sit Mens, klinies, aan’t swot, as student van afgeswotte,
vertroudelik, oorleg, met formules, werkswyses, idees,
metodologieë, teorieë, konvensies, ideologieë, ideale,
van, oor, vir, kwantumfisies-Spiritualiteit, Mens-essens
hou Mens onnodiglik aan, inligting bymeketaar te leen,
uit te vis oor weipatrone, waansinniges, werkloosheid,
kanti, wat presies was agter, wat was dryfkrag, enjin,
van apartheid, of’s alles nou vergete, boekery verban,
hoe’t Mens’t so mooi reggekry, sonner God, Heerser,
mede-Mens in ‘n koue sel te laat vrek, vrot, krepeer,
net omlat gewetenloosheid so super-Gewete-loos,
God se Skrif glattie eens teen vuil muur gelees is?
al weet navorsersbende, akademici, van “Duiwelspiek”,
van gepaardgaand’ wetenskaplik superioriteitsindroom,
hoe “Helshoogte” sjatansvolgelinge lok, verlei, aantrek,
magsikoonpaparazzi, skoon duiselig van ultra-idolatrie,
vol verwondering, histories oningelig, eties ongeletterd,
oor hoe pleknaam Mens kompleet daarvan kan weerhou,
iets absoluuts allernoodsaaklik, soos Gewete-herwinning
Jacobus Faasen

