Ek het op die advertensie op die webruim afgekom.)
En skielik besef hoe groot die gaping in vergoeding van huidige Springbokke en die van 1984 en vroeër skraps was. Boonop bring televisie week in en week uit al die gesigte na ons voorhuise. Ek beskou enige rugbyspan, insluitend die 1995 Bokspan as “cosmestic”. Dié na 1995 leef te sag.
Spelers is deesdae bekommerd oor hul geld en hul voorkoms. Niks meer nie.
Daarom beskou ek Mannetjies Roux as een van die land se bestes ooit, indien nie die beste senter nie. Tannie Laurika kan nou haar stem weer poets om nog eens "Groete aan Mannetjies Roux" te sing. Dink aan sy modderbesmeerde trui tydens die Bokke se 1969/70.
Mannetjies is ‘n legende. Hy kan in dieselfde asem as Colin Meads, Willie John McBride, Ian McGeechan, JJ en JPR Williams en Benoit Dauga genoem word. So ook Sid Going, Mighty Mouse McClouglin ... reuse, elkeen van hulle.
Dus, indien hy nou gaan aftree, knap gedaan. Hy was briljant op die veld. En lojaal teenoor sy geliefde Victoria-Wes.
Nou wonder ek net wie so ‘n ideale sentermaat vir hom gewees het. Willie du Plessis, Danie Gerber, Wilfred Cupido, Michael du Plessis of Christo Wagenaar.
Yuri

