Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Reis in die tyd van die korona: onder vreemde hande
2020-12-23"Pyn is ’n gelykmaker. Ons mag verskillend treur, maar in die binnekant lê seerkry ewe diep."
Mediaverklaring: ’n “Venster” op vreemde tye
2020-12-23In hierdie tyd van begrensing en inperking deel Willemien haar musiekvideo “Venster” met LitNet se lesers.
Toast rig ’n gemaskerde satelliet op Roof en (Or)Wellington
2020-12-21"Toe Bob Dylan die Nobelprys vir Letterkunde gewen het, is daar op verskillende forums gesels oor die musiekteks as letterkundige instrument, maar doen ons werklik genoeg om ons liedjieskrywers se bydrae tot ons letterkunde te verreken?"
Persverklaring: Vervaardigers van Toorbos vra ondersteuning vir inskrywing by 2021 se Oscar-toekennings
2020-12-21"Die kwessie van vrouebemagtiging en -identiteit, asook ’n sentrale omgewingstema, sluit baie nou aan by vandag se tydsgees. Die film het ’n baie goeie kans om genomineer te word indien ons almal ons deel doen om dit daar te kry."
Mediavrystelling: Kurt Darren en vriende vier die goeie ou dae met ’n braai
2020-12-21Kurt het sy goeie vriende genooi vir ’n lekker saamkuierbraai om “Die goeie ou dae” te vier. Vriende soos Juanita du Plessis, Ricus Nel, Die Campbells, Jo Black, Martin Bester en nog meer verskyn in dié nuwe musiekvideo.
Persvrystelling: KKNK 2021 vir eers uitgestel as gevolg van pandemie
2020-12-18Die bestuur en direksie van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) het na deeglike besinning en met inagneming van die onsekerheid rondom die Covid-19-pandemie besluit om die fees wat vanaf 31 Maart tot 6 April sou plaasvind, vir eers uit te stel.
Mediaverklaring: Klein Karoo Klassique span saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes vir ’n eksklusiewe aanlyn Adventskonsert
2020-12-15Die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeugorkes (SANJO) se jaarlikse Adventskonsert word vanjaar aanlyn gehou – en vir die eerste keer aangebied in vennootskap met Klein Karoo Klassique en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK).
Ché sing en dans harte warm
2020-12-15"Ek kan definitief nie vergeet van die amazing span wat gehelp het om die video ’n sukses te maak nie: Ek en oom Ernst Kleinhans van Select het saam gewerk aan die skrywe van die liedjie. Die videowerk en die redigering was gedoen deur Christiaan Wolf en sy ongelooflike span. Die choreografie was gedoen deur ’n unbelievable danser, Ashley de Moore."
Persvrystelling: kykNET bring animasieflieks oorgeklank in Afrikaans vir die jongspan
2020-12-15Vanaf vroeg-Januarie 2021 saai kykNET splinternuwe oorgeklankte animasieflieks in Afrikaans uit. Die tradisie van animasie oorgeklank in Afrikaans strek dekades terug, waarvan gunstelinge soos Heidi ’n gesogte plek in die kanon van Afrikaanse televisievermaak het.
Siende blind – te ooglopend
2020-12-15"Ons ken hierdie karakters. Ons het hierdie storie al gekyk. Ons verwag meer."
Mediaverklaring: Kraakvars-kykgenot in Januarie – VIA is in hoogste rat!
2020-12-14VIA bied ’n voorsmakie van dit wat in Januarie jou TV-skerm gaan tref.
LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2020: wenner aangekondig
2020-12-14’n Woord kan ’n tydsgees vasvang. Die wenwoord is bepaal deur redaksioneel te stem oor die woorde wat deur ons lesers ingeskryf is. Die hoofoorweging was of die wenwoord oor 50 jaar die tydsgees van hierdie jaar sou weerspieël. Hier is die aankondiging van die wenwoord!
Deon Meiring eet ’n Bennie Griesel – en gesels musiek
2020-12-09"Daardie kinderlike verwondering is byvoorbeeld iets wat vir my belangrik is. Dit help my om meer verbeeldingryk te wees. Dis juis iets wat nodig is om sin te maak uit grense. Die verbeelding om te kan kyk na dit wat moontlik is, al is dit nog nie die noodwendige werklikheid nie."
Hertzoggies vir die Kersvakansie
2020-12-08"Van al hierdie politiekery het hierdie De Bakke-kind destyds niks geweet nie. Dit was ’n koekie uit Ouma se blikke en ek kon die son en die see daarin proe."
Woord van die jaar 2020: laaste inskrywings
2020-12-07Hier is die laaste inskrywings vir LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2020. Die wenner sal vandeesweek aangekondig word.
Persvrystelling: Meyer en De Villiers se Karoo Suites by Kaapse inryteater uitgestel tot vroeg-2021
2020-12-04Deon Meyer en Coenie de Villiers se gewilde Karoo Suite-tweeluik, wat op 10, 12 en 13 Desember 2020 by Atlantic Studios se inryteater aangebied sou word, word aangeskuif na 2021. Dié besluit is genoodsaak deur die skerp toename in COVID-19-infeksies waarmee die Wes-Kaap tans worstel.
Kingdoms of fire, ice and fairytales op Showmax: ’n resensie
2020-12-04"Dit is tog talle tuisblyers so grootste begeerte om tog net een keer ongesteurd (en in ons gewelddeurdrenkte land veilig) die natuur te kan waardeer en verken, veral ’n eksotiese, vreemde landskap waarmee ons dalk nie so vertroud is nie. En dit is juis wat hierdie twee vernuwende, verbeeldingryke en dapper vroue regkry."
Tuin van Digters 2020, ’n fotoberig
2020-12-03"Die jaarlikse Tuin van Digters, wat gewoonlik so na as moontlik aan die verjaarsdag van Breyten Breytenbach val, is vanjaar weens COVID-19-regulasies uitgeskuif na 27, 28 en 29 November. Die tema van 2020 was ‘grendels, slotte, sleutels’. NP Van Wyk Louw het in sy eerste reël van Tristia, XIVb geskryf: ‘Slotreëls is altyd sleutels meer as slotte.’"
Uitnodiging: Klinkklaar – virtuele huiskonsert
2020-12-03Jy word uitgenooi na ’n virtuele huiskonsert waartydens 21 toonsettings van gedigte oor afsondering uitgevoer sal word. Die konserte word gratis op 4 en 11 Desember om 18:00 op die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Facebook-blad uitgesaai.
