Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Die eerste Vryheidsdag sonder Madiba

Michael le Cordeur 2014-04-24 Na twee dekades van demokrasie dink Michael le Cordeur na oor die nalatenskap van hierdie grootse staatsman.

Straatgeveg lei tot 'n verkeerde uitspraak

Gustaf Pienaar 2014-04-23 Dit was sommer 'n lekker straatgeveg daardie aand in 1919 voor 'n kroeg in Rondebosch in die Kaap. Maar hoe het die hof daaroor beslis?

Verkeersbeamptes en ander pretbederwers

Jason Lloyd 2014-04-16 ‘n Verkeersbeampte het hierdie buitelanders se pret bederf en in die proses Suid-Afrika ernstige skade en skande berokken. Lees wat dink Jason Lloyd.

Lewenskwaliteit?

Gustaf Pienaar 2014-04-08 'n Motorongeluk het daarvoor gesorg dat 'n man in die fleur van sy lewe alle genot aan die lewe verloor het. Maar die hof wou nie juis geld aan hom betaal nie. Hoekom nie?

Berusting na ‘n brief

Gustaf Pienaar 2014-04-03 “Hierdie saak wys maar net weer hoe belangrik dit vir prokureurs is om volledige notas van konsultasies met mense te hou en om mondelinge afsprake agterna per brief te bevestig.”

‘n Regter wat ons gerus kan onthou

Gustaf Pienaar 2014-03-28 "Die jong Gregorowski het aan die bekende Gill College in Somerset-Oos gematrikuleer, waarna hy in die regte gaan studeer het ..."

Ons bewoon 'n verdeelde land

Jason Lloyd 2014-03-25 “Sampie Terreblanche se boek <em>Verdeelde Land</em> het ons weer eens pynlik herinner aan die chroniese armoede en die maatskaplik-ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika.”

Gly op Dandy-politoer

Gustaf Pienaar 2014-03-25 "‘n Mevrou Alberts van êrens in die destydse Transvaal het op ‘n oggend in 1960 haar moses met die einste Dandy-politoer teëgekom."

Vuurwerke voor in die Jag

Gustaf Pienaar 2014-03-18 "Vroulief hier langs hom wil 'n sigaret aansteek, maar pleks dat sy die Jag se sigaretaansteker gebruik, trek sy 'n vuurhoutjie."

Straataf in sy tronkpajamas

Gustaf Pienaar 2014-03-12 'n Verhaal oor Smart wat – anders as wat sy deftige naam aandui – ‘n ou tronkvoël was.

Brandstigting

Gustaf Pienaar 2014-03-05 Gustaf Pienaar se weeklikse regsrubriek handel oor vandag oor brandstigting.

Chapman’s Peak se rotse

Gustaf Pienaar 2014-03-05 Die mooiste roete in die land moes nooit gebeur het nie, sê ‘n regter in dié rubriek.

Growwe nalatigheid

Gustaf Pienaar 2014-03-04 "Grof nalatig", ja, maar nie "roekeloos" nie.

Die DA verswart

Jason Lloyd 2014-02-20 Waarheen nou?

Is selfdoding nog steeds 'n misdryf?

Gustaf Pienaar 2014-02-17 "Skiet jouself dan as jy wil, want jy is 'n las."

Toon van den Heever

Gustaf Pienaar 2014-02-12 “Die skrumskakel was ene Le Roux, en die jong Van den Heever het hom die bynaam Duimpie gegee. Le Roux het nie daarvan gehou nie, en eendag het hy teruggekap: “Ag jou groottoon, man." Van daardie dag af het Van den Heever Toon geword, en gebly.”

DA en Agang: Een soen beteken toe nie 'n langtermynverhouding nie

Jason Lloyd 2014-02-05 Wat dink almal nou van Ramphele? Jason Lloyd gee sy mening.

Wilde padren

Gustaf Pienaar 2014-01-23 “In Januarie 1968 - dis ook al 46 jaar gelede - het daar 'n motorongeluk op die Rondebult-pad in die Boksburg-distrik plaasgevind wat uiteindelik in ons land se hoogste hof, die appèlhof in Bloemfontein, 'n draai sou maak. Twee jong manne het besluit om resies op die pad te jaag - hulle sou "dice" - en die verloorder sou tien rand opdok.”

Hoe 'n ampsbekleër sy pos moet ontruim

Gustaf Pienaar 2014-01-20 “‘n Voormalige Israelse premier, Ariel Sharon, het op 11 Januarie 2014 gesterf nadat hy agt jaar vantevore in ‘n koma verval het na ‘n massiewe beroerte. Die bewustelose Sharon is in verpleeginrigtings versorg sonder dat hy ooit sy amp formeel kon neerlê.”

Uitkenningsparade

Gustaf Pienaar 2014-01-15 "Diegene wat Dalene Matthee se boek Fiela se kind gelees het ... sal onthou hoe die hoofkarakter, Benjamin Komoetie, as klein seuntjie in Knysna op 'n soort uitkenningsparade deur Barta van Rooyen "geëien is" as haar kind, Lukas ..."
Top