In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
Elders gesien: Stalmaat en boekeman, George Louw
2023-05-08"Die bome tuimel nou vinnig in die bos van kollegas in die 80-plus-kategorie. Die jongste is George Louw, ’n uitgewer, digter, dramaturg en joernalis van formaat, wat in die Milnerton Mediclinic aan ’n hartaanval oorlede is."
Hulde aan wyle Martie Preller: Sy het gedoen wat sy moes doen
2023-03-09"Afrikaanse kinder- en jeugliteratuur se Martie se stem is stil, maar haar stories en karakters leef voort."
Simone Cilliers Jonker (1957–2023): ’n Brief vir Simone
2023-02-09"Om haar te ken, het my laat besef dat die stereotipering van die romantiek rondom digterskap ’n verbeeldingsvlug is; dat pyn nie verromantiseer moet word nie; en dat die poësie ’n genadelose muse is wat sy eie slagoffers (en weeskinders) nalaat."
Jeff Beck – jukskeibreker en virtuose kitaarspeler dood aan breinvliesontsteking op 78-jarige ouderdom
2023-02-07"Geen wonder dat van die grootste kitaarspelers in rock sy lof besing nie – The Edge, David Gilmour, Slash, Brian May en selfs John Frusciante (Red Hot Chili Peppers) om maar ’n paar te noem. Selfs Clapton erken dat sy benadering tot die elektriese kitaar totaal uniek is."
Die Groot Wit Hoop. Gerrie Coetzee en die siel van die swaargewig.
2023-02-06"En dis al wat ooit eintlik tel."
Simone Jonker: uiteindelik net liefde
2023-02-03"Dalk gee Gert Vlok Nel die antwoord in sy boodskap op Simone se Facebook-profiel, waar (haar dogter) Margarita haar heengaan aangekondig het: 'Simone, uiteindelik net liefde.'"
Obituary: Frene Ginwala – ANC loyalist and friend to an important overseas audience
2023-01-20"Dignified to the last is how she will be remembered."
Piet de Jager, in memoriam
2023-01-17"As jy by Piet was, is daar baie gelag. Hy het so baie genot uit die lewe geput en was altyd gereed met ’n grappie."
Prof Christo Viljoen: Denkleier, ingenieur en kultuurmens
2023-01-16"Miskien was sy intellek vir my vanselfsprekend; wat my egter sal bybly, is die mate waarin hy op hoogte gebly het van nuwe verwikkelings, en die ouwêreldse menslikheid en warmte waarmee hy opgetree het."
In memoriam: Oom Adriaan Vlok
2023-01-09"Dit is moeilik om te glo dat daardie sagte man wat vir my die kardeur oopgemaak het, vroeër jare vrees ingeboesem het."
Elders gesien: Daarom bring ek hulde aan Adriaan Vlok, die mens
2023-01-09"Dit is maklik om te oordeel, maar as iemand sy aandeel in onreg erken en bereid is om pa te staan daarvoor, terwyl die meeste van jou kollegas dit nie doen nie, kan dit nie maklik wees nie. Dit sê tog seker ook iets van die mens?"
My friend, Johan van Wyk: a tribute
2022-12-06"Because Johan saw things that others did not. He knew that only when you do things, those things get done, not when you sit around talking about them, waiting for the perfect moment. There is no creation without work. And no work without the will to make things happen. Writing is a shot in the dark, a dot seeking another in a sky of alienation."
In memoriam: Albert Nolan
2022-11-03"Sy onverskrokkenheid blyk daaruit dat hy hierdie hulp verleen het toe stryders met dodelike geweld deur die berugte veiligheidpolisie vervolg is en hulp aan hulle as landsverraad beskou is."
Elders gesien: Eric Nobbs (1954–2022)
2022-10-24"Ek sien nog hoe Eric die middag daar op Nardus se grasperk in Die Adelaar verander, goeie akteur wat hy was. Hoe hy effens vooroor leun en sy arms stadig soos vlerke op en af langs sy lyf begin beweeg, hoe hy sy knieë hoog lig en opstyg."
In memoriam: Leopold Scholtz
2022-10-21"Leopold Scholtz was ’n beskaafde intellektueel wat as sulks onthou sal word deur almal wat met hom saamgestem en met hom verskil het. Mag hy in vrede rus."
Elders gesien: Stem van rede raak stil
2022-10-20"Die heengaan van skrywer-joernalis Leopold Scholtz, voorste historikus en politieke denker, op 74 is nie heeltemal onverwags nie. Tog tref die finaliteit ’n mens hard."
Vlieg hoog, Franci
2022-10-19"Franci het toe nie uit die vliegtuig gespring nie, maar sy het gespring, en haar sprong was groter as wat sy ooit kon gedink het. Sy het gespring tot in die diepste plekke in ons harte en haar nalatenskap sal ons altyd koester."
Elders gesien: Rus in vrede, Franci Swanepoel
2022-10-17"Jy was my ma in die bedryf. My lekkerste lag. My mentor."
Elders gesien: "Wel, Goothbaai, Salie"
2022-09-28Hennie van Deventer bring in sy LitNet-blog hulde aan Salie de Swardt: "Van Salie sou ek by sy skielike heengaan in ’n hotel in Londen hope anekdotes kon uitryg. Hy was by al sy gravitas iemand met ’n onblusbare humorsin. Waar hy was, was luimigheid nooit ver nie."
In memoriam: Marzanne Leroux-Van der Boon (1940–2022)
2022-08-26"Marzanne was ’n skrywer, vertaler, berader, onderwyser en het op verskeie rade gedien. So het sy sinvolle bydraes gemaak tot die samelewing en nogtans ’n redelik-lae profiel gehandhaaf omdat sy sag van aard en wys was. Marzanne Leroux-Van der Boon sal op vele terreine gemis word."
