
Foto: Canva
My Labirint
vir Leandro
en nou,
my kind,
van die ondeurdagte drank
het my lewer
soos ’n skuldige gewete vergroot
ek sluit my oë
en teken my testament
op my handpalm
met neon kapsules,
om te neem soos benodig
hier is jou erfstuk
my labirint

