In memoriam
Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.
On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Annari van der Merwe se bydrae
2020-08-26"Dit is vir my wonderlik dat ná al die jare van vriendskap ons gesprekke nooit in net ditjies en datjies verval het nie."
Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Nico Steytler se bydrae
2020-08-26"Sy was ’n bruisende lewenskrag wat vir my, en ook vele ander, diep geraak het."
In memoriam: David Piedt – ’n toonaangewende lewe
2020-08-05"Soos soveel ander byeenkomste moes die KKNK egter ook noodgedwonge afgestel word weens die wêreldwye koronapandemie, wat reeds meer as 500 000 Suid-Afrikaners geïnfekteer het en die lewe van meer as 8 000 geëis het. Dié virus het nou die David wat die apartheid-Goliat oorwin het, neergevel."
’n Onderhoud met die land se kaalbaskoning – ’n oudjoernalis onthou ...
2020-08-03"Vandag se jongmense sal heelwaarskynlik nie sy naam eien nie, maar vir baie van ons oudjoernaliste wat tydens die ‘80’s en ‘90’s gewerk het, sal dit moeilik wees om die kleurvolle persoonlikheid te vergeet."
In memoriam: Zandra Bezuidenhout onthou vir MM Walters
2020-08-03"In die Afrikaanse letterkunde was daar maar één MM Walters, enig in die manier waarop hy met sy deurdagte aanpak en noukeurige vakmanskap aktuele temas sou invoer, dit in diens van die digkuns sou uitbuit, en met sy volstrek eie toonaard bekendheid sou verwerf."
In memoriam: Leon van Nierop onthou vir Elize Cawood
2020-07-21"Mens-mens, koesterende kosbare speler, vriendin, onkreukbare aktrise, swaargewig sonder houding. Sy was alles en meer."
George Hallett (1942–2020): Flitse van ’n fotograaf se lewe
2020-07-09"Oor die fotograaf George Hallett word daar gesê dat hy sonder twyfel een van Suid-Afrika se grootstes was; en as dit waar is wat Baldwin oor Delaney geskryf het, dat gróót kuns slegs uit liefde geskep kan word, dan het geen groter minnaar al ooit ’n kamera vasgehou as die cat George Hallett nie."
Ennio Morricone: meester van die klankbaan
2020-07-09"Hier is een van die weinige rolprentkomponiste wie se musiek nie alleen sekere beelde opgeroep het met slegs enkele note nie, maar waarna sonder beelde geluister kon word."
In memoriam: "Macassar se eie Lady Di het tragies tot ruste gekom."
2020-06-30"Die leemte wat Kirvan laat is onmeetbaar groot. Kirvan se nalatenskap, soveel groter."
In memoriam: Amanda Botha onthou vir Elsa Joubert
2020-06-18"Uit my talle notas soek ek nou na die essensie van haar menswees wat ek geken het. Met die lees van my notas hoor ek hoe sy praat, ken ek haar gesigsuitdrukking en houding, hoor ek hoe sy woorde beklemtoon. Vir my dus nou ’n gesprek van herinneringe."
"The little auntie is a clown"
2020-06-11"In een van my gunstelingstories van Jeanne Goosen, duidelik outobiografies, trek die kinderverteller haar pa se tuxedo aan en doen sy toortoertjies vir haar boetie en sussie. Later gaan verkoop sy raffle-kaartjies vir die skool, steeds in die opgerolde tuxedo."
Herinneringe aan die groot gees, Jeanne Goosen
2020-06-04"Ons gaan na jou verlang, ou Jiena. Jou spore lê ons wêreld vol."
Elders gesien: Danie Marais onthou vir Jeanne Goosen
2020-06-04"Jeanne Goosen hét styl: die manier waarop sy haar meer as sewe dekades en haar plooie dra soos ’n sangoma ’n Pep Stores-kombers wat sy enige tyd kan afgooi; die manier waarop sy in die restaurant The Long Table inslof asof niks gemaak van geld en aansit haar kan beïndruk nie; die manier wat sy haar sigaret aansteek en ’n dubbel-whisky vir ontbyt bestel ..."
Plaatjies van Huffel se dood laat VGK arm agter
2020-05-21"Sy was teologies uitermate goed geskool en ek het haar dikwels genader vir kommentaar as ek ’n artikel vir ’n koerant of LitNet moes skryf. Oor die Belydenis van Belhar het sy reguit gesê dit is nie moontlik om van kerkhereniging te praat sonder om die Belhar-belydenis vierkant in die gesprek te plaas nie."
In memoriam: Adam Schlesinger het ’n plek in jou hart (al besef jy dit dalk nie)
2020-05-11"Schlesinger is op 1 April aan COVID-19 dood. Hy was ’n gevoelige, produktiewe en uitstaande popmusikant wat gereeld harte ligter gemaak het – en ons het nie eens altyd geweet dit was hy nie."
In memoriam: "Life is wonderful!" het die aktivis geskreeu toe hy lewenslange tronkstraf kry
2020-05-08"As aktivis was hy bereid om te sterf vir sy aandeel in die anti-apartheidsbeweging in Suid-Afrika."
Dood van ’n bankrower – Allan Heyl (1951–2020)
2020-04-21Allan Heyl: "Meester, dink jy ons sou so onnosel wees om terug te keer na ’n plek wat wemel van polisiemanne op soek na ons?"
Persverklaring: Koelsoem Kamalie oorlede
2020-04-20Dié tannie van Bonteheuwel het luisteraars van RSG aan haar lippe laat hang met die heerlike resepte wat sy gedeel het, haar humor en die reguit manier waarop sy kon praat.
Persverklaring: Alex van Houwelingen is oorlede
2020-04-06"Van Houwelingen is veral bekend vir sy puik kinderboekillustrasies, maar hy was ’n kommunikasiespesialis wat prente gebruik het om moeilike konsepte op ’n maklike manier aan die breë publiek te verduidelik."