vóór Lewe Twee

  • 0

Mens sal, mede-Mens, Naaste, umNtu,
wil bevry, versoenend, via ubuNtu, idee,
want voor Vader is almal eerste, Eerste,
de heel laaste, allerletste, net so ook so,
sowaar, waaragtig, waarlik, ja, Waarheid

Lewe Een, op dees Aard’, ’n baitai stryd
voel Mens, Skepper’t Mens klaar versaak,
omlat Gewete-herwinning Mens nie traak,
al wil Mens’T so donners graag terug kry,
verlangend, na Visie van Jena, o Allah

Mens Self, úít Self-opg’legd-destruksie,
úít ultra-onkunde-ontkenningsindroom,
super-imperialisties apartheidslawerny,
Self, Eie, Homo Sapiens Sapiens, Neo,
Spiritueel, úít “Duiwelspiek”-sindroom,
ýt magsgreep van oppermagshebbery,
klinies-wetenskaplik, Self sou wou bevry,
verlossend verlos, Self-destruksie ophef,
post-Besinning, reg op Herwinning gerig,
goed op pad, en ’s hoeka Visioen-Seisoen,
vir dié wat Waardigheid, in Ere, wil herstel

nogal glattie nodig, so onnodiglik te stres,
sin te probeer prefab, uit allie ultra-onsin,
Lewe Twee’s toetentaal pre-g’Destineerd,
een of anner soort lankbeloofde déjà vu,
vér verwyder van “Duiwelspiek” se wudu,
sommige rekeninge sonner kapitaal betaal,
al kom Mens nie almal volledig tot Verhaal

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top