Dinee vier direkteur van Woordfees

  • 0

Saterdag 8 Maart, Kleine Marie, 19:00 tot laat

Vanjaar se dinee Soete Groete is Saterdagaand 8 Maart by die pragtige wynlandgoed Klein Marie op die R44 gehou. Dit is moontlik gemaak deur die Vlaamse verteenwoordiger in Suid-Afrika, die Nederlandse Taalunie, Fonds Nederlandistiek en die Van Ewijck-stigting.

Abraham H de Vries het uit sy jongste bundel kortverhale, Maar wie snoei die rose in die nag?,voorgelees, Diana Ferrus het met ’n kragtige vertolking ’n paar van haar gedigte voorgedra, en Zandra Bezuidenhout, wat die feesgedig “Woordfees – Toorfees” geskryf het, het ’n paar van haar gedigte wat in Nederland afspeel, voorgelees. Die skrywers van die Lae Lande wat op Stellenbosch vir die US Woordfees op besoek is – Ester Naomi Perquin en Bart Moeyaert – het uit hulle werk voorgelees en die Vlaamse sanger en liedjieskrywer Wannes Capelle  het die gehoor met sy sielvolle Wes-Vlaamse dialek en poëtiese lirieke betower.

Hierdie jaar se Soete Groete was ook belangrik in dié sin dat die gesogte Visser-Neerlandiaprys aan Dorothea van Zyl, direkteur van die US Woordfees, vir haar lewenslange werk en bydrae tot betrekkinge tussen die Lae lande en Suid-Afrika, oorhandig is. Dolf Wieërs en Jan Volleberg van die Algemeen-Nederlandse Verbond het die prys aan haar oorhandig.

Besoekers is met ‘n buffet-ete en goeie wyn bederf.

Alle foto's is geneem deur Ruan Scheepers

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top