In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
Gesprekskuns: Breytenbach se blywende, lewende nalatenskap
2024-11-25"Hy het die waarheid van hibriditeit as kern van menswees bly deurgee aan lesers oor die wêreld heen, nooit as ’n pamflet nie, maar as ’n veelkantige insig wat sy werk deurspek."
’n Persoonlike afskeid aan Danie Odendaal
2024-11-19"Danie was by uitstek ’n Renaissance-man. Realiteit, intellek, verbeeldingswêrelde, hedonisme en die onaantasbare kon hy naatloos vermeng. Hy was geduldig en kon jou wys op moontlike talente wat jy besit waarvan jy glad nie bewus was nie."
Onder Hans se skrywershand
2024-11-14"Nou is dit by die drie dekades later en soveel van ons skryfmentors van destyds het ons reeds ontval. Hans (vir wie ek altyd Prof Hans genoem het) is die mees onlangse, en voor hom onder andere Abraham H de Vries. Afsonderlike rolle het hulle spesifiek in my eie ontwikkeling as ’n skrywer gespeel – die een as die aanbieder van ’n eerste skryfskool wat ek bygewoon het, iets waaraan ek hom kon herinner toe ons mekaar laas by die Etienne van Heerden Veldsoirée einde September vanjaar in Nxuba gesien het; die ander my Afrikaans-dosent gedurende my joernalistiekstudies, maar verenig in die skryflesse wat ek by hulle geleer het."
Pathisa Nyathi: A library that did not burn down
2024-11-12"In the writer’s ink lies the elixir to immortality. What’s done is done; the battle has been lost and won. While the breath is gone, the words still shine. The library lives on; it did not burn down."
'n Huldeblyk aan Mellet Moll
2024-11-04"djy was daai ou, het lekke’ in science en poetry
gebaljaa’, djy het presies soos ’n scientist
en diep soes ’n poet geskryf
ek dink’ie djy het writer’s block gekry nie
ek sien net discipline"
Spore: Hans du Plessis (1945–2024)
2024-11-04"Hans het nooit 'afgepraat' nie; ’n mens is as’t ware saam op reis geneem deur ’n ervare toergids. Hy het altyd die onervarenes saamgenooi."
Elders gesien: Danie Odendaal was briljant op ’n onvolprese wyse
2024-11-03"Ek was ’n japsnoet van nog nie dertig nie toe ek vir hom begin werk het. Hy het my vaderlik onder die vlerk geneem."
Die sepiewêreld is armer sonder Danie Odendaal
2024-11-01"Danie het presies verstaan hoe om die regte akteur vir ’n rol te kry, praatbare, gemaklike, dikwels spitsvondige dialoog vir daardie akteur te skryf (of te laat skryf), en die karakters deurgrondelik deel van die volkskultuur te maak. Afrikaanse televisie sou soveel armer gewees het sonder Sewende laan."
Elders gesien: RIV, Danie Odendaal
2024-10-31"RIV, Danie Odendaal, briljante skepper van 7de laan en vriend."
Hans du Plessis, ’n huldeblyk
2024-10-31"Oom Hans se humor is so natuurlik deel van elke gesprek dat dit net ’n plesier was om na hom te luister. In hulle kamer in die hotel het hy ’n bottel wyn uitgehaal en kon ek op die hoek van die bed sit en na hom en tannie Magdaleen se stories luister."
In memoriam: Mellet Moll
2024-10-29"Sy woordeskat het my dikwels beïndruk – hy het nooit ophou studeer nie en was tot die dag van sy dood nog besig met navorsing."
Persverklaring: Huldeblyk aan Hans du Plessis (1945–2024)
2024-10-29Met groot hartseer en ’n gevoel van diep verlies neem ons afskeid van Hans du Plessis, wat op 25 Oktober 2024 skielik oorlede is. Sy heengaan laat ’n groot leemte by LAPA Uitgewers, maar ons is ook oneindig dankbaar vir die rykdom van gedigte, verhale en ander werke wat hy aan ons nagelaat het. Hans sal voortleef in die bladsye van sy boeke en in die harte van sy lesers.
Elders gesien: Slaapgas in ’n stasiewa
2024-10-27"Hy was ook ’n betroubare babawagter … in ruil vir Tokkie se lekker Boerekos. Johan was toe vyf en Marisa, wat Hans juis na aanleiding van die Halloween-gedoente Pampoenspokie gedoop het, ’n energieke drie."
Persverklaring: Huldeblyke stroom in ná Hans du Plessis se afsterwe
2024-10-27Familielede, vriende, talle skrywers, akademici en ander persone uit die Afrikaanse media-, taal- en letterkundewêreld het hul skok, hartseer en medelye uitgespreek oor die nuus dat die geliefde Hans du Plessis Vrydagnag oorlede is.
Herinneringe aan Martie Meiring
2024-10-14"Soos orals in die lewe, is daar politiek in die media en in die kunste ook. Maar Martie sou seil deur onmoontlike kraaineste."
Elders gesien: Selfs Frits Gaum sou saam kon juig
2024-10-14"Toe verloor die President sy skoen. Frits het geen oomblik geweifel nie, op sy knie gesak en die skoen aangetrek."
Persverklaring: Formidabele vroue: Huldeblyk aan Martie Retief Meiring – 12 Oktober om 21:00 op kykNET
2024-10-11Sy was ’n baanbreker en kampvegter. ’n Joernalis wat veral vir ander vrouejoernaliste die pad oopgemaak het. ’n Brugbouer, kultuurskat en iemand wat met dieselfde aandag kon praat met ’n akademikus as ’n student. In kort: Martie Retief Meiring was ’n formidabele vrou. Op 12 Oktober, ook die dag van haar begrafnisdiens in Stellenbosch, saai kykNET die program Formidabele vroue: Martie Retief Meiring om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit, met ’n herhaling om 15:30 op Sondag 13 Oktober.
Martie Retief Meiring: ’n huldeblyk
2024-10-08"My kop wil nie vatplek kry aan die gedagte nie. Martie (Retief) Meiring kon ons tog nie verlaat het nie."
Martie Retief Meiring: In memoriam
2024-10-06"Die Kaap in die vroeë sewentigs was basies klein en almal het so half mekaar geken. Maar Martie het álmal geken. En deur Martie is ’n hele groot gemeenskap vir vele oopgemaak."
Elders gesien: Frits Gaum, altyd hoflik en lojaal
2024-10-03"Nooit maar nooit het hy my uitgesluit omdat ek anders glo nie, al was dit sekerlik nie vir hom lekker nie."
