In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
’n Sinvolle lewe: herinneringe aan Danie van Niekerk
2022-02-09"Deesdae kyk ek juis in ’n resensie na 'Tafelberg-Uitgewers' en raak aangedaan. Vir my ’n tyd wat nooit weer in my lewe sal wees nie. Nou spesifiek ook sonder Danie van Niekerk."
Jaap Durand: Beliggaamde solidariteit
2022-02-02"Is ons bereid om werklik, profeties-getrou, te staan waar Christus staan – aan die kant van die armes, verdruktes en verontregtes, al kos dit ons alles? Om onaflaatbaar vas te hou aan die onverdeelde, inklusiewe, radikale geregtigheid van God vir alle mense, onder alle omstandighede, te alle tye?"
Die einde van ’n era: ’n huldeblyk aan Hennie Rossouw
2022-02-01"Hy het geglo dat universiteite plekke van uitnemendheid is en hy was vir ons die versinnebeelding daarvan: die vriendelike, nederige akademiese reus daar in sy kantoor onder die trap in die Ou Hoofgebou met boeke tot teen die dak."
Vir prof Jaap: ’n gedig as huldeblyk
2022-01-26"ek roep jou vanmôre voor die gees
ek sien jou weer duidelik
op daardie klassiekgeworde koerantfoto’s
beide swart en wit ..."
Pieter Uys (1956–2022)
2022-01-21Die digter, taalkenner, taalpraktisyn en konseptualiseerder in die reklamebedryf Pieter Uys is op 16 Januarie 2022 in Johannesburg oorlede. Johann Lodewyk Marais bring hulde aan hom.
Nog ’n groot boom val: Totsiens, Arch
2021-12-28"Hy was klein van postuur, maar sy skaduwee en sy nalatenskap is enorm."
Die Arch – ’n persoonlike huldeblyk
2021-12-28"Sy stem vir rede en deernis is weg. Ons as Afrikaanssprekende gemeenskap moet nou saamstaan en sy nalatenskap eer."
The passing of Desmond Tutu, 26 December 2021: A few memories
2021-12-27"He was one of the greatest the country has ever seen, iconic beyond description, who stood up for the rights of all South Africans, and whose legendary status reached the rooms, offices, courts of monarchs, heads of nations and spiritual leaders of virtually every country in the world."
Desmond Tutu: Suid-Afrika se gewete tydens en ná apartheid
2021-12-26"Met Tutu se afsterwe verloor die land ’n morele kompas wat ewe onverskrokke geveg het teen die vergrype van die Nasionale Party as teen die korrupsie en wanbestuur van die ANC."
Hulde aan Herman Binge
2021-12-21"Ek skryf hierdie dinge omdat ek self sukkel om sy heengaan te verwerk. Maar die woorde wil nie opstaan nie; hulle kry hom nie gemeet nie."
Wilbur Smith, an obituary
2021-12-13"And then, out of a crowd, there he was – standing at my table with his hand held out. To this day I can still hear his voice in my head, see that wry smile. ‘James Woodhouse,’ he said. ‘I’m Wilbur Smith.’ As if he needed to introduce himself."
Wilbur Smith: Iewers in ’n Afrika-woud het ’n seder geval, maar nie in stilte nie
2021-11-16"Solank as wat ek kan onthou, was hy daar, groter as lewensgroot, een van die blinkste sterre aan die skrywershemel hier uit Afrika."
Wilbur Smith, ’n gewone man wat vir gewone mense skryf
2021-11-15"Ten spyte van ’n opvoeding by Michaelhouse was daar ’n tyd in Smith se lewe dat hy dit nie breed gehad het nie. As twintigjarige het hy ’n ruk lank op ’n vissersboot gewerk."
FW se sjef: De Klerk het nou en dan van ’n ietsie soet gehou
2021-11-12"Dit was soms vir my moeilik om kos voor te berei, want ek moes sonder uie, knoffel, groenpeper en sterk speserye kook. Dit is nogal verstaanbaar, want die President kon nie ’n knoffelasem hê wanneer hy diplomate en ander gaste ontmoet nie."
FW de Klerk en die twee video’s
2021-11-12"Die twee video’s het my lank bygebly en ek het die hele aand nog loop en respekte betoon aan die groot kringloop van lewe en dood en hoe ons almal onafwendbaar daardeur beweeg."
FW de Klerk, die mens
2021-11-12"Met my laaste besoek aan hulle, terwyl Elita geesdriftig vertel van planne vir die stigting vorentoe, het ’n reeds brose FW ’n wye, bewonderende glimlag haar kant toe gerig. Sy kop geknik."
’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap
2021-11-11"Wie ook al nie daarvan hou nie, wil ek nou byvoeg, sal hom kan kritiseer so lank en heftig soos hulle wil, maar sal nooit die feit van 2 Februarie 1990 in ons gedeelde, dog betwiste, geskiedenis kan uitskryf of uitwis nie."
FW – die einde van ’n era
2021-11-11"Hy het gekies om die hele land te help bou, eerder as om ’n minderheid se belange te probeer beskerm. Hy het teen ’n groot persoonlike prys die regte keuse gemaak. Dis hoe ek vandag verkies om hom te onthou."
In memoriam: Thomas Mollett
2021-11-11"Ek het hom net na die draai van die eeu leer ken as ’n selfstandige denker wat nie skroom om die water te roer en omstrede sake aan die orde te stel nie. Hy was een van die samestellers van die boek Die omstrede God: Bestaan God of nie?. Die mederedakteurs was Erns Grundling en Etienne van Heerden."
Obituary: Peter Wilhelm
2021-10-26"He was a sardonic man, his expression one of wry amusement. He was exceptionally kind and gentle."
