Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Persvrystelling: Orwellington, The Buckfever Underground – poetry rock ’n roll
2020-12-03Orwellington, The Buckfever Underground – poetry rock ’n roll. Met gaskunstenaar Andries Bezuidenhout, Saterdag 5 Desember 2020, 19:00. Bôrdienghuis-teater, Wellington.
Reis in die tyd van korona: vinkel en koljander
2020-12-03"Op ons Oktober 2020-koronareis van Lusaka na Dar es Salaam onthou ek weer hoe gentlemanly gedrag grense kan oorbrug. Wat in normale tye ’n reis van twee en ’n halfuur moes wees, duur 36 en ’n halfuur. Ons bring 27 uur daarvan deur op Nairobi-lughawe, waar reuse-TV’s dag en nag Afrika se sokkerprestasies uitbasuin. Opgekookte hoender, wit brood en oorvloedige gebruik van gratis bier skuur aan my siel."
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met wenner Nichola Viviers
2020-12-02"Alhoewel die virusregulasies leë teaters tot gevolg gehad het, het dit beslis die idee wat ons van teater het en kan hê, vir ewig en totaal verander. Omstandighede het kreatiewe skeppers forseer om nuwe maniere van kuns maak te skep en DigiToneel is maar net een klein voorbeeld van hierdie uiters voordelige aanpassings."
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met naaswenner Jeanne-Marié Koekemoer
2020-12-02"Dit is ongelooflik om te sien hoe mense aanhou aanpas en vervorm binne hul gegewe omstandighede en ek dink dis vreeslik nodig om aan te hou beweeg, te verander en groei en dan met dinge soos digitale vertonings dit wel regkry en wel iewers kom."
ATKV-Tienertoneel 2020: ’n onderhoud met derdepryswenner Merwe van Gent
2020-12-02"Teater is vir my net so noodsaaklik soos water. Daarsonder sal die samelewing inmekaar tuimel."
Persvrystelling: Hierdie skrywers het die US Woordfeeskortverhaalbundel 2021 gehaal
2020-12-02Vier-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel, wat by die Toyota US Woordfees 2021 vanaf 17 tot 24 September te koop sal wees.
Hier en nou: ’n onderhoud met Lize Beekman
2020-12-02"Soos vir sekerlik al wat mens is, was hierdie jaar ook vir my ongewoon en ’n uitdaging. Ek het die meeste gesukkel met verlange na my geliefdes – om hulle te kan sien, my ouers ’n drukkie te kan gee en lekker kuiers rondom ’n tafel saam met vriende. Vir die res het die lewe my al die waardevolle les geleer om nie te baklei teen wat ís nie."
Suidoosterfees-aanbiedinge vir 3–6 Desember uitgestel tot 2021
2020-12-01In die lig van die situasie rakende die COVID-19-pandemie wat tans in die Wes-Kaap heers, word alle Suidoosterfees-aanbiedinge wat van 3 tot 6 Desember 2020 aangebied sou word, uitgestel tot 2021. Feesgangers kan direk met Computicket skakel vir terugbetaling van kaartjies.
Persvrystelling: Cordis Trust se Beiteltjies vier 2020 se uitdagings en diversiteit
2020-12-01Agt woordkunsskeppers en -fasiliteerders is op 30 November 2020 deur die Afrikaanse Woordkunsakademie met die Orde van die Beiteltjie vereer.
Woord van die jaar 2020: nog inskrywings
2020-11-30Hier is nog inskrywings wat ontvang is vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2020.
Persvrystelling: Dié NATi Jong Sterre moet jy beslis dophou
2020-11-27“Die waarde van jong kunstenaars wat saam met gevestigde kunstenaars werk, kan nie genoeg beklemtoon word nie. Vir ons by Suidooster is dit belangrik om by ontwikkelingsprojekte betrokke te wees, en dit is ’n riem onder die hart dat die Jong Sterre by Atlantic Studios, waar die sepie verfilm word, kon plaasvind.”
Persvrystelling: Deon Meyer en Coenie de Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater
2020-11-27"Deon Meyer en Coenie de Villiers beywer hulle lank reeds vir die ontwikkeling van jongmense met potensiaal. Hulle eerste produksie kon – in samewerking met die Atterbury Trust – bykans ’n miljoen rand skenk aan leerders in die Karoo. Die opbrengs van hierdie kaartjieverkope sal aangewend word om die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting se liriekskryf-mentorskapprogram uit te brei."
Persverklaring: “Ek wou nog sê ...” – Ode aan ’n lewende monument vir meertalige poësie
2020-11-26Programaanbieder en digter Daniel Hugo beskryf dié projek en die bloemlesings wat daaruit spruit as “’n monument vir al die tale van Suid-Afrika”. In elk van die tien episodes van “Ek wou nog sê ...” gesels hy met Afrikaanse digters oor hulle werk en hul uitkyk op die lewe. Seisoen 4 begin op Maandag 14 Desember om 19:30 op VIA.
Persvrystelling: Warmer voor die tuimeldroër-bekendstelling by Die Boer-teaterrestaurant
2020-11-24Danie du Toit stel sy eerste digbundel Warmer voor die tuimeldroër op 6 en 7 Desember by Die Boer teater-restaurant in Durbanville bekend.
Cordis Trust se Beiteltjies word wel in 2020 toegeken
2020-11-23Fanie Marais: "Met dié toekennings wil ons skryf-, dig-, drama- en liriekekuns aanmoedig met die klem op die ontginning van nuwe geleenthede. Ons wil belangstellendes uitnooi om in te skakel op ons beeldstroom op Maandag, 30 November 2020, op Facebook en op YouTube, en om saam met ons die inspirerende werk van die ontvangers te vier."
Woord van die jaar 2020: eerste inskrywings
2020-11-23Hier is die eerste inskrywings wat tot dusver ontvang is vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2020.
NATi Jong Sterre: Ek, Eva-produksie by Suidoosterfees 2020
2020-11-20"Hierdie produksie handel oor vrouwees. Dit volg die storie van drie verskillende vroulike figure wat deur ’n sisteem onderdruk word. ’n Sisteem wat bestaan uit patriargie, armoede, verlies, seer, ongeluk en vrees. Dit lê klem op die verskillende klasse van die samelewing soos hoër klas, middelklas en laer klas. Dit wys hoe vroue eintlik nie so ver van mekaar geskei is nie, want wat die een raak, het ’n effek op die ander een, ens." Hierdie geleentheid vind 22 November om 12:00 plaas.
NATi Jong Sterre: Kaap-produksie by Suidoosterfees 2020
2020-11-20"Alhoewel die storie afspeel in Kaapstad en kyk na die klank, kleur en kolonialisme van die dorp, gaan dit oor baie meer se 'djep' ('beroof'/'steel') as net daai. Die play is ’n kombinasie van Afrikaans, Afrikaaps, Engels en Gayle. Ek loer en leer maar van Afrikaaps by meesters soos Jitsvinger, Jethrow Louw en Niko10long." Hierdie geleentheid vind 21 November om 19:00 plaas.
Blomtyd in die Richtersveld
2020-11-19"Van Eksteenfontein af verander die landskappe dramaties soos ek uit die berge en in die sandveld in ry."
’n Gesprek met HemelBesem oor “Witbooi”
2020-11-19"Ja, kyk, hip-hop op sigself is maar iets wat ’n baie conscious movement is," antwoord hy. "Obviously, die commercial idea is nie waarvan ek praat nie." Volgens hom het kommersiële, radiovriendelike hip-hop wel ’n plek, ofskoon dit "baie middeweg" is. "Maar daar’s ’n rede daarvoor: brugbou."
