Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Juliana. Een vorstin in een mannenwereld deur Jolande Withuis: ’n lesersindruk
2018-02-01"Jolande Withuis verleen gravitas en konteks aan ’n inderdaad buitengewone vorstin in ’n manswêreld. Juliana was ’n pionier en passievolle humanis wat die rol van die Europese konstitusionele monarg aansienlik verander het."
Die beste lesersindruk van 2017 aangekondig
2018-01-17Alle lesersindrukke wat tot en met 15 Desember op LitNet verskyn het, het in aanmerking gekom vir ’n
R1 000-kontantprys. Bibi Slippers het die inskrywings beoordeel en hier is die wenner!
Voor ons vergeet: sodat ons kinders ook kan weet: ’n lesersindruk
2018-01-16"Voor ons vergeet vertel die verhale van mense wie se stemme dikwels in die verlede nie geduld was nie. Die boek bied ’n mens ’n venster in die komplekse verhouding van die NG Kerk-familie – ’n familie wat vandag nog steeds net so broos is as tydens die jare van apartheid."
Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n lesersindruk
2018-01-05"Die laaste woord oor die dood is dit sekerlik nie, maar hierdie boek is ’n unieke en vars bydrae oor ’n onderwerp wat nog nooit, sover ek weet, op dié manier in Afrikaans aangepak is nie."
Weerlose weerstand – Die gaydebat in die NG Kerk deur André Bartlett: ’n lesersindruk
2018-01-03"Bartlett se boek volg die spoor van die sinodesittings en studiekommissies wat oor die jare in die NG Kerk gehou is rondom die kwessie van homoseksualiteit, en al die drama en intrige wat daarrondom ontvou het."
Maria se armoire deur Johan en Ode Krige: ’n lesersindruk
2018-01-03"Maria se armoire is ’n boek wat uitbeeld hoe die samelewing met die jare verander het. Families en gesinne wat kleiner word, doopname wat hul waarde verloor, erfgoed wat agtergelaat word weens die kleiner leefareas van vandag se lewe."
Shéri – Nes ek is deur Shéri Brynard en Colleen Naudé: ’n lesersindruk
2017-12-15"Dit vertel nie net die storie van die Brynard-familie nie, maar dien ook as platform vir bewusmaking van mense met Downsindroom en hulle uitdagings, is ’n godsdienstige getuienis, en dien ook as ’n verdere platform vir Brynard se werk as motiveringspreker."
1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk
2017-12-12"Ek hou van boeke wat my prikkel om ander boeke te lees, om na musiek te luister, om kunswerke te bekyk en plekke te besoek wat in die teks genoem word en wat my nuuskierig maak. 1795 is so ’n boek."
Paulus deur Adrio König: ’n lesersindruk
2017-12-12"Met hierdie boek oor Paulus het König ’n belangrike publikasie in Afrikaans die lig laat sien oor ’n onderwerp waarvan baie mense hopeloos te min weet, en hoewel ek nie met baie van sy idees saamstem nie, het ek dit weer eens verrykend gevind om te lees wat hy alles oor Paulus se twis met die vroeë kerk te sê het."
Die onaantasbares deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk
2017-12-08"Hofmeyr is ’n baie begaafde woordkunstenaar, soos ons reeds weet uit sy musiek. Sy taalgebruik is keurig. Dis gelaai met Bybelse metafore. Die verhaal vloei vinnig."
Die vrou in die blou mantel deur Deon Meyer: ’n lesersindruk
2017-12-06"’n Klein 'meesterstuk'? Ek gaan 100% akkoord daarmee! Die korter formaat gaan ook moontlik die boek toeganklik maak vir potensiële 'nuwe' lesers van Meyer se werke."
Koms van die motman deur Chris Karsten: ’n lesersindruk
2017-12-01"Koms van die motman is goeie misdaadfiksie, en bied prikkelende vermaak en ontspanning. Dis niks meer nie, maar beslis ook niks minder nie."
Seleksies uit die briewe van president MT Steyn 1904–1910: ’n lesersindruk
2017-11-28"MT Steyn is op 28 November 1916 oorlede. Daar is nie briewe in hierdie versameling opgeneem uit die laaste jare van Steyn se lewe nie, maar danksy hierdie publikasie kan daar nuwe insigte verkry word in die naoorlogse rol van hierdie gerespekteerde staatsman."
1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk
2017-11-20"Die taalgebruik is deurgaans verruklik. Elke woord is perfek op sy plek. Daar is geen irriterende maniertjies, mooiskrywery, herhaling of clichés nie."
Vreedsame revolusie: Uit die enjinkamer van die onderhandelinge: ’n lesersindruk
2017-11-15"Vreedsame revolusie is nie ’n omvattende studie van die tydperk onder bespreking nie, en neem meer die vorm aan van die verhaal van een persoon se herinneringe, hoewel die skrywer ook deur middel van voetnote ’n wetenskaplike geurtjie aan die publikasie verskaf."
Queen of the Free State deur Jennifer Friedman: ’n lesersindruk
2017-11-14"Die omslag en titel van Jennifer Friedman se 'memoires' het dadelik my aandag getrek; die boek stel nie teleur nie en die outobiografiese vertellings is nie selfvertroetelend nie."
Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk
2017-10-26"Met Boereverneukers volg Du Plessis sterk in die spore van sy voorgangers, die joernalis-historici, en lewer hy ’n aangename bydrae tot die Afrikaanse boekeskatkis."
Op pad deur Dana Snyman: ’n lesersindruk
2017-10-24"Snyman se beskrywinge simboliseer toeganklikheid, nie net maar in die taal nie, maar ook in die karakters. Dit is dinge waarmee al die gewone mense kan assosieer, in ’n taal waarmee gewone mense kan assosieer."
Jan Smuts – van boerseun tot wêreldverhoog: ’n lesersindruk
2017-10-20"Smuts se lewe en loopbaan is nie een wat eenvoudig begrawe kan word op grond van sy rasbeleid nie; daarvoor is sy nalatenskap eenvoudig te groot. Jan Smuts: Van boerseun tot wêreldverhoog is daarom ’n mylpaal in die Suid-Afrikaanse historiografie."
Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n lesersindruk
2017-10-13"Vir my moet enige verhaal waar sou kon wees om geloofwaardig te wees. Hierdie was veel meer as dit: dit was asof universele emosies en gedrag uit ’n bron van buite geneem is en op ’n vlak aangespreek is wat in ons almal se onbewuste teenwoordig is."
