Wenner Fiksie-kompetisie “Reisende skrywers”

  • 1

Dit was ‘n baie moeilike besluit maar ons het ten einde besluit om die wenverhaal van ons fiksie-kompetisie Estelle Nagel se “Koffie met Castro” te maak.

Dit is aan die één kant ‘n werklike reisverhaal wat vertel van ‘n besoek aan Havana in Cuba maar ook ‘n reisverhaal wat dieper onder die oppervlakte beweeg en met die verlede, hede en toekoms van Cuba omgaan.

Die Hotel Ambos Mundos, waar Ernest Hemingway  saans Mojitos gedrink het, kom ter sprake, die betekenis van die inhuldiging van John Lennon se standbeeld word gesuggereer, Fidel Castro as geskiedkundige figuur tree na vore en die vriendelike Johnny Castro wat spoedig die verteller se persoonlike gids word, lei haar onder die oppervlakte van toeristiese Havana. Deur sy oë word die stad aan haar openbaar. Wat my die meeste beïndruk het van Estelle se verhaal, was iets eenvoudig: sy wys dat dit nie die plek sélf is wat ‘n stad of dorp ‘n ervaring maak nie, maar spesifieke individue en mense. Sonder Johnny Castro het die stad vir die verteller sy bekoring verloor. En ook dat mens jou oorsig (toeriste) posisie moet laat vaar om werklik oor ‘n stad te skryf. Om oor Havana te skryf moet mens die vliegtuig verlaat.

Baie geluk aan Estelle Nagel en ook aan al ons ander aspirant skrywers wat saam gedink en bespiegel het oor ruimtes en plekke en hoe mens daaroor kan skryf!

Die boeke wat Estelle Nagel wen:

Biko: A Biography

Xolela Mangcu

Tafelberg 

Bokveld Binnekort

Charlie Human

Random House Struik

Onthaal op Groot Skaal

Callie Maritz, Marie-Louis Guy

NB Uitgewers 

Suid-Afrika – visuele feite

Dawid van Lill

NB Uitgewers 

Deelstad - 'n Boek oor Berlyn

Karel Schoeman

Protea Boekhuis

Nuwe Stemme 5

L Marais; Heilna Du Plooy

NB Uitgewers

 

 



 

 



  • 1

Kommentaar

  • Geluk Estelle! en dankie Rentia vir so 'n geleentheid. Alhoewel my eerste probeerslag in deelname het ek dit uitermate geniet. Skep asb vir ons gou weer so oefening. Dankie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top