Lesersindrukke

Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.

Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais: ’n lesersindruk

Bester Meyer Lesersindrukke 2024-11-05

"Die vrae waarmee die bundel my gekonfronteer het, was onder andere of die aard van ons werklikheid daagliks deur geskiedenis en herinnering gedikteer word."

Om Bibi Slippers in Gqeberha te vind: ’n lesersindruk van Soekenjin

Albert de Vos Lesersindrukke 2024-10-29

"Daar is heelwat gedigte in Soekenjin wat ek nog moet ontrafel, maar oor die algemeen is die gedigte heel toeganklik vir ’n nie-letterkundige soos die uwe. Gedigte oor die lus, liefde, lewe en die soektog van die moderne mens met sy internet, WhatsApp, Google, Tinder en ander dinge waarvan ’n Baby Boomer soos ek nie eers weet nie."

Wildepruim deur Elmaré Lombard: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-10-23

"Wildepruim is soos een van daardie kunswerke waar ’n kyker van naby honderde klein sketsies sal sien. Elkeen verskaf ’n baie klein bietjie detail, maar nie ’n geheelbeeld nie. Dit is met sommige stukke visuele kuns nodig om weg te stap, om nie meer na die besonderhede te kyk nie – dán skielik sien ’n mens ’n totaal nuwe stuk kuns raak."

Kortliks met Stefaans: 23 Oktober 2024

Stefaans Coetzee Boeke en skrywers 2024-10-23

"Nadat ek Nicol ’n paar jaar gelede toevallig ontdek het, het ek doelbewus na Suid-Afrikaanse Engelse skrywers begin soek. Daar was ’n paar verrassings, Roger Smith vir een. En nadese Kurt Ellis."

Life lessons: How to fail and win by Alan Knott-Craig: a reader’s impression

Surene Esterhuizen Books and writers 2024-10-17

"What part of the book did I like most? The knowledge that you can still win, even if you sometimes lose. Losing isn’t always losing; sometimes it is merely something not working out now, and you need to move on to the next step."

’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2024-10-17

"Die vertelling kombineer die verhaal van trauma, alkoholisme en huishoudelike en emosionele geweld met elemente van hoop en dien aanvullend ook as ’n soort gids vir mense wat hulleself in soortgelyke posisies mag bevind ... Met die buitengewone vlakke van gesinsgeweld in Suid-Afrika sal hierdie boek waarskynlik nog baie jare lank gelees word."

Ben en die groot toets deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-09-30

"Kinders sal hierdie storie, met die mooiste kleurvolle illustrasies, baie geniet en leersaam vind, en hulle met Ben kan vereenselwig. Hierdie boek is ’n móét vir enige kind wat oor die drumpel stap om die wêreld van klank en lees te betree."

Slaying the dragon by Antonio Iozzo: The bravest book you’ll read this year

Surene Esterhuizen Books and writers 2024-09-26

"The book tells the story of a strong man going through hell, from Johannesburg to San Antonio, Texas, with one operation after the other. Boxes of pills from OxyNorm to Suboxone, each one worse than the others."

As alles niks word: ’n lesersindruk van Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg

Koos Kombuis Lesersindrukke 2024-09-09

"Daar lê die 'afgod' nou (as dit inderdaad ’n 'afgod' is) magteloos, onttroon en afgesaag by die voetstuk, die kop en skouers van die borsbeeld flenters eenkant op die plaveisel van Afrikanerdom. Vir altyd verwyder, gesloop, vernietig, tragies verinneweer en verniel net soos arme Humpty Dumpty!"

Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson: ’n lesersindruk

Izak de Vries Kinderboeke 2024-09-09

"Die Smooie en die Smoue, geskryf deur Julia Donaldson met illustrasies deur Axel Scheffler, is pret. Dit is boonop propvol tydlose waarhede, tussen al die guitigheid deur. Ek wens alle politici in alle wêrelddele wil dit lees. Jaco Jacobs se vertaling is heerlik."

Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk

Zelda Mans Lesersindrukke 2024-09-03

"Al kan Breekpunt op sy eie as ’n roman staan en al is al die bestanddele van ’n geslaagde misdaadroman teenwoordig, is daar hier en daar haakplekke."

Kortliks met Stefaans: 2 September 2024

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-09-02

"Hier is twee klippe-kou-publikasies. Albei kan hewige debat veroorsaak, veral onder lesers wat dit nie gaan lees nie. Albei het ook die vermoë om groei te ontkiem."

Waar bloed kruip deur Kobus Breyl: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2024-08-26

"Dit is duidelik dat Kobus Breyl met indrukwekkende outoriteit skryf en deeglik bekend is met sy onderwerp. Gegewe sy agtergrond en ondervinding in die regspraktyk, neem hy die leser op ’n reis van ’n diggeweefde moord- en speurverhaal."

Die gestaltes wat in ons aanwesig is. Wording van ’n bleek Afrikaan deur Frik de Beer: ’n lesersindruk

Amanda Swart Lesersindrukke 2024-08-20

"Omdat [die boek] uit vandag se perspektief geskryf is, dinge grotendeels verwerk is en afsluiting oor sekere dinge verkry is, is dit die postkoloniale perspektief wat opval: Ons het nie tóé geweet nie en die nawete is verdoemend. En wat het ons nie gedoen nie!"

Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n proe-proe lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-08-14

"Alhoewel die skrywer reg aan die begin van haar boek sê dat as sy sommige stukke vandag sou skryf, sy dit dalk anders sou benader, dink ek dis nogtans nodig dat ons almal – wit en swart Suid-Afrikaners – dit lees soos wat dit is."

Die mens agter die skrywer: ’n lesersindruk van Piet van Rooyen se Die rooi boks

Pierre Massyn Lesersindrukke 2024-08-14

"Saam met ’n oerjagter kan jy vry oor die vlaktes sweef en by die kampvuur die groot murgbene saam met hom leegstamp. Miskien sal hy jou laat deel in die geheime van sy rotskuns, miskien sal jy tog Die Waarheid vind. Klim op ruimtetuig Rooi boks."

Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn: ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-08-06

"In Gif waag hulle om oor sportaanvullings te skryf – en nie dit wat jy oor die toonbank kan koop nie. Sommige mense mag dink dat hierdie onderwerp nie realisties is in die lewe van tieners nie. Die skrywers het egter baie goed navorsing gedoen hieroor en dit is vandag ’n harde werklikheid, veral waar ouers genoeg of te veel geld het en kinders gedruk word vir bomenslike prestasies."

Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2024-08-05

"Die Spele wat onthou sal word as die een waar sommige hekwagters dit taboe verklaar het om antieke mites en verhale op ’n speelse manier nuut en vars te herinterpreteer. Lätti doen in Taboek presies dieselfde met bybelse mites en verhale uit die antieke tyd."

Die waarheid lê in Niemandsland deur Erika Dykes: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2024-08-05

"Hierdie verhaal is in detail geskryf – verwoesting, die lewe in ’n konsentrasiekamp, die dood van kinders en interessante geskiedkundige feite."

Kortliks met Stefaans: 22 Julie 2024

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-07-22

"Wat vir my die meeste – selfs bo die lekker intrige – uitgestaan het, is die skrywer se sigbare skryfstyl."

Top