Rubrieke

Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.

Hulpdoding: sonde, of die ultimate toonbeeld van compassion?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-05-13

"Nie almal sal daai keuse maak nie, maar hoekom moet ’n lydende persoon wat kies om sy lyding te beëindig, boonop ’n krimineel gemaak word?"

Die paar ure wat Suid-Afrika sonder 'n staatshoof was

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-05-06

"Slim regsgeleerdes het daarna gewonder wie Suid-Afrika se staatshoof was gedurende die paar uur tussen die geboorte van die Republiek om middernag op 30 Mei 1961 en mnr Swart se inhuldiging 'n paar uur later op die oggend van 31 Mei ..."

Die regering bespaar op welsynstoelaes

Jason Lloyd Jason Lloyd: Hotnotsgot 2015-04-30

"Dit word goedkoper vir  die staat om miljoene arm Suid-Afrikaners se broodnodige welsynstoelaes elke  maand te betaal."

'n Destydse uitspraak oor die "rooi gevaar"

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-04-28

Dis die week ná Vryheidsdag en in hierdie rubriek skryf Gustaf Pienaar oor hoe Suid-Afrikaners vroeër jare ingeperk was om sosiaal te verkeer weens hul politieke standpunte.

Pligsversuim

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-04-21

"Nege dae lank het die boot hulpeloos op die see rondgedobber totdat dit naby Lambertsbaai in 'n storm op die rotse geloop het. Al agt bemanningslede, onder wie ene Maweza, het verdrink."

Onderhoud met Debra Meyer

Debra Meyer, Jason Lloyd Onderhoude 2015-04-21

"Ek sal graag eendag rektor wil wees, om die eenvoudige rede dat ek weet ek sal dit kan doen."

Rhodes-debat: Gister se leiers, vandag se leiers

Jason Lloyd Seminare en essays 2015-04-16

"Madiba het, in plaas van om in die verlede  vas te haak, visionêre leierskap getoon om die rykdom wat Rhodes in Suid-Afrika  opgebou het, sinvol in vennootskap met die Rhodes Trust aan te wend tot  voordeel van swart, bruin en wit nagraadse studente."

Bhisho/King William's Town

Jason Lloyd Jason Lloyd: Hotnotsgot 2015-04-15

"Dié vraag laat my hard  nies dat die dolosse in my ruggraat weer in 'n ry loop kraal toe. Anderkant die  niesery kom die hoofpyn. Klein en krapperig en dun gesny."

Zainub Dala: die stilswye van die lammers

Bettina Wyngaard Rubrieke 2015-04-15

Om ’n hele groep oor dieselfde kam te skeer omdat ’n absolute minderheid op ’n bepaalde manier optree, is stompsinnig, om die minste daarvan te sê.

’n Perd se prys, ’n donkie se diens

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-04-14

"Hulle sê trou is nie perdekoop nie. Maar  as 'n mens kyk na al die moeilikheid wat arme mnr Macdonald van Johannesburg  gehad het toe hy by sy buurman – ene generaal Von Mellenthin – 'n perd gekoop  het, dan wil dit wraggies lyk of perdekoop soms 'n groter risiko kan wees as om  voor die kansel te loop staan."

Pride and prejudice: ’n bydrae tot die groot rasdebat van 2015

Bettina Wyngaard 2015-04-08 Ons is nie ’n rainbow nation nie. Ons het die potensiaal om dit te wees, maar ons is nie, bloot omdat ons probeer voorgee alles is piekfyn.

Regsalmanak: Appèlle na die Geheime Raad in Londen

Gustaf Pienaar 2015-04-08 "Greyvensteyn se plaas in die distrik Molteno is deur 'n swerm voetgangersprinkane binnegeval. Die sprinkane het oor die plaas getrek in die rigting van Hattingh en ander boere se plase. Onderweg het hulle heelwat skade aan Greyvensteyn se plaas aangerig."

Res nullius

Gustaf Pienaar Gustaf Pienaar: Regsalmanak 2015-03-30

"Die Hypatia is 'n skip wat jare gelede naby Robbeneiland gesink het. Omdat dit nie meer onder die beheer van sy eienaar was nie, het dit 'n res nullius geword. 'n Sekere mnr Bell het die skip ondersoek en belanggestel in die reusagtige skroef ..."

Menseregtedag en tannie Lee

Gustaf Pienaar 2015-03-20 Sy was 75 jaar oud was toe sy op 28 Januarie 1972 met die gereg in Kaapstad gebots het. Tannie Lee was 'n nooi met wie mens nie op Menseregtedag sou skoor soek nie.

"'n Vaatjie op bene"

Gustaf Pienaar 2015-03-18 "Die winkelier is later deur die hof as ''n vaatjie op bene' beskryf. Hy was 1,7 m lank, het 105 kg geweeg, en was daarby nogal kort van humeur, want hy het mnr A in die hitte van die argument na die warmplek gestuur."

Hulp by selfdoding

Gustaf Pienaar 2015-03-10 "Colombo ... was baie lief om uit ’n veeltal verdagtes dié ouens wat ’n motief vir die moord gehad het, te sif. As hy eers agterkom dat iemand ’n motief gehad het om te moor, het hy soos ’n bloedhond op daardie spoor langs geloop totdat hy die moordenaar kon vastrek. Maar dit was televisie."

Kleurkodes

Jason Lloyd 2015-02-25 "(B)ruin mense / kleurlinge / coloureds het nie ’n eie taal of kultuur – die kode vir etnisiteit – nie. Daarom is daar nie ’n bruin etnisiteit nie en is dit rassisties om van bruin mense te praat."

Acti de pastu: was dit mense of diere se skuld?

Gustaf Pienaar 2015-02-25 "Du Plessis se diere kon uit eie beweging oorgegaan het na Vlok se plaas, in welke geval daar sprake kon wees van Du Plessis se skuldlose aanspreeklikheid aan die hand van die sogenaamde actio de pastu pecoris."

Is #SONA2015 die bose vrug wat ons nasionale stilswye baar?

Bettina Wyngaard 2015-02-16 "Vryheid van spraak is sonder betekenis wanneer net dié wat in jou koor sing, gehoor mag word."

Koffie, Oos-Kaap en André P Brink

Jason Lloyd 2015-02-16 "Hoe beland Brink nou skielik hier in die Oos-Kaap? ... Brink is net so Oos-Kaaps soos wyle Jakes Gerwel se Afrikaanssprekende skilpaaie met hul skalkse droë humor – soos hul nederige baas – wat nog vrylik en gelukkig in Kommadagga rondwei."
Top