Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Beheer- en toesiggeveg oor 'n kind

Gustaf Pienaar 2014-11-25 "Regter King van die Hooggeregshof in Kaapstad begin sy interessante uitspraak van vroeg in 1994 in McCall v McCall deur daarop te wys dat Amerikaanse paartjies wat skei, die gebruik het om vir hulle vriende 'n groetekaartjie te stuur met die woorde 'The war is over, we are divorced.'"

’n Ongelukslagoffer se bydraende nalatigheid

Gustaf Pienaar 2014-11-18 "Dit was baie oortuigende argumente, maar die regter het bevind dat dít waarmee mnr Squire en Antonie besig was, suiwer in belang van die werkgewer was. Die taak wat hulle besig was om uit te voer, was om die planeetratkas van die aaneendelwer uit te haal."

Is warm water ’n "gevaarlike wapen"?

Gustaf Pienaar 2014-11-10 "Die pa het die pot water gegryp en dit op die seuntjie omgekeer sodat sy boudjies erg gebrand het. Hy moes hospitaalbehandeling ontvang."

Dookoom: Larney, jou kans

Jason Lloyd 2014-11-04 "Miskien bied die Dookoom-lied en die plaaswerkersvakbond Bawusa se dreigende stakings op plase die regering, boere, plaaswerkers en alle belanghebbendes die geleentheid om dié probleme in die landbousektor suksesvol aan te pak en op te los."

Ouerlike aanspreeklikheid vir hul kinders se droogmakery

Gustaf Pienaar 2014-11-03 "Vandeesweek se hofsaak handel oor die aanspreeklikheid van 'n ouer vir die onregmatige daad van sy kind. As ek die feite gee, sal jy gou verstaan wat hiermee bedoel word. 'n Sekere mnr G van Simonstad was 'n getroude man met 'n blink oog vir 'n mooi meisie ..."

Shooting Party se knie

Gustaf Pienaar 2014-10-28 "'n Bekende Suid-Afrikaanse renperd met die vreemd-interessante naam Shooting Party het op 27 September 1990 tydens 'n wedren 'n fraktuur van sy regtervoorbeen opgedoen wat uiteindelik tot sy dood gelei het. Of het dit?"

Oor vinger-, skoen- en voetafdrukke

Gustaf Pienaar 2014-10-21 "'n Sekere mnr en mev Bruce van Oos-Londen het op 'n aand in Maart 1967 teen omtrent kwart voor twaalf bed gaan slaap in hul woonstel in Matthewsweg. Onbesorg het hulle, soos dit hulle gewoonte was, die stoepdeur van hulle woonstel effens oopgehou sodat daar 'n luggie kon deurtrek."

Bruin nasionalisme in die Wes-Kaap?

Jason Lloyd 2014-10-16 "...nasionalisme is ’n gevaarlike speletjie wat versoening op die duur skade kan berokken."

Lorrietjie se flenter band

Gustaf Pienaar 2014-10-06 "Hierdie uitspraak hou vir alle eienaars van motorvoertuie 'n belangrike les in: 'n mens kan nie jou onpadwaardige voertuig aan iemand uitleen en dan die verantwoordelikheid op daardie persoon afskuif as daar 'n ongeluk gebeur wat veroorsaak is deur die onpadwaardige toestand van jou voertuig nie."

Oor die appèlhof en die howe vir klein eise

Gustaf Pienaar 2014-10-01 "1 Oktober het 'n spesiale betekenis vir ons land se hoogste hof van appèl – kortweg die appèlhof - wat in Bloemfontein gesetel is. Maar ook vir die hof vir klein eise – wat in 'n sin ons laagste geregshof is – is 1 Oktober 'n spesiale dag."

Selfies

Jason Lloyd 2014-10-01 "Ek het ’n broertjie dood aan die nuwe ontluikende kuns van selfies. Hoekom sou iemand ’n foto van hulself wil neem en deur middel van Twitter of Facebook aan die wye-wilde-weste wêreld wil stuur?"

Bruin politiek in Suid-Afrika?

Jason Lloyd 2014-09-17 Bestaan daar nog iets soos bruin politiek in Suid-Afrika?

Motoriste en kinders

Gustaf Pienaar 2014-09-16 "Die seuntjie het skielik sy ma se rok gelos en vinnig oor die straat begin hardloop. Sy ma het vir hom geskreeu om stil te staan, maar tevergeefs. Hy was al byna oor die straat toe hy deur die tweede voertuig getref is."

Bedrieglike wanvoorstelling

Gustaf Pienaar 2014-09-09 "Toe hulle laat in September daardie jaar sak en pak in die Kaap aanland, moes hulle tot hulle ontsteltenis ontdek dat die pragtige eiendom wat hulle gekoop het en wat juis vir hulle só aantreklik was omdat dit so onbeboud en ongerep was, nou omring was van plakkershutte."

Die reg op selfidentifikasie

Jason Lloyd 2014-09-04 "Laat ons nooit weer toelaat dat andere vir ons sê wie ons is of wie ons nie mag wees nie."

Putatiewe noodweer

Gustaf Pienaar 2014-09-02 "(D)ie ooreenkomste tussen dié saak en (een van?) Oscar Pistorius se verwere – dat hy in putatiewe noodweer gehandel het toe hy geméén het dat daar ’n inbreker in sy badkamer is – is nogal opvallend, nie waar nie?"

Die betroubaarheid van handskrifgetuienis

Gustaf Pienaar 2014-08-27 Mense se handskrifte word soms vervals – byvoorbeeld op 'n tjek of, nog erger, op 'n testament.

Die dubbele ellende van 'n bysteek

Gustaf Pienaar 2014-08-27 "Sy het nog so ewe met haar motor in Gerhard Maritzstraat gery teen ongeveer 55 km/h toe daar 'n perdeby by haar motorkar invlieg ..."

Pallo Jordan se nalatenskap

Jason Lloyd 2014-08-21 "Hoe gaan politici wat in die Jordan-skaduwee agterbly, hulle vorentoe gedra?"

Sagmoedige Neelsie

Gustaf Pienaar 2014-08-18 Steve Hofmeyr het onlangs Die Stem van Suid-Afrika gesing, maar die man wat dit geskryf het was 'n regsgeleerde. En dis hierdie deel van Langenhoven se lewe waaroor vandag se rubriek handel.
Top