kykNET Mei 2021: Hoogtepunte

  • 0

In die Sop
Realiteitsprogram
Begin Woensdag 12 Mei om 20:00
Met Bertus Basson as aanbieder

Bertus Basson, sjef en restaurant-eienaar het al groot sukses gemaak… maar oor die jare ook baie foute gemaak en duur lesse geleer.

Nou wil hy graag daardie insigte deel met ander restaurant-eienaars wat soos ons, swaar getref is deur die pandemie. Hetsy ’n koskaravaan, fynproe- of familie-restaurant, Bertus en sy span is gereed om vinnig, ’n reuse verskil te maak en die suksesnaald van enige restaurant na Noord te swaai.

Lees meer hier: In die Sop.

In die Sop begin Woensdag 12 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Boer Soek ’n Vrou 14 Inskrywings is oop!
Realiteitsprogram
Met Marciel Hopkins as aanbieder

Woon of werk jy op ’n plaas?

Is jy ongetroud en op soek na jou ideale maat?

Skuif nader, want kykNET maak hulself reg vir die 14de reeks van Boer Soek ’n Vrou.

Ons is opsoek na boere wat bereid is om ’n kans te waag op liefde! Skryf NOU in om deel te wees van hierdie gewilde reeks. Manlike én vroulike boere van alle ouderdomme is welkom om in te skryf. Vat ’n kans, jy kan dalk net jou hart verloor!

Kliek hier om in te skryf: Boer Soek ’n Vrou 14 Inskrywings.


Die Byl
Drama
Begin Dinsdag 27 April om 20:00

Met Waldemar Schultz, Marvin-Lee Beukes, Lika Berning, Eric Nobbs, Milan Murray en Trudy van Rooy.

4 Mei

Byl ontdek ’n gruwelhuis waar ’n dogtertjie mishandel word. Fritz en Nicki moet vure doodslaan om Byl se werk en reputasie te red. En ’n onwelkome besoeker uit die verlede maak sy opwagting.

11 Mei

Die span trek in vervalle kantore in. Juan se verslawing dryf ’n wig in tussen hom en Shani. Frank wil permanent Dubai toe verhuis en daar loop ’n reeksmoordenaar rond wat vir hom ’n ideale vrou wil bou.

18 Mei

’n Skeepsvraghouer vol vermoorde kinders word met georganiseerde misdaad verbind. Frankie se obsessie met sy ideale vrou eskaleer. Byl en Nicki raak toenemend betrokke by Mischa se lewe.

25 Mei

Byl besef sy verlede wil hom net nie los nie en die bedreiging is erger as ooit. Die reeksmoordenaar blyk ’n jaloerse obsessie met een van die spanlede te hê. Byl betrek vir Lena by sy planne.

Die Byl begin Dinsdag 27 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Op my Eish!
Realiteitsprogram
Begin Donderdag 22 April om 20:00
Met Neels van Jaarsveld, en Henre Pretorius as aanbieder

6 Mei 2021

Neels van Jaarsveld kies ’n paar dames om saam met hom vrugte en groente te gaan uitsoek by die bekende Bloubakkie in Kleinmond wat hulle saam na ’n kinderhuis neem. By ’n tweede aktiwiteit, wat ’n gunsteling tydverdryf is van Neels, kry van die dames ’n branderplank les van die wêreld-kampioen, Tasha Mentasti. Medici word noodgedwonge geroep. Kom kyk of Neels iemand huistoe gaan stuur en of hy almal vir langer by hom wil hou.

13 Mei 2021

’n Paar senuweeagtige dames vaar uit op ’n boot om saam met Neels van Jaarsveld haaie van nader te besigtig. Die op en af oor die golwe is nie goed vir party se gestel nie, maar die haaie stel nie teleur nie. Later in die dag is Neels en van die dames opsoek na die bekende wilde perde in Overstrand. Neels het belangrike besluite om te maak oor of, en wie, hy huistoe wil stuur.

Op my Eish! Begin Donderdag 22 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Die Groenste Vingers
Realiteitsprogram
Begin Donderdag 22 April om 21:00
Met Edrien Erasmus as aanbieder

6 Mei

Pieter Honeyborne en Christina du Preez is in die kweekhuis saam met Edrien, Franz en Leon. Hulle moet ’n sambreel met blomme versier wat gebruik kan word vir ’n teepartytjie.

13 Mei

Die uitdaging vir Francois du Toit en Jeanne van Zyl wag is om ’n blommemuur te rangskik. Die tema is ‘alles wat groen is’ en hulle moet ook kunsmatige blomme gebruik.

20 Mei

Die blommeliefhebbers moet ’n voëlhokkie vir ’n plaastroue met blomme rangskik en die sterblom is die sonneblom. Corli Leonard en Nathan Groeners is saam met Edrien in die kweekhuis.

27 Mei

In die laaste uitklopronde is Marcel Augustyn-Clark en Xandri Redelinghuys se uitdaging om ’n ruiker wat hang te rangskik en ’n kleurbom van rose te gebruik.

Die Groenste Vingers begin Donderdag 22 April om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


G.I.L
Komedie
Maandae om 20:00
Met Bennie Fourie, Ashley de Lange, Hendrik Cronjé, Gershwin Mias, Ruan Wessels, Vele Manenje, Michelle Burgers en Frank Opperman.

3 Mei

Barry besluit dis tyd om die span se noodhulp vaardighede op te skerp. Prof kry ’n

besoeker wat sy en Tips se planne lelik deurmekaar wil krap.

10 Mei

Prof en Tips sit nie om dieselfde kampvuur nie terwyl Letricia die lewe hel maak vir ’n vrou van die kerk. En Barry se goeie bui word misbruik deur die res van die span.

17 Mei

Wanneer ’n vreemde klein tassie in die aankomssaal van die lughawe agterbly is dit nie lank voor totale paniek die lughawe tref nie.

24 Mei

Clive sê Barry voor om ’n verslag op te stel van alle verhoudings in die werksplek.

31 Mei

Clive kom vorendag met ’n slinkse plan om finaal ’n wig te dryf tussen Barry en Rietjie. Die gevolge daarvan op die res van die span het ook ’n sterk uitwerking.

G.I.L is Maandae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Spreekkamer
Aktualiteit
Dinsdae om 21:00
Met Suzaan Steyn as aanbieder

As daar een ding is wat ons almal uit die pandemie geleer het, is dit dat ons gesondheid en welstand groter prioriteit in ons lewens moet geniet.

Spreekkamer is ’n gesondheidsprogram wat fokus op holistiese gesondheid. Net op kykNET DStv-kanaal 144.

Die radio- en TV-aanbieder Suzaan Steyn is eersdaags terug op kykNET as gasvrou van die nuwe gesondheid- en welstand-program Spreekkamer.

Elke Dinsdagaand antwoord die Spreekkamer-span kwelvrae oor gesondheid met behulp van kenners, en maak namens jou ’n draai in die spreekkamers van dokters, sielkundiges, spesialiste en allerlei mediese praktisyns wat hoofstroom en meer alternatiewe behandeling beoefen.

Spreekkamer is Dinsdae om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


kykNET Sepies

Binnelanders
Sepie
Weeksdae om 19:30

Kort voor die winter begin, gaan BINNELANDERS jou lekker snoesig hou in Mei maand, want hoe kouer dit word, hoe warmer word dit voor die kleinskermpie!

Gaby besluit om saam met Karen ’n woonstel te deel, maar min het sy verwag dat Shaun Weyers ook deel van die nuwe huishouding gaan word. Dinge raak ’n bietjie hittig wanneer Gaby begin agterkom dat Shaun se stories nie sin maak nie, en wanneer sy vir Karen daaroor konfronteer, raak die gort stilletjies gaar in die woonstel. Maar verbeel Gaby haar, of is Shaun die duiwel self?

Die hel is behoorlik los wanneer Wimpie begin agterkom dat hy die hoofkarakter in Ilse se nuwe boek is. Maar is dit werklik so? Of kan dit toegeskryf word aan massa-histerie oor Ilse se puik verbeeldingsvlugte?

Tracy se tragiese ongeluk verander haar lewe handomkeer – en dan het Binneland Stereo ook natuurlik ’n opinie daaroor. Delia probeer haar beste om Conrad se ondersteunende "vrou in sy lewe" te wees, maar wanneer is genoeg nou eintlik genoeg? Smeulende gevoelens en yskoue interaksies sit nie altyd om dieselfde vuur nie... veral nie onder een dak nie.

Chanel het ’n droom wat sy baie graag wil bewaarheid – en Danny dink dit is dalk die perfekte tyd om haar nie net te help om die droom te verwesenlik nie, maar ook om deel te neem aan die gloeiende geleentheid. Maar hoe verduidelik ’n mens nou vir jou meisie waar jy rondkerjakker sonder om die aap uit die mou te laat?

Geheime het ’n manier om uit te kom, maar hoe ver sal jy gaan om joune te beskerm? Duidelik het sekere mense niks om meer te verloor nie, en wanneer die koue waarheid uiteindelik die lig sien is dit net die gevolge van die leuen wat nog ter sprake is.

Steve en Elana sit met die hande in die hare, want Ruan is ’n nuuskierige agie. Hoe probeer ’n mens ’n diep ondersoekende tienerseun se belangstellings bekamp wanneer die internet ’n mens vele webwerwe bied om jou nuuskierigheid uit te leef? Of kyk ’n mens maar anderkant in die hitte van die oomblik en hoop die storm woed homself uit?

Tracy vertrou nie baie mense nie, maar as daar een mens is wat sy glad nie vertrou nie, is dit Faf Gosslin. Wanneer dié man weer sy onverwagse opwagting maak, sien sy net moeilikheid. Maar hoe verduidelik sy haar witwarm wantroue in die man aan haar beste vriendin Maya?

Binnelanders is weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Suidooster
Sepie
Weeksdae om 18:30

Danni voel onseker oor die toekoms en waar sy in Siya, as nuwe assistent-pastoor, se prentjie pas. Siya ervaar ook al meer druk by die kerk omdat sy lewe nie heeltemal die beginsels en oortuigings van die kerk reflekteer nie en hy en Danni neem ’n groot besluit.

En asof Siya se lojaliteit en toewyding nie genoeg getoets word nie, moet hy oornag die kerk lei terwyl pastoor Phillips aansterk in die hospitaal. Alle oë is egter nie net op Siya nie, maar op arme Danni ook en kort voor lank word haar voorkoms ’n punt van bespreking…

Gaan Siya die mas opkom, of meer belangrik: gaan sy verhouding met Danni die uitdagings wat sy nuwe rol meebring die hoof bied? Vir die pasgetroude paartjie, Imraan en Kaashifa, is die huwelik beslis toe alles behalwe maanskyn en rose. En Imraan pluk vir hom ’n lat wanneer hy dit regkry om vir Kaashifa weer voor die kamera in te skuif.

Noudat Nicci terug in Ruiterbosch is, probeer Bridgette uit haar pad gaan om haar dogter hier te hou, maar Nicci se heraanstelling by Jacobs Property Developers skop ’n hele blik wurms oop: Tim en Nazeem hou nie daarvan dat die verlore dogter teruggekom het om weer haar plek as Bridgette se erfgenaam in te neem nie en Zoe en Nicci voel hulle moet mekaar die stryd aansê.

Wade se lewe begin vir die eerste keer in ’n lang ruk wending te neem wanneer hy ’n werk kry en iemand spesiaal se oog vang, maar wat hy nog nie weet nie, is dat die spesiale iemand se pa een van die moeilikste manne in Ruiterbosch is. Gaan Wade se liefdeslewe neerstort nog voordat dit regtig opgestyg het?

Suidooster is weeksdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Getroud met Rugby
Sepie
Weeksdae om 18:00

Liam vind uit van Candice en Markus se verhouding en bevind homself in ’n oomblik van swakheid saam met Cheryl. Hulle aandjie saam word op die lappe gebring en dit veroorsaak groot onsteltenis wanneer slegs Cheryl gestraf word.

Die salon ly onder Maryke se nuwe “klub.” Die pompoms kry ’n lelike veluitslag ná ’n oormaaksessie met goedkoop grimering en word tydelik deur ontkleeddansers uit Maryke se klub vervang.

Renate is keelvol vir haar swanger lyfie en wil gewig verloor. Die waarheid oor Amanda wat ’n wag omgekoop het om beeldmateriaal van Reitz se drinkery saam met minderjariges te laat verdwyn, word uitgelek.

Die Stryders gaan vir ’n fotosessie vir ’n gay-tydskrif, en die stadion bied ’n kettieskietkompetisie aan.

Amanda voel ongemaklik met ’n artikel oor Reitz en Ryno en raak nóg meer ongemaklik met hulle vriendskap.

Die Stryders word by ’n hoërskool aangehou… Nesie raak moeg vir die kroeg en soek ’n nuwe uitdaging.

Yvonne dryf Lulu teen die mure uit.

Getroud met Rugby is weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)


kykNET Storiefilms

Genoeg
Televisiefilm
Sondag 2 Mei om 20:00
Met Ilse-Lee van Niekerk, Geon Nel, Lea Viviers en Jacques Bessenger
Regisseur – Jaco Nothnagel

’n Jong vrou naby breekpunt beland by ’n meditasie-resort en vind uit wat werklik belangrik is in die lewe.

Genoeg is Sondag 2 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Rykie
Televisiefilm
Woensdag 5 Mei om 20:00
Met Laetitia Solomons, Royston Stoffels en June van Merch
Regisseur – Johannes Pieter Nel

’n Suksesvolle prokureur, keer terug huis toe nadat ’n insident van die verlede haar van haar familie vervreem het. Sy moet besluit wat is belangriker: Haar loopbaan of haar familie.

Rykie is Woensdag 5 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Madelein
Televisiefilm
Sondag 9 Mei om 20:00
Met Brümilda van Rensburg, Dorette Potgieter, Vinette Ebrahim en Neels Clasen
Regisseur – Lizé Vosloo

Madelein, gespeel deur Brumilda van Rensburg, is ’n hartsverhaal wat handel oor ’n ma-en-dogter verhouding wat slegs herstel kan word as Nina haar hart vir haar Ma se storie kan oopmaak.

Dis ’n komiese blik op ’n gesin wat skielik met ’n pittige Ouma en al haar geite moet saamleef.

Ook met Vinette Ebrahim, Dorette Potgieter en Neels Clasen.

Madelein is Sondag 9 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Nagvrees
Televisiefilm
Sondag 16 Mei om 20:00
Met Izel Bezuidenhout, Andahr Cotton en Liam Bosman
Regisseur – Nicola Hanekom

In elke teater is daar ’n legende van een of ander spook.

’n Klomp studente repeteer deurnag aan ’n toneelstuk wanneer dinge lelik skeefloop en gevaarlik raak.

Wie weet wie gaan oorleef.

Nagvrees is Sondag 16 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


Speelkamer
Televisiefilm
Sondag 23 Mei om 20:00
Met Bennie Fourie en Mila Guy
Regisseur – Francois Nolte

Wikus en Karen welgemoed se huweliksboodjie beland op die rotse.

In die proses word hulle soos skaakstukke rondgeskuif wanneer beide in ’n geveg rondom primêre residensie van hulle seuntjie betrokke raak. Sal hulle die regte besluite neem of meegevoer raak deur ’n sisteem wat dikwels deur rand en sent gedryf word.

Die speelkamer fokus op die verskeie elemente in ’n egskeiding waar alles nie altyd verloop soos wat dit moet nie.

Speelkamer is Sondag 23 Mei om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)


Lycra & Petticoats
Televisiefilm
Sondag 30 Mei om 20:00
Met Wian Taljaard, Nina Smit, Conradie van Heerden en Len-Barry Simons
Regisseur – Carla Smith

Dis die laaste dress rehearsal.

Sewe akteurs en ’n skaam pianis moet oor 24 uur die gehoor aan Romeo en Juliet voorstel – die een weier om te praat, die ander rou nog oor die Duitse regisseur wat weggeloop het en die res probeer net die choreografie onthou.

Die akteurs sweet, sing en skree op ’n stel wat vaagweg bekend lyk, en dit alles in hulle soektog na KUNS? Vreemd.

Die Beligtingsoperateur en die klankman het nie veel hoop nie.

Lycra & Petticoats shows Sunday 30 May at 20:00 op kykNET (DStv channel 144).


kykNET&kie (DStv-kanaal 145)

Koortjies met Jonathan Rubain
Gospelprogram
Sondae om 18:00
Met Jonathan Rubain as aanbieder

2 Mei

In hierdie episode gesels ons oor geloof in die werksomgewing. Hoe navigeer jy moeilike en ongemaklike situasies. Hoe gedra jy jouself? Hoe reageer jy teenoor ander gelowe? In die ateljee kuier Arendsvlei se Merlin Balie en Jonathan se vriend Jayson Sheldon.

9 Mei

Dis Moedersdag, en ons vier hierdie spesiale dag met Suidooster se Jill Levenberg en haar ma. Die Pinkster-mamma, Gerty Ryan, kuier saam en vermaak ons met haar musiek.

16 Mei

In hierdie episode gesels ons oor hoe om met setbacks in die lewe te deal. Marlene le Roux het al ’n string van set-backs in haar lewe gehad, en kom deel hoe sy daarmee cope. Herton Joseph, aka DfeatSA, kom deel ook sy hartroerende storie met ons.

23 Mei

Dis Pentacost Sondag, en in hierdie episode nooi ons twee kenners, Pastoor Vincent Alexander en Apostel Eugene Angers om met ons hieroor te kom gesels. Elsimio (Dimmy) Smit kom vermaak ons met een van sy optredes.

30 Mei

Wat gemaak wanner jy slegte nuus van die dokter ontvang: jy het ’n terminale siekte? Hierdie week kom vertel jazzlegende, Sammy Webber ons meer oor toe hy gediagnoseer is met MS. Twee verteenwoordiges van Nazareth House kom deel hulle ervaring met ons.

Koortjies met Jonathan Rubain is Sondae om 18:00 op kykNET & kie (DStv-kanaal 145)


Arendsvlei
Telenovela
Maandae tot Donderdae om 19:30

Dis asof die drama net nie end kry in die Vlei nie! Bompie Galant (Jarrid Geduld) is after tralies, sy ma, Dorothy (Ilse Klink) en sy suster, Angelique (Chelsea Thomas), is skoonveld en Wendy (Rehane Abrahams) sit agteroor.

Terwyl Daniel (Cantona James) nie gaan stop tot hy vir Angel uit haar ma se kloue kan red nie. Mens sal dink Wendy het ook nou die boodskap gekry om vir Debra uit te los, maar nee, sy wil haar saak stel!

Maar wat sy nie weet nie is dat Debra stukkie vir stukkie uitvind wie haar ma rêrig is. Met Langes om die regte pad kan mens net hoop hy sal vir Debra die waarheid vertel oor haar ma. Is Wendy se dae getel?

Arendsvlei is Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145).


kykNET NOU! (DStv-kanaal 146)

MAESTRO AND THE EUROPEAN POP ORCHESTRA
Konsert
Sondag 2 Mei 2021 om 12:00

Maestro Guido Dieteren is ’n bekende Europese orkesleier, vioolsolis en komponis. Hy en sy orkes bewys dat pop en klassieke musiek harmo-nieus saamgaan.

Maestro and the European Pop Orchestra wys Sondag 2 Mei 2021 om 12:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146).


#RYMNET
Musiekvideo’s
Begin Vrydag 7 Mei om 20:30

Op 7 Mei 2021 is daar ’n splinternuwe musiekblok, spesiaal nét vir julle - permy hip-hop.

Kom sing saam, kom gesels saam, kom RYMNET! Elke Vrydag, tussen 20:30 en 21:00 gaan daar net ge-hip-hop word in #RYMNET. We are making the circle bigger, so dit gaan sommer op twee kanale gelyktydig uitgesaai word!

#RYMNET gaan op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) én op kykNET LEKKER (DStv-kanaal 148) te sien en te hoor wees. Indien daar nog ’n song in jou binnekant broei, stuur dit sommer nou vir ons.

Rym jy in Afrikaans, AfriKaaps, Nam-Afrikaans (à la V.I.T.O.) of Funky-Kaans (à la Early B)?

Kom wys ons!

#RYMNET begin Vrydag 7 Mei om 20:30 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146) en kykNET Lekker (DStv-kanaal 148).


kykNET Lekker (DStv-kanaal 148)

Ons Sprokiesbruilof S1
Realiteit
Saterdag om 20:00
Met Sorina Erasmus as aanbieder

Linda en Rikus se lewens het draaie geloop voor hulle weer bymekaar gebring is deur ’n motorongeluk waarin Linda se man oorlede is.

Giovanno het Mannoline se hart gesteel toe hy ’n jaar vir haar gewag het terwyl sy in die Kongo as mediese beampte gewerk het.

Christo het haar irriterend gevind en Ella het gedink hy is te groot vir sy skoene toe hulle op skool saam was, maar jare later het Christo weer sy eerste liefde gevind.

Ons Sprokiesbruilof S1 is Saterdae om 20:00 op kykNET Lekker (DStv-kanaal 148).


fliekNET

Vaselinetjie
Rolprent
Vrydag 28 Mei om 20:30
Met Marguerite van Eeden, Arno Greef, Elzet Nel en Elani Dekker

’n Film oor die soeke na identiteit en die lang pad om te ontdek wie jy werklik is. Die mag van liefde en ons vermoë om ten spyte van alles wat teen ons saamsweer, te triomfeer.

Vaselinetjie is Vrydag 28 Mei om 20:30 op fliekNET (DStv-kanaal 149).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top