Rubrieke
Hetsy dit politiek, rugby, onderwys of die filosofie betref – daar is altyd menings. Hier deel LitNet se rubriekskrywers hul opinies, sienings en mymerings.
Be it politics, sport, education or philosophy – everyone has an opinion. Here LitNet’s columnists have their say.
Regsalmanak: Diefstal van eie goed
2015-11-20"Hy het 'n skelmstreek in die mou gevoer en aangebied om die helfte van die waarde van die goed aan die voorman te betaal as hy sou saamspeel."
Vrydag die 13de, die US taalstryd en die hashtag-generasie
2015-11-16"Hoekom nie aandring dat ons trotse inheemse tale tot hulle regmatige plek as volle amptelike tale, met al die bevoorregting daaraan verbonde, verhef word nie?"
Hotnotsgot: Bou jou eie Departement Afrikaans
2015-11-10Jason Lloyd beskryf sy ideale Afrikaans-departement.
Regsalmanak: Oor “bomme” en 'n armsalige goudvissie
2015-11-04Lughawens en ligsinnighede: 'n regsgeleerde gee advies oor speelse verwysings na bomme in bagasie.
Juggling die glasballe van ’n demokrasie
2015-10-27"Die toegewing van die presidensie om nie enige fooiverhoging in werking te stel in 2016 nie, voel soos ’n Pyrrhiese oorwinning. Niks het regtig verander nie. ’n Aankondiging dat die regering groter finansiële steun aan tersiêre inrigtings sal verleen, sou meer betekenisvol gewees het."
Regsalmanak: Hoe Mendelsohn 'n aaptwakhandelaar laat loskom het
2015-10-15"Vandeesweek die verhaal van 'n kêrel met die naam Masithela wat in die landdroshof te Bloemfontein aan handeldryf in dagga skuldig bevind is en tog later op 'n vreemde manier losgekom het."
#SAS4_2015: Quo vadis?
2015-10-07"Ek het gehoop dat daar gekyk sou word na goed soos die taalbeleid aan universiteite, die voorgestelde kopieregwetgewing wat skrywers in die gesig staar, vryheid-van-spraak-kwessies wat dwarsoor die wêreld ’n groot bedreiging is en wat ook in Suid-Afrika kop uitsteek."
Bruin identiteit en Afrikaans
2015-10-07"Die tyd het aangebreek dat bruines moet opstaan vir hul taal Afrikaans. Nie om Stellenbosch wit te hou nie, maar om dit te transformeer tot voordeel van alle Afrikaanssprekendes."
Oor jongmense wat leer bestuur
2015-10-06"Maar steeds het 'n mens daardie interessante verskynsel dat iemand met 'n leerlinglisensie en geen praktiese kennis van hoe 'n motorvoertuig bestuur word nie, tog onder sekere voorwaardes gemagtig word om so 'n motor op 'n openbare pad te bestuur."
Die veldtie, ‘n dampie en ‘n onverwagse windjie
2015-09-29"Die les is dat ons wat mense in ons diens het, maar altyd daarop bedag moet wees dat ons aanspreeklik gehou kan word vir ons werknemers se onregmatige dade."
Polisie-selfdood: ’n verbode onderwerp
2015-09-22"Geen statistiek berei mens daarop voor dat iemand wat jy vir ’n groot deel van jou lewe ken, sy eie lewe kan neem en terselfdertyd sal probeer om ’n geliefde se lewe te neem nie."
Die kuns van verlies – Suid-Afrikaanse alchemie
2015-09-15"Vir baie was die einde van apartheid ’n rampspoedige verlies, aan albei kante van die kwessie."
Die Oudtshoorniet wat nie toegelaat is om sy welverdiende vonnis uit te dien nie
2015-09-14"Op 'n lentedag in 1978 het Swiegelaar, bloot omdat sy aandete nie betyds gereed was nie, sy vrou se klere ter waarde van R50 fyn en flenters gesny."
Regsalmanak: Joyce Waring
2015-09-10"Mev Joyce Waring (1914–2003), eggenote van 'n voormalige kabinetsminister, Frank Waring, was gedurende die sestiger- en sewentigerjare bekend vir haar soms erg omstrede uitsprake – veral in artikels (meestal met 'n politieke strekking) wat gereeld uit haar pen in die Engelse pers verskyn het."
Open Stellenbosch – Aluta Continua?
2015-09-04"Die probleem op Stellenbosch is immers nie Afrikaans nie. Die probleem is hoedat die taal gebruik word om uit te sluit en laer te trek. Geen taal kan bly voortbestaan te midde van ’n ons-julle, insider-outsider polemiek nie."
‘n Krokodilvelhandsak vir Haar Edelagbare
2015-09-02"En, o ja, dan was daar ook nog 'n krokodilvelhandsak wat die prokureur se vrou vir die landdros laat aflewer het."
