Voorstelle ingewag vir 2021 Helgaard Steyn-beeldhouprys | Call for nominations for the 2021 Helgaard Steyn award for sculpture

  • 1

'n Werk van Jackson Hlungwane (Foto: Izak de Vries)

Voorstelle ingewag vir 2021 Helgaard Steyn-beeldhouprys

Suid-Afrikaanse beeldhouers kom vanjaar in aanmerking vir die gesogte Helgaard Steyn-prys wat al om die vier jaar toegeken word aan uitmuntende werk in een van vier kunstedissiplines: musiekkomposisie, skilderkuns, letterkunde en beeldhou.

Van die land se voorste beeldhouers is al voorheen met dié prys vereer – onder andere David Brown (1989), Jackson Hlungwane (1993), Willem Boshoff (2001), Jan van der Merwe (2005), Wim Botha (2013) en Angus Taylor (2017).

By die aankondiging van Taylor as wenner vier jaar gelede, het hy gesê: “As iemand (soos die Helgaard Steyn Trust) jou opmerk, is dit ’n hupstoot en motivering om met jou werk voort te gaan. Dit moedig jou aan om verder te soek en te deel.”

Inskrywings vir werk voltooi tussen 2017 en 2020 word ingewag en sluit in vrystaande beelde en konstruksies, reliëfwerk en binnenshuise of opelug installasies in enige permanente medium en ook keramiek. Die werk moes vir die publiek te koop aangebied wees op ’n uitstalling of nou in ’n openbare ruimte besigtig kan word.

Kunsmuseums, galerye, kurators, kunskonsultante en kunste-administrateurs word aangemoedig om in te skryf deur die paneel van beoordelaars te voorsien van ’n nominasie met motivering, ’n curriculum vitae van die betrokke kunstenaar en besonderhede omtrent relevante kunswerke (insluitende visuele dokumentasie).

Die keerdatum vir benoemings is 26 Julie 2021 en meer inligting oor die prys asook die benoemingsvorm is beskikbaar op die amptelike webwerf www.helgaardsteynpryse.co.za.

Navrae kan gestuur word na nominasies@helgaardsteynpryse.co.za.

***

Holderstebolder, Angus Taylor (Foto: Izak de Vries)

Call for nominations for the 2021 Helgaard Steyn award for sculpture

South African sculptors are eligible for this year’s Helgaard Steyn Award, the prestigious annual award recognising excellence in four disciplines, alternating between musical composition, painting, literature and sculpture.

Past recipients of the Helgaard Steyn Awards for Sculpture include renowned artists such as David Brown (1989), Jackson Hlungwane (1993), Willem Boshoff (2001), Jan van der Merwe (2005), Wim Botha (2013) and Angus Taylor (2017).

As the last winner of the Sculpture Award Taylor commented: “The Helgaard Steyn Award for Sculpture tells me that I, for some part at least, have succeeded somewhere along the way. This inspires me to continue seeking and sharing.”

Work produced between 2017 and 2020 can be entered – including free standing pieces and constructions, works in relief, or enclosed or open-air installations in any permanent medium, including ceramics. The work must have been offered for purchase to the public or be currently displayed in a public space.

Art museums, galleries and their appointees, curators, art consultants and arts practitioners are invited to nominate artworks by submitting a statement of motivation, a curriculum vitae of the artist and the details of the artwork (including visual documentation) to the panel of adjudicators.

The deadline for nominations is 26 July 2021. Visit the website www.helgaardsteynawards.co.za for more information as well as the nomination forms.

Direct inquiries to nominations@helgaardsteynawards.co.za.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top