In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
Leon Strydom (1944–2021) – ’n klein huldiging
2021-01-07"Eers toe ek in 1990 as dosent in Afrikaanse en Nederlandse letterkunde aan my alma mater begin werk het, kon ek agterkom watter waardevolle verstewiging die doseer- en studieleierswerk wat hy en sy vakgenote verrig het, vir die kritiese bestudering van tekste op mý vakgebied ingehou het."
Leon Strydom: Fynproewer, hengelaar, letterkundige en kunsleier tot die einde
2021-01-07"Hy was ’n afgeronde, belese en bekroonde akademikus en digter, maar dit was veral vir sy werk as kunskenner dat hy bekendheid verwerf en talle rigtinggewende kunstenaars ’n platform gegee het."
Leon Strydom, jy was een van die laastes: ’n ouwêreldse kunsconnoisseur
2021-01-07"Jy was een van die laastes: ’n ouwêreldse kunsconnoisseur, en een van die laaste oorblywendes wat nog huisbesoeke onderneem het. Watter voorreg, in die konteks van ons wêreldwye mensevermydende sosiale tendense tans."
Jan van der Merwe weens COVID-19 oorlede
2021-01-06Jan van der Merwe, antropoloog, kultuurhistorikus, skrywer en fotograaf, is op 4 Januarie 2021 weens COVID-19 oorlede.
Vir Christine – Christine Barkhuizen le Roux (1959–2020)
2020-11-19"Christine het my geleer wat passie is en dat geen droom ooit te groot is vir iemand wat van natuurlike talent toewyding maak en van ’n droom ’n lewe maak nie."
NB bring hulde aan Christine Barkhuizen le Roux
2020-11-19Human & Rousseau en NB-Uitgewers verneem met groot hartseer en leedwese van die afsterwe van die geliefde skrywer Christine Barkhuizen le Roux (61).
Remembering Stephen Gray
2020-11-18"I had the honour of making several long visits to Stephen in 2019. They always followed the same pattern. Since he didn’t have a cell phone, I would wait for his little red Volkswagen to arrive at my gate, and we would be off."
Sean Connery, veelsydige superster
2020-11-04"Toe Sean Connery in die vroeë sestigs op die toneel kom, het hy ’n nuwe kleur, gemaklikheid, charisma en ’n sensuele kwaliteit aan volbloed manlikheid gegee wat destyds gekort het en waarvoor akteurs versigtig was."
Gerrit Schoonhoven: Hofnar en filosoof
2020-10-23"My aanvanklike indrukke van Gerrit Schoonhoven was waarskynlik verbasing: Wie is dié snaakse man? Is hy ’n grapjas of ’n intellektueel? Dit blyk hy was beide. Een ontmoeting was genoeg om hom altyd te onthou."
Persverklaring: Kyk aanlyn na Ampie Coetzee se huldiging in digterstuin
2020-10-22Ampie Coetzee se huldigingsbyeenkoms, wat op Sondag 25 Oktober om 11:00 in die digterstuin by die Breytenbach Sentrum plaasvind, sal aanlyn gevolg kan word.
Ampie Coetzee: die Sestiger van die literêre kritiek
2020-10-20"Ampie Coetzee was ’n Sestiger. Wat sy tydgenote en skrywersvriende Breyten Breytenbach, John Miles, André P Brink en vele ander vir die letterkunde gedoen het, het hy vir die literêre kritiek gedoen."
Persverklaring: Afrikaanse taalstryder en ‑aktivis Ampie Coetzee sterf
2020-10-16Die Breytenbach-Sentrum in Wellington het met diepe hartseer verneem van die heengaan van Ampie Coetzee, stigterslid van die Breytenbach Sentrum en ook die eerste voorsitter van die Breytenbach Trust.
Rus in vrede, Ampie Coetzee
2020-10-15LitNet het met leedwese verneem dat Ampie Coetzee oorlede is.
Aster Berkhof (1920–2020): monumentale literaire erfenis over het dorp en de wereld
2020-10-09"Aster Berkhof, pseudoniem van Lode Van Den Bergh, een van de meest gelezen Vlaamse auteurs van de vorige eeuw, is op 29 september jongstleden overleden in zijn woonzorgcentrum – hoe mooi toch klinkt dat in het Afrikaans: aftreeoord – nabij Antwerpen."
Huldeblyk: George Bizos
2020-10-07"Daar was by my die behoefte aan afsluiting, ’n toonvaste koda aan die einde van ’n verbintenis van meer as ’n halfeeu. ’n Begrafnis bring finaliteit; die kluitklap op die kis is klinkklaar die slot. Ek kon vir George nóg op sy sterfbed nóg langs sy graf groet. Nou kon ek. Dankie."
Huldeblyk aan John Nicholson, die man met ’n biblioteek in sy agterplaas
2020-10-01"John het egter gesê dit help nie jy sit kos in ’n kind se maag en die kop bly leeg nie. Aanvanklik het hy en Gail sommer hulle eie boeke aan die kinders gegee om te lees, maar uiteindelik het hulle skenkings gekry, en in 2008 is ’n biblioteek begin in ’n skeepshouer wat aan hulle geskenk is."
Persverklaring: Die ATKV groet ’n groot gees
2020-09-25Die afgelope 12 jaar het Danny Titus hom beywer vir taal en kultuur. Saam met die ATKV het hy Afrikaans toegankliker en inklusiewer gemaak en daarvoor sal hy onthou word.