"...Creativeness is quite a different state of being, is it not? It is a state in which the self is absent, in which the the mind is no longer a focus for our experiences, our ambitions, our pursuits and our desires. Creativeness is not a continuous state, it is new from moment to moment...." The Reader, Krishnamurti
Fluxus het in my opinie bestaansreg reg gekry toe kunstenaars soos Ono begin voel het dat kuns in die waar sin (in watter medium ookal uitgedruk) bestaansreg op verskeie nuwe maniere kan he of dat dit bestaan in 'n vorm wat glad nie kuns is nie;
Sensories kan die mens uiting aan baie vorme van kuns of kunswerke gee, net soos die geskrewe woord van Ono in die artikel;
Verskillende vorme van kuns is baie keer inter-afhanklik van mekaar, en vorm selfs deel van mekaar, in watter media dit ookal uitgedruk word en hoe ookal dit verwoord word;
Kuns, en so ook die woorde van Ono in die artikel, is die herhaling van 'n realiteit wat lankal reeds bestaan en wat volgens baie Oosterse sienwyse al reeds voltooi is voor die gedagte daaraan eers begin het. Dit is dus iets wat nog altyd daar is/was en net ontgin moet word deur, in die geval, die leser;
In die aanhaling van Ono gebruik sy die beeld van 'n tuna toebroodjie, en die eet daarvan, om die leser 'n aktiewe belewing te gee van haar gedig en om sodoende die gedig "lewend te maak";
In die woorde van breyten breytenbach: "Every painting, drawing or poem is a landscape. Or a mindscape."
As 'n leser van die tuna broodjie en die eet daarvan 'n "mindscape" maak kry dit subjektiewe waarde in die oe van die leser en is die kuns wat daaruit voortvloei ewig en konstant.
Bron: Breyten Breytenbach:Painting the Eye, Marilet Sienaert
Kommentaar
"...Creativeness is quite a different state of being, is it not? It is a state in which the self is absent, in which the the mind is no longer a focus for our experiences, our ambitions, our pursuits and our desires. Creativeness is not a continuous state, it is new from moment to moment...."
The Reader, Krishnamurti
Bron: Breyten Breytenbach:Painting the Eye, Marilet Sienaert
Dankie vir die byvoeging Naamloos II.