In memoriam

Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.

On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.

Lady Di, die Cape Flats Book Festival het die jaar iets gekort

Keith Oliver Lewis Boeke en skrywers 2026-02-02

"’n Taxi vol skoolmeisies raak skielik a makeshift-geskiedenisklas. Gaireyah leer oor die tragiese storie van Sarah Baartman en die catalyst rol wat Aunty Di se poësie gespeel het om ons ancestor se remains huis toe te bring."

In memoriam: Diana Ferrus

Mercy Kannemeyer In memoriam 2026-02-02

"Sy’t ons nie net herinner aan ons komvandaan nie. Sy’t die pad vorentoe in ons visier gestel."

Hanna Hopkins (101) gaan nou koek eet in die hemel

Izak de Vries In memoriam 2025-12-22

"Sy het verskeie reise na die Ooste en Europa onderneem en het ook Tafelberg 'male sonder tal' uitgeklim. As 100-jarige het sy nog elke dag gestap, gereeld geswem en met genoegdoening vertel dat sy deel was van ’n studiekring wat, onder andere, 'vroue van die wêreld' bespreek het."

Huldeblyk: Rudolf Gouws (12 Desember 1947 – 20 November 2025)

George Claassen In memoriam 2025-12-11

"Buite sy spesialisveld was sy kennis enorm en was sy belangstelling in en van alles-en-nog-wat verbluffend, van Peanuts en Calvin and Hobbes tot musiek, die letterkunde, beeldende kunste, sport, religie, die geskiedenis en wetenskap – ’n toonbeeld van die Renaissance-mens, die ontdekker, uitvinder, soeker."

Franklin Abraham Sonn (1939–2025)

Hein Willemse In memoriam 2025-11-20

"In die Suid-Afrikaanse kulturele en politieke lewe het ’n groot man sy finale buiging gemaak."

Elders gesien: Hy het lojaal aan die land en ons grondwetlike demokrasie gebly

Christo van der Rheede In memoriam 2025-11-16

"Tot aan die einde van sy lewensloop het hy ook die huidige stand van Suid-Afrika onder die vergrootglas geplaas en het hy nie doekies omgedraai om korrupsie, armoede, werkloosheid en al die ander uitdagings wat ons as land ervaar, op die naam te noem nie."

In memoriam: Kevin Athol Ehrenreich

Cecil Morden In memoriam 2025-10-21

"Na ’n suksesvolle en soms opdraande pad as kunstenaar het Kevin die tydelike met die ewige verwissel op 20 September 2025. Hy word oorleef deur twee sibbe, sy vrou, twee seuns, twee dogters en ses kleinkinders, met nog een op pad. Hy het sy droom uitgeleef, sy familie omarm, die gemeenskap gedien en was ’n vriend, voorbeeld en mentor vir baie."

’n Huldeblyk aan my pa: Wilhelm Johann Jordaan

Margarethe Booysen In memoriam 2025-10-06

"Toe ons groet sodat hy na die operasiesaal geneem kan word, het ons vir mekaar gesê: 'L’chaim.' Op die lewe."

In memoriam: Jack Spence

David Willers In memoriam 2025-09-15

"Professor Jack Spence, who has died at the age of 94, was a significant influence in South African and UK academic circles, establishing himself among Britain’s leading academic experts on South Africa."

Tim Huisamen: Ons is dankbaar

Malcolm Hacksley In memoriam 2025-09-15

"Warmte, medemenslikheid, geesdrif, vrygewigheid, vreugde, omgee, humor, pyn, weemoed. Dit is die eienskappe waarvoor hy deur geslagte van sy vorige studente, kollegas en talryke vriende die beste onthou sal word."

Herinneringe aan Jan Boland Coetzee

Emile Joubert In memoriam 2025-09-14

"Terwyl die nasie se aandag destyds gevestig was op Jan Boland die rugbytitaan, was hy besig om geskiedenis te help maak. Wyngeskiedenis."

Sal ons ou vriende ooit vergeet?

Wannie Carstens Elders gesien 2025-09-09

"Dit is die natuurlike verloop van die lewe dat dit sal gebeur, maar dit is miskien tog nodig om te besef watter groot bydraes hierdie persone gelewer het en watter impak hulle op soveel vlakke gehad het."

Dis nou al ’n jaar: vir Anastasia de Vries

Timothy Nel In memoriam 2025-08-27

"En as ek mooi kyk, sien ek daardie afdruk van Anastasia se hande – nie net in hulle woorde nie, maar in hul bereidwilligheid om ongemaklik te wees ter wille van reg en geregtigheid."

Wilhelm Jordaan: Dié veertjie se lewe was van korte duur

Anne-Marie Mischke In memoriam 2025-08-26

"Hy kon op aanvraag oor enigiets dink en skryf, met gesag en met plesier en met ’n fyn oog vir wat in ons land se veranderende gemeenskap aan die gebeur was."

Pirow Bekker, ’n huldeblyk

Albertus Bekker In memoriam 2025-08-09

"Hy het hoë standaarde gehad, maar hy het ook die merkwaardige manier gehad om met almal op gelyke voet te kon praat, van die mees nederige plaaswerker tot die intellektuele reuse van sy era. Hy was ’n fyn en nuuskierige waarnemer wat ’n vismot in ’n bollig sien en ’n gedig daaruit skep."

Madelein Rust deur my lens

Izak de Vries In memoriam 2025-08-06

"Uiteindelik, toe sy voel mense reken haar as ’n skrywer, het sy gesê nóú mag ons oor kanker praat. En toe gebruik sy haar bekende gesig om mense aan te moedig in hulle eie stryd teen kanker – dit het allermins oor haar gegaan."

Madelein Rust: ’n huldeblyk

Ilse Salzwedel In memoriam 2025-08-06

"Ek sal ook Madelein se besondere sin vir humor onthou. Gaan lees gerus haar kankerboeke om te hoor hoe lekker kon sy ook met haarself spot, selfs in die donkerste tye."

Seen elsewhere: PT Mtuze cannot die, his words live on

Siphiwo Mahala In memoriam 2025-07-13

"His body of work cuts across genres — novels, short stories, drama, essays, poetry, biographical writings as well as translations."

Ons Alma, entoesiastiese skrywersvriend en kunsbeskermer

Nadia de Kock In memoriam 2025-07-10

"Alma Kennedy was groter as lewensgroot en sy het mense na haar toe aangetrek."

Hoe kan daar nie meer ’n C Johan Bakkes wees nie? Groetwoorde deur Gerrit Rautenbach

Gerrit Rautenbach In memoriam 2025-06-25

"Ek was reeds op Terrace se stoep toe die deurgereisde viertrek in die gerieflike oop parkeerplek stop. Die deur kraak oop. ’n Jong man wat goeie myle op het, loop stoep toe. ’n Bol wille donker hare en rooi baard wip saam. Sy regterarm is bespikkel met bangles, van pols tot omtrent by sy elmboog. Later geleer elkeen het ’n lang storie, ’n heenkome. Hy het nie curios gedra nie, maar herinneringe; hy het stories omarm. Die ding met Boeta Bakkes was, hy het nooit iets sonder ’n rede gedoen nie."

Top