Persverklaring: McGregor gedigtefees, skryfkompetisie 2021

  • 2

Skryf nou in!

Sluitingsdatum: 20 Julie 2021

Vanjaar se Tema: Die tuin van die bemind

Wie van ons het nog nie al dwalende die gebaande pad van die wêreld verlaat en vol verwondering in die tuin van die digter beland nie? Malligheid? Inspirasie? Die roep van die muse? Of die binnestem van die beminde? Wie het jou geroep? Hierdie jaar is die tema van die McGregor Gedigtefees Die tuin van die beminde.

Ons nooi  digters om te sing oor alle gedaantes en aspekte van die liefde of die beminde.

Stuur asseblief julle gedigte! Alles wat handel oor liefde, is welkom; van odes, elegieë en formele versvorm, tot vrye verse en kletsrym.

Kom deel julle vars oes van verse in die groot skuur van gedigte in die Tuin van die beminde.

Daar is twee kategoriee:

  • Volwasse digters – Prysgeld: R5000, R2500 en R1000 vir die 1ste, 2de en 3de plek.
  • Skolekategorie – Prysgeld: R2500, R1000 en R500 vir 1ste, 2de en 3de plek.

Daar is ook nog twee kontantpryse vir die erkenning van skrywerspotensiaal: Die Magdala- en Temenos-toekennings.

**

Inskrywings is welkom in beide Afrikaans en Engels. Stuur jou gedig na info@poetryinmcgregor.co.za.

Die sperdatum is 20 Julie 2021.

Skryf die woord KOMPETISIE in die epos se titel en noem ook jou naam, van en ouderdom/kategorie waarvoor jy inskryf.

Vanjaar se McGregor Gedigtefees vind plaas vanaf 27 – 29 Augustus.

Meer inligting by: https://poetryinmcgregor.co.za/

Alle fotografie: Dani’s Photos

 

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top