Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings. Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Gustaf Pienaar2013-11-18“President John F Kennedy van die VSA is op Vrydag 22 November 1963 in Dallas, Texas vermoor. Op Vrydag 22 November 2013 sal dit net mooi 50 jaar gelede wees. Lees elke dag hierdie week ‘n rubriek oor die sluipmoord waaroor mense vandag nog praat.”
Gustaf Pienaar2013-11-12“Die appèlregter was tevrede dat die hoof nie behoorlik opgetree het deur vir Jan van der Merwe uit die skool te skors sonder om sy kant van die saak te hoor nie. Die hoof het dus nie die audi alteram partem-reël toegepas wat sê "Hoor eers die ander kant van die saak voordat jy optree” nie.”
Gustaf Pienaar2013-11-07“Die Engelse het 'n spreuk wat lui: "Possession is 90% of the law"; en hoe waar dié spreuk is, blyk uit vandeesweek se verhaal.”
Jason Lloyd2013-11-05"Miskien sou dit veilig wees om te sê dat die voorstel om voortaan studente toe te laat om self te kies in hoeveel jaar hulle ’n eerste graad wil verwerf, simptomaties is van die vervlakking van standaarde op bykans alle vlakke van ons Suid-Afrikaanse samelewing."
Gustaf Pienaar2013-10-29"Isaac George was 'n deurtrapte skelm met 'n kriminele rekord wat vir niks geskrik het nie. Dit het onder meer ingesluit gewapende roof, waarvoor hy die doodstraf opgelê is, maar wat – gelukkig vir hom – op appèl versag is."
Gustaf Pienaar2013-10-25“Die regters het daarop gewys dat selfs 'n onskuldige en redelose dier, soos 'n hond, deur iemand gebruik kan word om 'n misdaad te pleeg. In ál hierdie gevalle geld die Latynse spreuk Qui facit per alium facit per se – letterlik: ‘Iemand wat 'n iets deur 'n ander persoon doen, doen dit inderwaarheid sélf.’”
Gustaf Pienaar2013-10-18Net voor agtuur op die aand van 23 Oktober 1971 het 'n Piper Cherokee-vliegtuig met 'n mnr Viviers aan die stuur die lughawe van Oudtshoorn genader om te land. Benewens mnr Viviers was daar ook vyf passasiers aan boord. Enkele sekondes voordat die vliegtuig sou land, het een van die vlerke aan 'n kragdraad en ook die bopunt van 'n kragpaal geraak.
Gustaf Pienaar2013-10-16Dit het gelyk na 'n bankgewaarborgde tjek, maar die dokter was nie onder 'n kalkoen uitgebroei nie en hy het die plaaslike tak van daardie bank geskakel om te bevestig dat die tjek in orde was.
Gustaf Pienaar2013-10-08"Vandeesweek iets oor die kousaliteitsvraag in die strafreg, wat beteken dat daar gekyk word na die hele vraag van oorsaak en gevolg."
Gustaf Pienaar2013-10-07"Die ligte mistykie was dus 'n tikfout: in plaas van 651 het daar in die Behuisingskommissie se brief gestaan 652. Dié verskil was egter baie groot. Erf 651, waarop Greyling getender het was ... 900 vierkante meter, maar erf 652 – wat foutiewelik in die Departement se brief genoem is – was 1 900 vierkante meter groot."
Gustaf Pienaar2013-10-01"'n Argitek het vir sy kliënt, 'n welvarende sakeman, 'n woonstelgebou ontwerp wat die kliënt van plan was om op sy tuisdorp op te rig. Die argitek se rekening vir die sketsplanne en werkstekeninge het ietsie meer as R19 000 beloop."
Jason Lloyd2013-09-18"Die Oos-Kaapse multimiljoen-projek wat die Home of Legends heet, is vanuit die staanspoor in omstredenheid gedompel omdat dit na bewering mense volgens politieke affiliasie en ras of etnisiteit uitsluit."
Michael le Cordeur2013-09-17Dit was voorwaar 'n historiese oomblik, Saterdag 14 September. Net mooi 'n jaar nadat Small die Hertzogprys ontvang het (12 September 2012, om presies te wees), het hy besluit om sy stilte te verbreek.
Gustaf Pienaar2013-09-17"Maar dit kan dalk, as gevolg van die regsreëls wat ek hier bo verduidelik het, ongeldig wees. As jy oor sulke kontrakte of oor die geldigheid van jou testament twyfel, gaan soek regsadvies by jou prokureur."
Gustaf Pienaar2013-09-05"Gedurende die aand van 11 September 1970 het twee mans – wat in die latere hofsaak bloot as beskuldigdes 1 en 2 geïdentifiseer is – in die buitewyke van Knysna gestap."
Jason Lloyd2013-08-27"Dié laakbare handeling, veral teenoor weerlose armes, laat my dink aan ’n uitspraak van Achille Mbembe (wat ek effens aangepas het): ons almal leef in ons eie intellektuele ghetto’s. Dit is egter nie net beperk tot ons denksfeer nie, maar waar ons fisiek bly."
Jason Lloyd2013-08-23"Hy het wraggies wit skoene aangehad. Dit het egter nie daar geëindig nie. Hy het ook ’n wit broek gedra. Ook ’n wit baadjie. 'Net soos in die ou dae,' het ’n kollega die volgende dag aan my gesê nadat ek hom van die rare verskynsel vertel het."