In memoriam

Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.

On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.

Ook mý imam Muhsin

Laurie Gaum In memoriam 2025-02-18

"Ek het sy denke, sy geloof en sy menswees oor die jare sien ontwikkel. Hy het dit verfyn tot die konsep van ’n 'deernisvolle Islam' (a compassion-centred Islam) wat, vir dié wat die openheid kon hê om te luister, die grense van seksualiteit, genderidentiteit en -uitdrukking begin oorskry het."

’n Huldeblyk aan Joha van Dyk

Simone Hough In memoriam 2025-02-17

"In haar kort lewe het Joha ook swaarkry, persoonlike worsteling en seer verlies geken. En met daardie ervaring kon sy met baie volwasse insig en nuuskierigheid oor moeilike temas skryf en by die leser ’n diep emosie uitlok om die skoonheid daarin te ervaar."

Cliff-hanger: Joha van Dyk het haar siel in haar woorde vasgeskryf

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2025-02-11

"Sy is so jonk, wat kon sy nie bereik het nie. Ek het my kop geskud. Sy het reeds baie bereik. Sy was iemand wie se potensiaal reeds gestalte gevind het."

Elders gesien: Dit was ’n voorreg om Joha se werk uit te gee

NB-Uitgewers Elders gesien 2025-02-03

"Met hierdie proefskrif het sy gehoop om toekomstige navorsing en die bewaring van Namakwaland se mondelinge tradisie aan te moedig."

Elders gesien: Joha se afsterwe is ’n reuseverlies vir Afrikaans

Rina Gous Elders gesien 2025-02-03

"Ons onthou haar veral vir haar ongelooflike talent en inspirasie."

Elders gesien: Dit moet ’n ander Joha wees

An-Mari do Carmo Elders gesien 2025-02-03

"Ek het geweier om dit te glo. Dit kan nie waar wees nie. Dit moet ’n ander Joha wees. ’n Cruel grap."

Remembering a revolutionary: the legacy of Frank Anthony

Moegammad Tahier Kara Opinion 2025-01-30

"Frank Anthony’s activism was not just a political endeavour; it was a deeply emotional and personal commitment to the pursuit of freedom and justice ... With each word penned in defiance, each poem recited in solidarity, Anthony poured his heart and soul into the struggle, knowing that the price of freedom was steep, but believing fervently in its worth."

Breyten Breytenbach – ’n besinnende en kritiese waardering

Pieter Duvenage In memoriam 2025-01-27

"Kortom, dit gaan hier oor ’n voorlopige waardering (as tipe huldeblyk) wat die volgende motiewe in sy kuns en besinnende werk onder die loep neem: jeugherinneringe, ’n komplekse spiritualiteit, vervreemding en ballingskap, politieke verset en aktivisme, en taal as ruimte van mag en weerstand."

In memoriam: Johan Diederick Ungerer Geldenhuys

Bittie Viljoen-Smook In memoriam 2025-01-20

"Vanaf 1979 kan hy as hoof van Nedbank Groep se taaleenheid en later as dokumentasiehoof, tot sy uittrede in 2007, sy passie en loopbaan kombineer en ’n tasbare bydrae tot doeltreffende kommunikasie op hoofsaaklik finansiële gebied, en veral die ontwikkeling en standaardisering van saketerminologie, lewer."

Elders gesien: Herinneringe aan wyle Niël Barnard

Hennie van Deventer Elders gesien 2025-01-13

"Niël Barnard, hoof van nasionale intelligensie in die kritieke dekade 80, was nie lief vir die pers nie. Lees maar sy boek!"

Elders gesien: Riet de Jong-Goossens is oorlede

Ena Jansen Elders gesien 2024-12-14

"Sy het meer as 60 boeke uit Afrikaans vertaal, onder meer Agaat, Eilande en Vatmaar, en was bevriend met baie skrywers."

Persverklaring: Annelie Botes se wêreld van woorde was ’n amulet teen seerkry

LitNet Boeke en skrywers 2024-12-13

Annelie se koerantrubrieke was tot op die laaste pitkos vir lesers. Dít was die skryfwerk wat haar onverdunde genot verskaf het: om van die alledaagse kom en gaan, lag en huil, ’n storie te maak. Tot op die laaste dae van haar aardse reis het sy hierdie gedagtes met haar lesers gedeel.

Huldeblyk: Annelie Botes

Melt Myburgh In memoriam 2024-12-13

"Sy het generasies lesers aan die lees gehou, en generasies mense laat lag, laat huil en soms laat stik. Maar altyd met onvoorwaardelike liefde vir almal met wie sy te doen gekry het."

Elders gesien: Annelie Botes het stories en mense geken

Sidney Gilroy Elders gesien 2024-12-13

"In 2014 het jy my onder jou vlerk geneem en aangebied om met my skryfwerk te 'interfereer'."

Laatste woorden

HC ten Berge In memoriam 2024-12-11

"Goede vriend, waar bestu bleven?
Nog jong kon jij de dood al niet meer scheiden
van het leven, zag je schoonheid naast verrotting
en verval, ervoer je liefde – aards en ongebreideld –
naast vergramdheid en geweld."

Huldeblyk aan Andries Gideon van Aarde (25 April 1951 – 25 November 2024)

Johan Buitendag In memoriam 2024-12-10

"Andries was egter ’n geïntegreerde persoon, en sy akademie en geloof was nie twee afsonderlike sake nie. Hy het sy teologie in die kerk en vir die kerk bedryf."

Elders gesien: Randall van den Heever is oorlede

Danie van Wyk Elders gesien 2024-12-08

"Hy, Sonn en Jakes Gerwel was deel van die Dakar-groep wat die ANC in Dakar in die 1980’s ontmoet het."

Breyten se gedig en die skoolklok

Albert Maritz In memoriam 2024-12-05

"En skielik neem die sessie ’n wending. Asof in respons op sinnelose antagonisme, skiet ’n leerlingraadtipe-meisie se hand op: 'Kan julle asseblief daai gedig weer opsê?'"

Om Breyten te begrawe

Anelia Heese In memoriam 2024-12-04

"Sy dogter Daphnée plaas ’n paar ingeloopte rooi vellies op die kis se voetenent. Ons word genooi om roosblare oor sy kis te strooi."

Breyten Breytenbach: die buitelyn van verlies

Louise Viljoen In memoriam 2024-12-03

"Daar is ’n enorme leemte, ’n gat waar dié uitsonderlik produktiewe skrywer eens was; gelukkig is die werk nog daar en sal dit ons bly uitdaag."

Top