PRH/LAPA-Uitgewersportaal
|
On the 1st of July 2013, Penguin Random House became the first truly global trade book publisher. Unifying two of the most famous names in publishing, the Penguin Random House stable of writers includes more than 70 Nobel Prize laureates and hundreds of the world's most widely read and best-loved authors. It employs over 10,500 people globally across almost 250 editorially and creatively independent, imprints and publishing houses, who collectively publish more than 15,000 new titles annually. LAPA is ’n afdeling van Penguin Random House South Africa. Penguin Random House South Africa | Contact PRH SA |
Die groot koelte deur Leon de Villiers: ’n lesersindruk
2019-08-12"Leon de Villiers is bekend vir sy eerlike hantering van aktuele kwessies, tog is dit sensitief genoeg om nie aanstoot te gee nie. Sy boeke maak dit vir jong lesers moontlik om te verstaan waardeur ander tieners gaan en om ʼn kapasiteit vir empatie te ontwikkel."
Skrywersonderhoud: André Krüger oor Redelike hoeveelheid moeilikheid
2019-07-31"My proses is benaderd chaoties. My proses is die anti-proses. Ek doen wat ek kan, wanneer ek kan en waar ook al ek kan. My notaboek gaan waar ek gaan, want ek het al geleer dat ek myself 'n rat voor die oë draai as ek dink ek sal later die guitige sin, gedagte of idee onthou wat ek nou net uitgedink het."
Sypaadjie-videogesprek: Izak de Vries gesels met Alma Rossouw
2019-07-12Kyk na 'n videogesprek met Alma Rossouw oor Sypaadjie toe die boek onlangs bekendgestel is.
Om tot verhaal te kom: ’n videogesprek met Lizette Rabe rondom skryfterapie
2019-07-03Deur elke dag te skryf, kan jy verhalend tot verhaal kom Probeer sin maak met sinne wat nie wil sin maak nie. Kyk na ’n videogesprek met Lizette Rabe.
Doodsengel: ’n onderhoud met Madelein Rust
2019-07-03"’n Mens skryf met passie en oortuiging juis as jy geraak word deur pyn."
Alma Rossouw en André Terblanché loods nuwe werk
2019-06-27Op Donderdag 20 Junie het die skrywer Alma Rossouw en die sanger André Terblanché nuwe werk bekendgestel by die Bôrdienghuis, wat deel is van die Breytenbach-sentrum op Wellington.
Smit Motors deur Réney Warrington: ’n resensie
2019-06-20"Die boek is goed. Punt. Dit sal jou laat lag en huil. Die taalgebruik is pragtig. Die karakters is goed ontwikkel en die storielyn eenvoudig, dog baie treffend en meesleurend."
The Wall deur Max Annas: ’n resensie
2019-06-11"Lesers mag dit interessant vind – dis ’n taamlik ongewone aanslag – en ander sal dalk wonder of die skrywer nog ’n paar bladsye by die dun slapband wou voeg."
Die Groot Jaco Jacobs-storieboek deur Jaco Jacobs: ’n resensie
2019-05-23"Dié boek is ideaal vir die beginnerleser, veral kinders tussen 7 en 12 jaar, en die verhale is gepas vir seuns én meisies. Daar is ’n goeie balans tussen die illustrasies en teks en dis ook verfrissend om te sien dat die illustrasies nie aangepas is om konsekwent te wees vir die omnibus nie."
Min Shaw: Sprokie van ’n liefling deur Shaun Andrew Mynhardt: ’n lesersindruk
2019-05-23"Benewens die hordes kleurfoto’s en die teks wat Shaw se lewe dokumenteer, bevat die boek ook ander interessanthede. Daar is byvoorbeeld persoonlike boodskappe van haar aan haar ondersteuners ingesluit."
Kanker Schmanker deur Madelein Rust: ’n resensie
2019-05-21"Madelein span haar kennis van die sielkunde in om spanningsromans te skep, maar Kanker Schmanker, ’n outobiografie, is haar eie spanningsverhaal. Hierin laat sy die leser in haar binnekamer toe waar sy ’n intens persoonlike verhaal van lief en leed deel."
Smit Motors: ’n onderhoud met Réney Warrington
2019-05-21"Ek beplan die beste aan ’n nuwe boek op ’n lang, oop grondpad met goeie musiek oor die radio."
Moederskap ondersoek in vyf tekste
2019-05-10Moederskap is ’n vreemde ding. LAPA Uitgewers het vandeesmaand vyf boeke wat handel oor moeders en moederskap. Twee is ernstig, twee is lig en een is ’n sprokie.
International honour for graphic novel on Shaka
2019-05-06Shaka Rising: A Legend of the Warrior Prince has been named a 2019 Honor Book by the Children’s Africana Book Awards. Luke Molver, the illustrator and co-author, will attend the award ceremony at the Smithsonian Museum of African Art in Washington, DC.
Jaco Jacobs wen twee Akademiepryse
2019-05-06Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het bekendgemaak dat Jaco Jacobs vanjaar se Scheepersprys vir Jeugliteratuur wen vir sy jeugroman Dinge wat ek nie van skape geweet het nie en dat hy bekroon gaan word met die Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur vir die rympiesboek Moenie hierdie boek eet nie.
Bloedlelie deur Jeanette Ferreira: ’n resensie
2019-04-25"Bloedlelie is ’n veelvlakkige, fyngesnaarde werk en Jeanette Ferreira se vyfde historiese roman. Hiermee steek sy weer eens haar kleim af as ’n belangrike en gesaghebbende skrywer op die gebied."
Video: Bekendstelling van Boodskapper van die gode deur Murray La Vita
2019-04-18Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita is Dinsdag 9 April by The Book Lounge bekendgestel. Izak de Vries het met hom gesels.
Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita: ’n resensie
2019-04-12"Sommige van die skrywer se ervaringe en waarnemings is so verstommend, dis asof die gode wél ingegryp het. Die bundeltitel verwys juis na Hermes, die boodskapper van die gode. Ook na ’n soort tikmasjien wat ’n skrywer soos Etienne Leroux gebruik het. En kyk net watter woorde het hý teweeggebring!"
Bloedlelie: ’n onderhoud met Jeanette Ferreira
2019-04-04"Vergifnis is ’n swaar ding, insig en berusting des te meer. Niks is soos dit vir ons lyk nie, nie eens die sterre nie."
Al wat oorbly deur Santie van der Merwe: ’n lesersindruk
2019-03-07"Ten slotte is Santie van der Merwe se roman 'n eenvoudige, maar tog betekenisvolle verhaal oor familie, verhoudings, verantwoordelikhede en die lewe."

