Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Jopie Fourie: ’n besinning deur Albert Blake: ’n lesersindruk
2024-07-19"Dit is ’n deeglike besinning. Blake verheerlik niemand nie en hy verdoem niemand nie. Hy stel die historiese feite onbevange voor en beoordeel dit deeglik."
Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk
2024-07-18"’n Groot deel van die inhoud van die boek wentel om 'god' (met ’n klein letter), die goddelike, dogma en teologie wat in ’n verstaanbare spreektaal sonder fênsie literêre tierlantyntjies bespreek word in digvorm. Dit kan deur almal gelees en verstaan word."
A love letter to Long Street: A reader’s impression
2024-07-09"Meintjes devotedly nurses his grape and malt, the pool table and his favourite bars, while around him the grand spectacle of life unfolds, and the stoicism of Long Street is revealed on a nightly basis."
Kortliks met Stefaans: 1 Julie 2024
2024-07-01"Hierdie skrywe is nie resensies nie – dit is ’n in-die-hand-stop, asof ek jou in Bargain Books raakloop en sê: 'Lees dit!'"
As stilte praat deur Kobie Lötter: ’n Lesersindruk
2024-07-01"Stilte is vir Kobie niks vreemds nie. Tydens sy kinderjare op ’n Vrystaatse plaas waar hy grootgeword het, het hy geleer om ingestem te luister."
Leer om te vergewe met ’n blikkie samboksalf: ’n lesersindruk van Alene Mari Holder se jeugroman Samboksalf en ’n draaktraan
2024-06-28"Dit is pret om al hoe meer oorspronklike Afrikaanse fantasieverhale op die boekwinkels se rakke te sien."
Marked by Gillian D’achada: reader impression
2024-06-18"Teachers who have used Sharkey in their classes will feel very comfortable moving on to Marked. It is a solid classroom reader. It has enough flesh on the bone to tick all the boxes of the curriculum, while offering the children a fast-paced, enjoyable read."
Flight of the dancer by Lisa Lazarus: a reader’s impression
2024-06-11"Indeed, the book is richly rooted in the textures, sights and sounds of the city in the ’70s and ’80s. Whether it is bell-bottoms, Salusa 45, dwarves in Orange Grove gardens, Abdullah Ibrahim, student parties at Crown Mines, Bob Dylan, Beyers Naudé, MacGyver or The jewel in the crown, the book provides details which will trigger memories for anyone who experienced those years."
Vertellings uit die vergetelheid: Die opkoms en val van Bophuthatswana, 1977–1994 deur Danie Schoeman: ’n lesersindruk
2024-06-11"Vertellings uit die vergetelheid: Die opkoms en val van Bophuthatswana na 1977–1994 is in ’n leesbare styl geskryf, bevat talle grafieke, tabelle en foto’s, en ontruk inderdaad ’n stuk (grootliks) vergete (en gediskrediteerde) geskiedenis aan die vergetelheid."
Al wat tel deur Irma Venter: ’n lesersindruk
2024-05-31"Toe Ami by die misdaadtoneel aankom, weet sy dis nie ’n gewone misdaadtoneel nie. Want hoekom is die Valke daar?"
Nog lesersindrukke en idees oor genres wat ’n versadigingspunt bereik
2024-05-27"Soos enige ywerige leser is ek heeltyd op soek na nuwe stemme, maar dan verwag ek dat daardie nuwe stemme my asem moet wegslaan. Dit is hoe ’n genre groei."
A reader’s review of Kirkus-starred The assays of Ata by KIS
2024-05-27"This novel, the first in a trilogy, sets the stage for an exciting and thrillingly heroic tale of love and loss, family relationships and the consequences of war – both glorious and not."
Sy is veilig deur Emma van der Walt: ’n lesersindruk
2024-05-23"Emma is die stigter van die organisasie Brave to love. Sy is beeldskoon en laat my dink aan Sneeuwitjie, met haar donker hare en wit vel. Sy is ook ’n pastoor, ma en eggenoot. Dit is moeilik om die werk wat sy doen, met haar foto op die agterkant van die boek te vereenselwig. Die woord brave is egter nie om dowe neute die eerste woord van haar organisasie se naam nie."
A hugely important book: A reader’s impression of The bitterness of olives by Andrew Brown
2024-05-21"This is a timeous book, one that I believe everyone capable of understanding English should read."
The kiss and beyond deur Malcolm de Roubaix: ’n lesersindruk
2024-05-20"As jy van seks hou, en veral om daaroor te lees, dan is hierdie boek vir jou."
“God die Ondersteuner lewe”: ’n lesersindruk van Christina Landman: ’n lewe
2024-05-15"Ná baie jare in die akademie is Landman egter eindelik op 18 November 2006 as predikant in die VGK gelegitimeer en is uiteindelik op 18 Mei 2008 in die amp bevestig ná ’n beroep na die gemeente Dullstroom."
Kariba: ’n lesersindruk van die grafiese roman deur Daniel en James Clarke
2024-05-08"Dit is opwindend om meer en meer grafiese romans te sien wat in Afrika afspeel en wat raak aan mitologie, geskiedenis, natuur en kultuur wat eg is aan die Afrika-kontinent."
’n Droomhuis vir Kristie deur Elaine Marais: ’n lesersindruk
2024-04-30"Dis ’n lekker storie met genoeg menslike drama om die sneesdoekies byderhand te hou, maar ook genoeg intrige om jou nog ’n bietjie aan die raai te hou. My tipe liefdesverhaal – ’n gewone storie oor gewone mense!"
Wisselende stemminge deur Cas Vos: ’n lesersindruk
2024-04-23"In hierdie bundel is daar sterk aanduidings van [Cas Vos se] besondere mensekennis. In Wisselende stemminge word die mens se lewensomstandighede uitgebeeld. Donker tye en belewenisse word afgewissel met verwysings na menslike verhoudinge. Die liefde is hierin sentraal."
Die lewe is ’n plek deur Estelle Brits: ’n lesersindruk
2024-04-23"Daar is meer verhale wat jy met ’n knop op die maag lees en die einde wil uitstel, maar jy kan nie. Die lewe gebeur en die lewe is ’n plek. Die liefde in verskeie vorme is inderdaad deel van die lewe en die bundel sluit dit ook in."