Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Hinterland deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk
2025-11-23"Het die mens ontwikkel of gedegenereer uit die oerinwoners van Afrika, verwysende onder andere na die opgrawings in Sterkstroom waar die skedel van me Ples gevind is? Worstel die mens uiteindelik steeds met die gorilla in homself?"
Deep fakes deur Nina Schick: ’n lesersindruk
2025-11-19"Die boek verduidelik wat 'deep fakes' kon doen in die hande van ’n klein groepie spioene wat geweldig baie geld van hul base gekry het. Vandag is daardie tegnologie op jou buurman, en elke tweede kroek, se selfoon."
Stryd van die reuse en Pale toe deur Michael Green: ’n lesersindruk
2025-11-19"Michael Green se stories is feitelik korrek. Elkeen is uitstekend nagevors en die lang bronnelyste agterin beide boeke wys hoeveel leeswerk ingegaan het in hierdie pittige vertellinge. Green was self ’n kranige rugbyspeler en sy liefde vir die sport het nooit opgehou nie."
What is owed? by Kelwyn Sole: a reader’s impression
2025-11-18"With less of his characteristic reserve and more rampant enjoyment, Sole shapeshifts in this collection, appearing as an old man, as a trogon, as a bee, as the sun, as the beloved – with a sideways wink between author and reader."
Hell of a country deur David Cornwell: ’n lesersindruk
2025-11-18"Vir lesers wat hou van waremisdaad, historiese fiksie en stories wat diep delf in die menslike psige, is Hell of a country ’n onmisbare boek."
’n Lesersindruk: Wicked smart deur Douglas Kruger
2025-11-18"Juis daarom gaan steek ek graag kers op by individue wat hierdie beginsels en vaardighede op die oog af onder die knie het. Hulle wat die pad stap op ’n manier wat moeiteloos lyk, asof sukses na hulle toe aangetrek word."
Chris, Taffie en die gruwelike grypdief deur Troula Goosen: ’n lesersindruk
2025-11-06"Om ’n kind van kleins af aan fantasieverhale bloot te stel, is nie net om hulle te 'vermaak' nie, dit is om hul denke te vorm, hul harte oop te maak en hul vermoë om te droom aan te wakker."
Lesersindruk: Kinders se spinnekoppe van Suider-Afrika deur Rudi Steenkamp
2025-11-06"Wat dié boek verder besonders maak, is Steenkamp se knap balans tussen wetenskaplike akkuraatheid en ’n kindervriendelike aanbieding."
Wanneer appeltjies geskil word: ’n lesersindruk van Sidney Gilroy se Roulette
2025-10-29"Roulette het my spoedlees verbeter; ek het dit gulsig verslind."
Jeugroman of historiese roman? ’n Lesersindruk van Louis Pretorius se ’n Jaar in my lewe
2025-10-28"Veral jongmense sal dit interessant vind dat telefone in daardie dae met drade aan mure gekoppel is en dat gewone skoolgaande jongmense in 1996 nie selfone gehad het nie."
Wie de hel is Johnny Joubert? deur Dana Snyman, ’n lesersindruk
2025-10-28"Soos met die meeste dinge, beteken rugby verskillende dinge vir verskillende mense."
Vredemaker deur Reggie Peace: ’n lesersindruk
2025-10-27"Om dit uit die ghetto, of uit poverty, te 'maak' is miljoene mense se droom, en Peace het dit met onderskeidings gemaak."
Briewe van heldinne is ’n skitterende vertaling deur WJ Henderson: ’n lesersindruk
2025-10-24"WJ Henderson se vertaling van Ovidius se Heroïdes is soos vars, murmelende water in ’n stroom. Dit laaf die oë, denke en hart van die leser."
Lesersindruk: Misdaad/Liefdaad deur Joanne Lombard is ’n vars debuut
2025-10-22"Die storiewêreld is vol kontraste: ’n oënskynlik gemaklike voorstedelike lewe waar die gesin inderwaarheid al jare lank swaarkry weens die gevolge van dwelmverslawing; ’n restourasie-werkswinkel wat ’n hawe bied teen die harde werklikhede van misdaad en inbrake in ’n stad."
Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman: ’n lesersindruk
2025-10-20"Dit is ’n waardevolle stukkie geskiedenis – nie net beskryf dit die heengaan van koerante nie, maar ook die waarde wat mense (lesers) aan daardie stukkie papier heg."
Life is ’n biets deur Faeed Amardien: ’n lesersindruk
2025-10-10"Lees hierdie onpretensieuse debuutroman van Faeed Amardien en gee dit vir ’n vriend, vriendin en daai tiener wat dalk net hormone, knieë en elmboë is, sodat ons saam kan besluit dat die lewe waaragtig nie fair is nie, en dat elkeen sy eie spoke moet besweer."
Boykie vir Afrika deur Pieter de Poortere: ’n lesersindruk
2025-10-08"Vir De Poortere is geen heilige objek veilig nie; links en regs word ewe hardhandig met karwatse getakel. Dis gruwelik genotvol om jou daarin te verkneukel."
Deel jou lesersindruk met LitNet!
2025-10-08In die tyd van die Toyota Stellenbosch Woordfees, waarvan die tema vanjaar "deel" is, nooi LitNet lesers opnuut uit om hulle lesersindrukke met medelesers te deel. Skryf vir ons as jy ’n boek geniet het – en beslis ook as jy kritiek oor ’n boek wil uitspreek. Skryf oor ’n boek wat jou ongemaklik gemaak het. Skryf oor ’n boek wat jy nie kon neersit nie. Skryf oor ’n boek wat jy gelees het terwyl jy gewoonlik tyd op die sosiale media sou deurbring. Skryf oor ’n boek wat jy herontdek het. Dit hoef glad nie ’n nuwe boek te wees nie, en dit moenie ’n boek wees wat van ’n uitgewer af ontvang is nie.
Lesersindruk: Bloei + Blom
2025-10-02"Hierdie boek bring die stories van mense wat dalk voorheen nie bekend was nie, aan die lig. Dit vertel die verhale van mense wat hul drome gevolg het, ten spyte daarvan dat hulle dikwels in moeilike omstandighede begin het."
