mite van die held? Is ons almal op ’n heldereis?"

Fiktiewe ontmoetings

Rentia Bartlett-Mohl 2013-08-13 Wat is die verskil tussen die ontmoetings met regte mense en fiktiewe karakters?

Word verhale vertel of geleef?

Rentia Bartlett-Mohl 2013-08-06 Rentia kyk na die gaping tussen die wêreld van die teks en die wêreld daarbuite. Word verhale vertel of geleef en waarom vertel ons so graag stories?

? Slang in die water II

Rentia Bartlett-Mohl 2013-07-22 Rentia vertel die verhaal van Abas en die waterslang en kyk verder na die belang van mites in skryfkuns.

? Slang in die water I

Rentia Bartlett-Mohl 2013-07-15 Afrika wemel van oeroue verhale van gevaarlike en mitiese diere wat wag om herwin te word. Rentia kyk na die Khoi-mite van die waterslang.

 


Wenner Fiksie-kompetisie “Reisende skrywers”

Rentia Bartlett-Mohl 2013-07-03 Lees die wenverhaal van ons fiksie-kompetsie en veral waarom die verhaal gewen het

Die limiet van lug

Rentia Bartlett-Mohl 2013-07-02 Rentia wandel deur 'n uitstalling oor die geskiedenis van lugfotografie en vra: waarom word ons so deur die voëlperspektief geboei? En wat het dit met letterkunde te make?

Woorde wat migreer. Die resultate van ons fiksie-kompetisie

Rentia Bartlett-Mohl 2013-06-25 Hoe is mens ’n reisiger en daarmee saam ook ’n skrywer? Rentia kyk na ’n oorsig van die inskrywings in ons fiksiekompetisie, “Reisende skrywers”.

Moord op Stellenbosch. Karin Brynard onder die soeklig

Rentia Bartlett-Mohl 2013-06-18 Waarom het Karin Brynard juis Stellenbosch gekies as ruimte vir ‘n gruwelike moord in haar nuutste roman, Onse Vaders? Rentia het haar onder die soeklig geplaas.

In Pole met of sonder ? toergids

Rentia Bartlett-Mohl 2013-06-04

Rentia vra: hoe skryf mens oor ‘n stad soos Lublin vir die doeleindes van ‘n toergids? En, aan die ander kant, hoe skryf mens oor ‘n stad soos Lublin vir literatuurdoeleindes?


Liriese geografie (II)

Rentia Bartlett-Mohl 2013-05-27 Rentia besin verder oor liriek en Isobel Dixon.

Liriese geografie (I)

Rentia Bartlett-Mohl 2013-05-20

Op die punt om na Duitsland te vertrek, lees Rentia The Tempest Prognosticator van Isobel Dixon.

Top