Persverklaring: Hoof- uitvoerende beampte gesoek vir Nuuseum MSW

  • 0

Daar is ’n vakature vir die pos van hoof- uitvoerende beampte van Nuuseum (’n maatskappy sonder winsoogmerk).

Nuuseum stel dit ten doel om ’n opvoedkundige hulpbron, wat ’n interaktiewe museum van nuus en joernalistiek is vir Afrikaans, in al sy verskyningsvorms, daar te stel, te bestuur, te administreer, in stand te hou en fondse daarvoor in te samel.

Die aktiwiteite sluit onder andere in, ’n dokumente- en argiefsentrum, ’n boeke-, video- en klankbiblioteek en die aanbieding van konferensies en inligtingsprojekte en aktiewe navorsing.

Die klem van Nuuseum is gerig op digitale argivering en die bou van netwerke om soveel moontlik inhoud in te sluit.

Belangstellende persone met die volgende vaardighede, word genooi om aansoek te doen.

  • Kundigheid oor die vestiging en instandhouding van die maatskappy; administratief en korporatief.
  • Kundigheid oor finansiële bestuur, wat die opstel en bestuur van bedryfs-, kapitaal- en kontantvloeibegrotings insluit.
  • Die vermoë om suksesvolle fondswerwing te bewerkstellig.
  • Die vermoë om netwerke en vennootskappe te ontwikkel en in stand te hou.
  • Kundigheid oor digitaliseringsprosesse en argivering en die toepaslike wetgewing.
  • Kundigheid oor die inklusiewe Afrikaanse geskiedenis, erfenis, kultuur en taal.

Stuur u CV, met verwysings, voor 21 Mei 2021 aan japie.gouws@mweb.co.za.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top