Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Persverklaring: kykNET se hoogtepunte, Maart 2021

LitNet kykNET Portaal 2021-03-05

Die boekklub is terug, maar daar is ook baie, baie meer!

Elders gesien: Namib100 – dag 5

Marika van Heerden Elders gesien 2021-03-05

"My hart, my siel, my asem, my alles lê in die sand tussen die duine van die Namibwoestyn en in die eindeloosheid van sy skoonheid. Dit loop deur my murg van die tyd af toe niemand my nog geken het nie."

Athlete A, ’n resensie

Leon van Nierop Film 2021-03-04

"Kykers moet weet dat ’n hulpelose woede jou beetpak as betrokke toeskouer van die wandade en die ontboesemings. Dis nie maklik om te sien nie."

Elders gesien: Namib100 – dag 4

Marika van Heerden Elders gesien 2021-03-04

"Die sandsnoere het soos ’n kunstenaar se verfstrepe en kwashale voor my uit gedans op die maat van sy eie musiek."

Persverklaring: Wesens eksklusief beskikbaar op Dstv BoxOffice vanaf 8 Maart

LitNet Film 2021-03-04

Hierdie raaiselagtige wetenskapfiksiefilm volg vier Suid-Afrikaanse Republikeinse Intelligensiediensagente wat ’n vreemde voorwerp ondersoek wat op 3 Desember 1967 op ’n boer se plaas in die Karoo geland het.

Soe lyk die toekoms van kuns: ’n onnerhoud met Cohnwille Swarts

Olivia M Coetzee, Cohnwille Swarts Onderhoude 2021-03-03

"Ek wil net vir vandag se jongmense sê dat moet nie jou omstandighede blameer om nie ’n sukses te maak van jou lewe nie, en dat jy moet glo in jouself dat jy wel ’n sukses kan maak en moet nooit opgee nie, want dit wat jy saai sal jy maai."

Elders gesien: Namib100 – dag 3

Marika van Heerden Elders gesien 2021-03-02

"Teen slaaptyd was my syn tevrede. Ek het vandag die ontheemdheid uit my lyf uitgestap en van hier af vorentoe sal ek net ek kan wees en daar waar ek gaan, daar sal ek gaan."

Persverklaring: 11de kykNET Fiëstas – glansryk en inspirerend

LitNet kykNET Portaal 2021-03-02

Ten spyte van die uitdagings en die beperkings as gevolg van COVID-19, het kreatiwiteit geseëvier om die uitvoerende kunste en gehore bymekaar te bring.

Vat ’n blaaskans met boeiende kykstof in Maart op VIA!

LitNet TV 2021-03-01

Van die hoogtepunte waarna jy kan uitsien, is ’n kykie na die onwettige onderwêreld van “cage fighting” en ’n besoek aan die Hell’s Angels-motorfietsbende in Johannesburg.

Waatlemoenskilpiekels

Karen Hart Kos en wyn 2021-03-01

"Dis hoe die ding met waatlemoenskille ’n nuwe wending geneem het. Ek het so ’n bietjie begin oplees, eers uit nuuskierigheid en toe met ’n gedrewenheid wat ek aan niks anders as hierdie virusvoosheid kan toeskryf nie."

Oscars: En die kortlys vir beste buitelandse rolprent is ...

Rick Bronkhorst, Anna-Marie Jansen van Vuuren Film 2021-03-01

"Dit beteken dat die 9 000+ lede van die Academy hoogs moontlik ook nie van Toorbos gehoor het nie. Wat hulle betref kan dit net sowel ’n nuwe vorm van tee wees – Rooibos se boetie of sussie."

Elders gesien: Namib100 – dag 2

Marika van Heerden Elders gesien 2021-03-01

"Duin op duin op duin. Om die ewige skoonheid van die Namibwoestyn te probeer vasvang in my wese en my gebeentes. Om die sand wat deur my lyf loop te voel lewe en om te weet dat ek gegrond kan wees al is die sand onder my los."

’n Behind-the-scenes dialoog met die produksiespan van Barakat – family is a mouthful

Tasneem Daniels, Amy Jephta, Ephraim Gordon Film 2021-02-27

"Unfortunately wassie vrystelling van die film uitgestel weens die coronavirus regulations. Maa kyk uit Kaapstad, Barakat kom op 28 Mei 2021 na ôs toe, net kôt na Labarang – miskien issit ’n excuse om die familie bymekaar te bring en ’n extended Labarang te het byrie baiscope!" Tasneem Daniels gesels met die PaperJet Films-span, Amy Jephta en Ephraim Gordon.

Tali’s #babydiary: TV review

Réney Warrington Lifestyle and entertainment 2021-02-25

"Here’s to Tali’s #babydiary building on this great start and taking South African television to a next level."

Om tot ’n STAND te kom. Gesprekke rondom die voortbestaan van die uitvoerende kunste in Suid-Afrika

Kanya Viljoen Teater 2021-02-24

"Met die Covid-regulasies het vele dansers, teatermakers, skrywers en feeste stil geword ... Nog meer, die infrastruktuur, of gebrek daaraan, is binne die sektor bevraagteken en opnuut bevestig. Dit is uit dié realiteit dat die STAND (Sustaining Theatre and Dance) Stigting geskep is. Een van hul eerste projekte was die loods van die Take-a-STAND-dialoë (in samewerking met die Toyota US Woordfees), ’n naweek van gesprekke tussen professionele teatermakers, dansers en kunstenaars wat verskeie vrae en kwessies binne die sektor benader het." 

Take-a-STAND-dialoë: ’n Pleidooi vir verandering

Emma Kotze Teater 2021-02-24

"Die Sustaining Theatre and Dance (STAND) Stigting het die afgelope naweek, 19–21 Februarie, ’n reeks paneelgesprekke in samewerking met die Toyota US Woordfees op Stellenbosch gehou. Paneelbesprekings vir die Take-a-STAND-dialoë was verteenwoordigend van ’n wye en diverse verskeidenheid stemme uit die dans- en teaterbedrywe, wat ’n spektrum van ondervinding en perspektiewe ingesluit het." 

Persverklaring: Luna Paige-trio op 28 Februarie by die Daisy Jones Bar

LitNet Musiek 2021-02-24

Musiekliefhebbers van Stellenbosch en die omliggende areas word uitgenooi om hulself te kom bederf by die Daisy Jones Bar op die Summerhill Wynplaas – skemerkelkies, iets lekkers om te eet en sielvolle songs is op die spyskaart. 

Elders gesien: Namib100 – dag 1

Marika van Heerden Elders gesien 2021-02-24

"Ek het gewonder of ek dalk Namibkoors het dat die gediertetjies my so aanraak. Maar in my dieper waters het ek geweet dat ek eintlik net die natuur in die gemak van sy eie vel gesien het."

Vinkel en koljander: Bokvet, wierook en mirre

Helena Opperman Reis 2021-02-23

"Maar dis Ouma Twaalf wat my bybly – die klein vroutjie met die groot gees wat ’n hele familie anker in ’n eeue oue kultuur. Sal wierook, mirre en die wondere van kameelmelk in die vergetelheid verdwyn as sy die dag nie meer daar is nie?"

 

Persverklaring: Nuwe digbundel in vennootskap met KKNK

LitNet KKNK 2021-02-22

Nou soek die samestellers na nuwe stemme – bydraes van digters wat tot dusver nog nie gepubliseer is nie, en as digter wil debuteer.

Top