Nuut by LAPA: November 2019

  • 0

Kristel Loots is altyd reg om uit te daag. Haar nuwe boek is geen uitsondering nie. Sy is soos ’n Zen-meester sonder die tierlantyntjies. Lees dit en beleef dit. Vir mense wat hou van opgewipte wenkbroue is die pastoriemoeder René van Zyl reg om vriend en vyand wakker te skud. Meer spiritueel, maar ewe spannend, is Anneleigh Jacobsen se korporatiewe riller wat gebaseer is op ware gebeure in die Suid-Afrikaanse sakewêreld.

Ons het twee uitstekende niefiksieboeke ook: Waldimar Pelser ontsien niemand nie en Henry Trotter krap in die Kaapse geskiedenis om die hede te verstaan.

Ons kinderboeke lewer weer ’n besondere oes. Bianca Flanders, die bekende aktrise, se debuut is merkwaardig, met Fanie Viljoen en Jaco Jacobs wat ook nuwe werk lewer. Tog is daar baie meer.

En soos altyd: Waar daar LAPA is, is daar liefde in die Romanza-afdeling.

***

We are proud to introduce two brand-new English-language authors and bring you the much-awaited second book of another. Anneleigh Jacobsen’s fictional corporate thriller is based on a number of real-life financial scandals which have rocked South Africa. It shows a deeply spiritual South Africa juxtaposed with sex and corporate greed.

Well-known actress Bianca Flanders embraces natural hair in her beautiful debut, while Henry Trotter returns with a provocative look at Cape Town’s underbelly.

That is not all: We have also created an English-language version of our mega-selling Tippie-series.

 

Fiksie | Fiction

Corporation games
Anneleigh Jacobsen
Imprint: Eyebrow
Corporate thriller
9780799398458
R295,00

What happens when the spirit world of Africa clashes with corporate greed?

Why have the tokoloshes been sent to sniff out evil in Sandton?

How come the shades begin to move behind the automated sliding doors in the silent coolness of marble where money talks louder than people?

Georgie leads a highly-skilled team of eager brand managers. They get the figures, understand the consumer and know when to give the weary buyers slack. Why then does the MD of Nielsen throw his toys?

More than 500 km away, in rural KwaZulu-Natal, Sindiwe, a smart, modern woman, learns more about the ancestral world than she has ever wished to.

This fictional corporate thriller is based on a number of real-life financial scandals which have rocked South Africa. The sex, money and greed of the corporate world are pitted against the quiet resilience of rural African people. The end will leave you in awe.

* * *

Hierdie fiktiewe korporatiewe spanningsverhaal is gebaseer op verskeie werklike finansiële skandale. Die seks, geld en gierigheid van die korporatiewe wêreld staan in sterk kontras met die stil, aanpasbaarheid van Suid-Afrika se platteland. Die einde sal jou asem wegslaan.

 

Eendag is nou
Kristel Loots
Druknaam: LAPA
Algemene Fiksie
9780799398427
R285,00

Jacomien se lewe bestaan daaruit dat sy haar man, ’n eiendomsagent, na begrafnisse vergesel om te ‘netwerk’ en huise, wat te koop mag wees, op te spoor. Dis een van die rare maniere waarop die nimlike JanKoos sy sake bedryf en, goeie vrou wat sy, is ondersteun sy hom daarin.

Maar Jacomien is moeg en verveeld met JanKoos en hulle manier van lewe. Sy verlaat die gesin se huis in Panorama om in ’n strandhuis te gaan bly. Haar lewe lank wag sy op eendag om waarlik gelukkig te wees, net om met ’n donderknal te besef dat eendag nie meer op háár wag nie. Eendag is hier, eendag is nóú. Jacomien is amper sestig en Vader Tyd is ’n ou bogger wat niemand ontsien nie. Ook die mooie Jacomien se uurglas loop leeg.

Om die kroon te span is haar twintigjarige dogter Klara begogel met haar filosofieprofessor en Jacomien, immer die ‘interfering mother’, se bekommernis hieroor dryf haar om nader kennis te maak met hierdie akademikus; want Jacomien dra die letsels van haar eie aaklige ervaring aan dieselfde universiteit. Een verkeerde keuse het ’n skadu oor die res van haar lewe gegooi en haar in ’n rigting gestuur waarin sy nie werklik wou gaan nie.

Maar haar hart is honger vir liefde en sy besef gister is verby, aan môre kan sy niks doen nie, maar sy kan elke dag leef asof dit haar laaste is. Want ‘eendag’ is nóú.

* * *

Jacomien is tired of her husband. She’s been waiting her entire life for that one day when she will be happy, only to realise that one day isn’t waiting for her anymore. One day is here. One day is now.

 

Die alfadokument
René van Zyl
Druknaam: Wenkbrou
Spanning
9780799396799
R340,00

Nadat die biljoenêr, Nico Cohen, die stigter van die Nikolaïete, ʼn berugte internasionale geloofsorde, sterf, erf sy twintigjarige dogter, Michaela (’n loskop sosiale vlinder), sy posisie. Die oorblywende direkteure van die Orde, waarvan die hoofkantoor in Kaapstad gesetel is, die Groot Ses, raak vinnig van haar en haar suster ontslae. Michaela word met weggesteekte dwelms betrap en lewenslank in ʼn Thaise tronk opgesluit. Haar jonger suster, Michelle, word na ʼn klaarblyklike ineenstorting in ʼn Italiaanse kliniek opgeneem.

Michaela sou die res van haar lewe in die tronk slyt, was dit nie vir die Bybelsmokkelaar en voormalige Britse soldaat, Josh Young, nie. Hy vermoed sy swanger vrou is deur die Orde vermoor en wil hulle ontmasker vir wie hulle werklik is. Slegs met Michaela se kennis oor die organisasie kan hy die hart van die Orde binnedring en die Groot Ses se duistere geheime ontbloot. Hierdie geheime is saamgevat in die verlore Alfadokument wat hulle nou moet opspoor.

* * *

Die Alfa dokument promises to possibly be one of 2019’s biggest favourites. The author filled an enormous gap in the market with a conspiracy thriller that will easily appeal to readers of international and local suspense novels. She deserves credit for strong, human protagonists on both sides of the spectrum – good and evil, male and female.

 

Niefksie | Non fiction

In gesprek met Waldimar
Waldimar Pelser
Druknaam: LAPA
Politiek, niefiksie
9780799396157
R260,00

Hy noem Julius Malema ’n “rassis, diktator en fascis”, die ANC “ ’n spul kripvreters” en oudpres. Jacob Zuma ’n “korrupte, seksistiese politieke tsotsi”.

Waldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop – ook pres. Cyril Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry.

In Gesprek met Waldimar is ’n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.

* * *

This is a collection of 100 of the best and bravest intros for which Waldimar Pelser has become known on his tough-talking TV shows. He calls Malema a racist, Zuma a tsotsi, and makes Mmusi Maimane dance. In forensic detail, Pelser sets his sights on every fool and crook who wants to thwarts efforts to make South Africa succeed.

 

Cape Town: A place between
Henry Trotter
Imprint: Catalyst press
Non-fiction
9781946395252
R195,00

Cape Town is a place between two oceans, between first and third worlds, between east and west. The majority of its citizens: a people between black and white, native and settler, African and European.

How can we understand a city that is most assuredly in Africa, though not—seemingly—of it?

By exploring this city’s tween-ness, we can begin to understand the soul of this town—haunted by its past, unsure of its future.

This is a short book of just over 100 pages; it allows readers to quickly identify the unique pulse of the city, as well as its throbbing historical, social, cultural and political beat that underlies the transactions between all Capetonians.

This is not a substitute for a traditional guidebook, but a perfect companion to one, filling in the intimate details that other books leave out.

* * *

Kaapstad is 'n plek tussen twee oseane, tussen eerste en derde wêrelde, tussen oos en wes. Die meerderheid van haar burgers ook: 'n volk tussen swart en wit, inheemse mense en setlaars, Afrika en elders. Dié boek is die perfekte metgesel vir ’n reisgids, of jy nou grootgeword het in Kaapstad, of net ’n paar uur daar wil deurbring.

 

Vir die jongspan | For the young ones

101 Nagmerries
Jaco Jacobs
Drukaam: LAPA
Kinderfiksie
Ouderdom: 11+
9780799393835
R300,00

Jaco Jacobs ontvang ’n brief van ’n aanhanger wat hom uitnooi om verniet sy hut in die woud as skryfplek te gebruik. Dit klink ideaal! Maar daar is ’n vangplek … Die aanhanger is die Vreesvreter: ’n vreesaanjaende monster wat vir die arme Jaco Jacobs dwing om grilstories te skryf om kinders bang te maak. En so begin Jaco skryf: 101 nagmerriestories – die een grilleriger as die ander!

Jaco Jacobs se grillerige stories word lewend gemaak deur die pragtige illustrasies van die kunstenaar, Imile Wepener. Die 296 bladsye vol stories en kunswerke maak hierdie hardeband boek ’n ware versamelstuk vir enige kind of Jaco Jacobs-aanhanger.

* * *

Meet the monsters underneath your bed … Ghosts. Vampires. Werewolves. Monsters. Aliens from outer space. This brilliantly, creepy book contains 101 stories, rhymes, poems and comics that will make your hair stand on end and give you shivers down your spine – and make your toes curl from delight!

 

Olke bolke, Lulu
Fanie Viljoen
Kinderfiksie
Druknaam: LAPA
Ouderdom: 7+
9780799397741
R150.00
9780799397741

Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar tekenboek te skets nie.

Daar is ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – die reuk van babapoeier! Lulu stem in om ’n paar dae lank ’n baba te help versorg. Klein Wikussie is die oulikste baba op aarde (behalwe as hy verrassings in sy doek maak) – en dit is groot pret om vir hom babakleertjies te ontwerp!

By die skool het Lulu egter probleme. Greta, die nuwe meisie in hulle klas, lyk baie gaaf, maar agter Lulu se rug vertel sy allerhande nare dinge ... Sy reken Lulu is glad nie so ’n goeie ontwerper as wat almal dink nie! Greta spog dat sy selfs beter klere as Lulu kan ontwerp.

Lulu besluit om die uitdaging te aanvaar. Sy en Greta gaan ’n modevertoning hou ... en kyk wie die mooiste babaklere kan ontwerp! Maar het Lulu dalk vir Greta onderskat?

 * * *

Lulu dreams of becoming a fashion designer. Then a strange smell appears in their house – a baby! It’s a lot of fun making baby clothes for him. But Greta, the new girl in class, thinks she’s a much better designer than Lulu – and they decide to have a fashion show!

 

Pumpkin finds her queen | Prinses Pampoenpit
Bianca Flanders
Kinderfiksie
Druknaam: LAPA
Ouderdom: 3+
9780799395815 (Engels) | 9780799395808 (Afrikaans)
R140,00

 

“Pumpkin had a secret,
Something that made her sad …
Pumpkin didn’t like her hair.
She thought her curls were bad.”

Pumpkin Pie has a secret. She doesn’t like her hair at all! Her wild locks just won’t be tamed. She can’t hide even her curly hair. Why can’t her hair just look like those of her friends?

Soon, though, Pumpkin discovers that her wild, curly hair makes her unique.

The book ties in with important debates surrounding the styling of natural hair. It is not something that has ever been discussed in traditional, Western children’s books, yet it is a topic of contention on the majority of households in this country.

Bianca Flanders is an actress, voice artist and teacher based in Cape Town. She graduated from the University of Cape Town (UCT) in 2011 with a degree in Theatre and Performance, then went on to obtain her Postgraduate Certificate of Education in 2012, also at UCT.

More importantly, Bianca understands hair. Like Pumpkin, Bianca has had to learn to lovw the lovely curls she was born with.

* * *

“Pampoenpit het ’n groot geheim,
iets wat haar vreeslik pla.
Hoe raak sy van die krulledos
op haar kop ontslae?”

Pampoenpit het ’n geheim. Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie?

Op ’n dag ontdek Pampoenpit dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees!

Dié boek skakel in by debatte rondom die dra van hare op ’n natuurlike manier. Dit is iets wat nie juis in enige tradisionele Afrikaanse boeke aangespreek word nie, maar tog elke dag ter sprake kom in die oorgrote hoeveelheid huishoudings in ons land.

Bianca Flanders is ’n aktrise, stemkunstenaar en onderwyser wat in Kaapstad woon. Sy het haar graad in Drama- en Teaterstudie aan die Universiteit van Kaapstad (UK) behaal in 2011; in die daaropvolgende jaar, het sy ook ’n nagraadse sertifikaat in onderwys by UK verwerf.

Belangriker nog: Bianca verstaan van hare. Sy het geleer om lief te wees vir haar krullebol en tree gereeld by geleenthede op om jongmense aan te moedig om, soos Pampoenpit, lief te wees vir die bos hare waarmee hulle gebore is.

 

Sasha word stil
Jaco Jacobs
Druknaam: LAPA
Kleuterfiksie
Ouderdom: 3+
9780799395877
R140,00

Elke Saterdagoggend gaan doen Sasha en haar gesin inkopies. Die motor vleg deur die besige verkeer.

Mamma loer in die spieëltjie.

“Waarom is jy vandag so stil, Sasha?” vra sy.

Sasha glimlag net en beduie met haar vinger voor haar mond. Sy spits haar ore. En luister.

Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei.

Hierdie splinternuwe prenteboek deur Jaco Jacobs bevat pragtige illustrasies deur die kunstenaar Angela Banks, wat ’n klassieke, kunstige element aan die teks verleen. Die sterk fokus op geluide en musiek maak hierdie ’n baie prettige voorleesboek en ’n uitstekende manier vir ouers of onderwysers om kinders aan geluide bloot te stel.

* * *

Why is Sasha so quiet today? She’s listening … To the sounds of the cars in the city, the buzz of voices in the shops, the peaceful cooing of a dove in the garden … And a wonderful idea starts growing.

 

Oupa se medalje
Phil Earle
Vertaal deur Jaco Jacobs
Kinderfiksie
Druknaam: LAPA
Ouderdom: 5+
9780799395822
R115,00

Marko se oupa is die dapperste mens wat hy ken – hy het selfs ’n medalje om dit te bewys! Saam gaan hulle op allerhande avonture soos ruimtereise en wilde jagtogte – sonder om eers die huis te verlaat! Maar toe Oupa alleen op sy laaste avontuur moet gaan is dit Marko se beurt om dapper te wees. Maar Oupa het vir hom ’n baie spesiale verrassing agtergelaat …

Hierdie boek vir beginnerlesers is ’n aangrypende verhaal oor liefde en verlies.

* * *

Marko thinks his grandad is the bravest person he's ever met; he even has a medal from the war to prove it. But when Grandad must go on his final adventure alone, Marko finds he has to be braver than he's ever been before.

 

Gebruik jou verbeelding

Vertaal deur Jaco Jacobs
Niefiksie vir kinders
Druknaam: LAPA
Ouderdom: 7+
9780799395709
R230,00

Hierdie boek bevat meer as 250 ongelooflike dinge wat kinders kan maak en doen.

Kinders kan hulle elektroniese toestelle afskakel en hulle kreatiwiteit vrye teuels gee – met speletjies, uitdagings, handwerk en hope ander prettige idees.

Bou ’n minigholfbaan, hou ’n skattejag, of leer hoe om ’n spioen te word.

Dit is tyd om jou verbeelding te gebruik!

Hierdie boek word in November vrygestel en is die perfekte boek vir ouers wat iets soek om hulle kinders deur die lang skoolvakansie mee besig te hou – sonder dat hulle heeldag voor ’n rekenaar- of TV-skerm sit.

Gebruik jou verbeelding is stampvol prettige idees. Neem dit oral saam met jou om verveelde kinders besig en vermaak te hou. Of dit nou ’n reënerige oggend of ’n sonskyn-middag is, sal jy genoeg hê om te maak, doen en speel.

* * *

Bored? Never again! This book contains more than 250 incredible things you can make and do. Shut off your electronic device and give your creativity free rein with games, challenges, handiwork and tons of other fun ideas! It’s time to unlock your imagination!

 

Doel!
Vertaal deur Deon Maree
Niefiksie vir kinders
Druknaam: LAPA
Ouderdom:  9+
9780799394870
R220,00

’n Fees van sokkerfeite, asook alles wat jy moet weet oor die aksie op die veld en agter die skerms in die stadion. Word ’n sokkerkenner met hierdie boek wat jou alles oor sokker sal leer. Die boek bevat allerlei wenke, statistieke, en nuttige inligting wat strek van die oorsprong van sokker tot die FIFA Wêreldbeker. Doel! is ’n moet-hê-gids vir enigiemand wat alles van die wêreld se gewildste spel wil weet.

Die aksiefoto’s in die boek toon al die verskillende tipe skoppe – en nog meer! Wie is die beste doelskieter wat nog ooit sokker gespeel het? Hoe keer jy ’n bal? Waar is die beste plek op die veld om ’n strafskop te neem? Hoe ver hardloop ’n speler gedurende ’n spel?

Doel! gee nie net die antwoord aan jou nie – dit wys jou!

* * *

Become a soccer expert with this book that will teach you everything about soccer. The book contains all kinds of tips, statistics and other useful information that covers everything from the origins of soccer to the FIFA World Cup. Doel! is a must-have guide for anyone who wants to know everything about the world’s most popular game.

 

Learn to read: Level 1 (Tippie-series)
Jose Palmer and Reinette Lombard
Preschool fiction
Imprint: LAPA
Age: 5+
R40,00

Ask any bookseller in South Africa: Week after week a little purple elephant finds itself on the Nielsen Best-seller lists in South Africa. These booklets by Reinette Palmer and Jose Palmer were so successful, that three of them were shortlisted for 2019 Sefika Awards.

Each story is unique, interesting and the text is always supported by colourful, engaging illustrations that will aid comprehension and, more importantly, an understanding of the sounds that are produced by certain letters.

The first, mega-selling, books were in Afrikaans. They could not be translated, for that would defeat the purpose of the stories being matched with sounds, words and pictures, so a completely new series has been developed and completed for young readers of English.

Tippie experiences modern-day adventures in each book whilst staying true to the typical phases of child development of the age group at which series is aimed.

Each book links certain sounds and letters to help self-confidence in reading. The first ten books in th (9780799397000) e series focus on short vowels, simple consonants, blends and sight words.

Titles in Level 1:

  1. Tippie and the cat (9780799396997)
  2. Tippie and the hen (9780799397000)
  3. Tippie and Fin jig (9780799397017)
  4. Tippie the cop (9780799397024)
  5. Tippie and Mum (9780799397031)
  6. Tippie likes to rap (9780799397048)
  7. Tippie and the vet (9780799397055)
  8. Tippie and Fin swim (9780799397062)
  9. Tippie and the frog (9780799397079)
  10. Tippie and the bug (9780799397086)

* * *

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant. Hierdie beginnerleesboeke is ontwerp met ’n spesifieke fokus op klankontwikkeling, om klanke en letters te verbind en ook om leessukses en –selfvertroue te verbeter. Die eerste tien boeke in die reeks fokus op kort vokale, eenvoudige konsonante en sigwoorde. Die reeks is ook beskikbaar in Afrikaans, met unieke stories vir Afrikaanse kinders.

 

Romanse | Romance

Ou liefde nuwe liefde
Malene Breytenbach
Druknaam: LAPA
SuperRomanza
9780799398397
R240,00

Kristin Kingsley se baas en geliefde, Ray Retief, lig haar en al die personeel van Conferences Etcetera in dat hy die besigheid sluit. Boonop los hy haar vir ’n ander vrou. Ontnugterde Kristin stig ’n nuwe besigheid. Haar aantreklike buurman, Ryno Brink, die gastehuiseienaar langsaan haar huis in Stellenbosch, was nog altyd soos haar broer. Hy word haar vennoot en help haar om die nuwe besigheid op die been te bring. Hulle reël ’n kongres waar dinge verkeerdloop en hulle verskeie dramas beleef.

Kristin besef dat haar liefde vir Ryno verdiep en hy voel dieselfde. Hulle moet egter ’n aantal struikelblokke trotseer voordat hulle mekaar werklik kan vind.

* * *

After losing her job and her boyfriend, independent Kristin starts her own business with her neighbour, Ryno. He’s always been like a brother to her, but she soon realises she might want him as a life partner too …

 

Liefde vir ’n liefling
Didi Potgieter
Druknaam: Romanza
Romanse
9780799398274
R95,00

Vir die wêreld is Tilla Jonker die Parkers se liefling. Sy is nie net aan die stuur van hulle openbare betrekkinge nie, maar ook die hoof van hulle welsynsorganisasie. Haar hart in die laasgenoemde is suiwer, omdat sy self bitter goed weet hoe swaarkry lyk. Vir Sean Thomas is sy net die handtekening op ’n tjek – nog ’n rykmans-dogter wat nie weet wat om met al haar geld te maak nie. Totdat Sean vir Tilla ontmoet. Die liefde is egter nie eenvoudig nie, en al voel hulle albei die vonk, is daar reëls aan die spel wat hulle albei speel verbonde. Reëls wat kan verhoed dat daar ’n toekoms tussen hulle is.

* * *

To the world, Tilla Jonker is the Parkers’ darling. To Sean Thomas, she’s just the signature on a cheque - a rich man’s daughter with too much money. Until Sean gets to know Tilla ...

 

Onweerstaanbare vyand
Elize Davies
Druknaam: Romanza
Romanse
9780799398304
R95,00

Irma Delport het grootgeword met die wete dat elke Retief die vyand is van enigiemand wat die naam Delport waardig is. Sy wil ’n ruk op Nyumbani gaan bly (die wildsplaas wat haar oupa destyds saam met Dreyer Retief se oupa gekoop het), maar op Nyumbani kraai Dreyer Retief koning, en hy dring daarop aan dat sy eers die veldwagterskursus voltooi. Dit is ’n strawwe kursus wat Irma bloed laat sweet, maar ’n koppige Delport laat haar nie so maklik deur ’n oorheersende, baasspelerige Retief intimideer of afskrik nie. As Dreyer net nie so aantreklik was nie, en as hy net nie so lekker gesoen het nie ...

* * *

Irma Delport grew up knowing that every Retief is the enemy of every Delport. If Dreyer just wasn't so attractive and didn't kiss so well ...

 

’n Jakkals wat roep
Joléne de Koningh
Druknaam: Romanza
Romanse
9780799398335
R95,00

Dis Inalien se eerste dag terug op Loeriespan en sy loop haar vas in hóm, van alle mense, en hy het blykbaar nie die vaagste idee wie sy is nie. Die windgat tweegesig!

Thysjan Kennedy kom uit die besproeiingsafdeling gestap; sy voete in die swaar werkstewels gaan vanself staan toe hy die meisie by die groentesaadrakkie sien. Vergete is die koperpyp in sy hand en die haas terug plaas toe.

Tussen Inalien en Thysjan is daar ’n geskiedenis: Thysjan is onbewus daarvan; Inalien is oorbewus daarvan. Gaan sy die strydbyl begrawe, vergewe en vergeet? Dalk – as sy net eers die waarheid kan ontdek.

* * *

Between Inalien and Thysjan there is a history: Thysjan is unaware of it; Inalien is hyper-aware thereof. Is she going to forgive and forget? Perhaps – if she can only discover the truth first.

 

Bosvelddroom
Judy Troskie 
Druknaam: Romanza
Romanse
9780799397437
R95,00

Simoné word aangestel by Nafasi Ya Tembu (Plek van die Olifante) onder die vaandel van kantoorassistent. Paul is uit die staanspoor onwillig om haar aan te stel omdat sy oorgekwalifiseerd is, maar hoofkantoor dring daarop aan. Min wetende dat Simoné opsoek is na ’n geldspoor wat Paul se beweerde onwettige ivoorhandel kan bevestig.

Die liefde laat hom egter nie voorskryf nie, al baklei Simoné en Paul hoe hard teen hulle gevoelens vir mekaar. Die vraag is: Gaan hulle passievolle liefde sterk genoeg wees om die ware rede vir Simoné se teenwoordigheid te oorleef?

* * *

Simoné loses her heart, next to the banks of the Olifants River, on warm-blooded Paul in whose veins nature beats. There where the Mopani trees dream and a broad-shouldered man can suddenly turn foreboding.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top