LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek. LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
Angus2012-02-21Seker een van die mooiste verhale in die Bybel is die geboorte van Christus. Ongelukkig maak Christen fundamentaliste dit belaglik deur daarop aan te dring dat dit ’n werklike gebeurtenis is.
Johannes Comestor2012-02-21Die Nobelprys vir Letterkunde is in 2003 aan J(ohn) M(ichael) Coetzee (gebore in 1940) toegeken. Hy het onder andere drie boeke gepubliseer wat eksplisiet outobiografies is.
Wouter2012-02-21Alhoewel dit dalk kras gestel kan word het die gesprek oor kalenders tussen Jan Rap en Panda my verbygegaan en kon dit nie met insig deur my gevolg word nie.
Naomi Meyer, Danny Titus2012-02-17"Taal is ’n taamlik emosionele aangeleentheid wat vir my nie bloot met wetgewing reggestel sal word nie. Dit is ’n langsame proses wat nog baie harde werk gaan behels." Danny Titus en Naomi Meyer gesels taalkwessies.
2012-02-17Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van kuns en kultuur, oorhandig die toekenning in die afdeling Taal en Kommunikasie aan Michael le Cordeur vir sy bydrae tot veeltaligheid en die bevordering van Afrikaans en isiXhosa as amptelike tale in die Wes-Kaap.
Jason Lloyd2012-02-16Miskien sou dit heel veilig wees om te sê die rugbybaas Oregan Hoskins is die Allan Hendrickse van die nuwe Suid-Afrika – veral gegewe die gelykvormige raakpunte tussen Hoskins en wyle eerwaarde Hendrickse, eertydse leier van die Arbeidersparty (AP).
Jaco Fouché2012-02-16Met die publikasie van die boek Byleveld: Dossier van ’n baasspeurder (2011) het die joernalis Hanlie Retief ’n (werklike) figuur die (fiktiewe) wêreld van die lettere ingedra en so aan hom byna mitiese statuur verleen. Dit gee aan die belangstellende leser die geleentheid om hom met ander mitiese speurders te vergelyk.
Ernst Kotzé2012-02-16Jorrie Jordaan, wat die grootste deel van sy lewe as student en akademikus aan die Universiteit van Port Elizabeth (later die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit) verbonde was, het ’n onuitwisbare indruk gemaak op elkeen wat hom leer ken het.