Poësie
Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.
Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:
- Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
- Publikasie is onderhewig aan keuring.
- Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
- LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
- ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
- Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
- Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur.
- LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
Sterkte met jou skryfloopbaan!
...
Read poetry by established and emerging poets.
If you would like to submit your poetry, please read the following:
- Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
- Publication is subject to a selection process.
- Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
- LitNet offers no compensation for published poems.
- The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
- If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected.
- LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Best of luck with your writing career!
Ons land verdrink in bloed
2022-11-24"Ons land verdrink in bloed
want ons laat haat
soos onkruid
in ons harte aanteel."
Triomfantlike troos
2022-11-24"en verby ons huis
weerklink dwarsfluitklanke
waar die skepping juig
in tortelgesang"
Greep op Gister
2022-11-17"oopoog die hede herroep
in sig sonder heldersien
het ek my hande saam gevou
weer andersom probeer bid"
Maandans
2022-11-17"Onder ’n Turkse halfmaan
in die gietende reën
was jou dansende semiotiek
iets moois om te sien"
Bootjie van papier
2022-11-10"wanneer water in leivore loop
voel ek my eens weer klein
in ’n bootjie van papier"
Vlugvaart
2022-11-10"vlug sy na binne
daar waar die sagte rimpelings
van haar hartklop
nog in die skemer kan dans."
Gorée-verbeeltenisse
2022-11-03"Hiér dans ons met die droom
Wanneer dit rooi tot woorde op die oggend se lip
Hier onthou ons ’n wind
Wat die voorouers besing"
Heelalsboodskap
2022-10-27"jy was ook nie hier nie
maar voëltjies het uitgelate gesing
die dag het geboorte geskenk
aan ure wat weg kon vlieg"
Drie gordyne
2022-10-20"dat elke tweede Jan Rap
– hoewel moreel bankrot –
suksesvol op korrupsie floreer"
Gedig as mobilisering
2022-10-20"Hoe maak ons die gedig los van geskiedenis,
filosofie en die samelewing se tegnologiese-
kultus-kultuur?"
Oggendvers
2022-10-13"voor die dagbreekhaan kraai
wil ek iets vir jou skryf
want ek moet ’n wens vir jou los
by die suiderkruis se laagste punt"
