Die jaar is om. Skop jou skoene uit. Lees ’n lekker boek.
Baie, baie dankie aan almal wat LAPA en ons drukname so ondersteun het hierdie jaar.
***
And so the year has run out. Time to put up your feet and relax with book.
Thank you to everyone who has supported LAPA and our imprints through this year!
Niefiksie | Nonfiction
A Road Called Down on Both Sides
Caroline Kurtz
Imprint: Catalyst Press
Memoir
9781946395153
R245,00
Today the term “third-culture kid” is all over the internet. It has become a huge field of research, but when Caroline Kurtz grew up, only a handful of misunderstood kids knew what it was like never to belong anywhere. Those kids, with parents in the mission field, military or diplomatic services, had no support and no-one studied their needs.Caroline Kurtz grew up in the remote mountains of Maji, Ethiopia in the 1950s. Inside their mud hut, living with her missionary parents and three sisters, she enjoyed an American family life.Outside, her world was shaped by drums; Jeep and mule treks into the countryside; ostriches on the air strip; and several Ethiopian languages she barely understood but longed to learn.Finally, she returned to the USA, a country she did not understand, despite her upbringing. Caroline felt like she had been exiled to a foreign country when she went to college in Illinois.After completing her studies, she returned to Ethiopia to teach, only to discover how complex working in another culture and language really is.The best-known book with a similar theme is Barbara Kingsolver’s The Poisonwood Bible. It was a mega-seller about American girls from missionary parents who struggled to find their home – neither belonging in Africa, nor in the USA.Closer to home, Kopano Matlwa wrote a big seller called Coconut about a girl who grew up between cultures.
* * *
Vra maar ’n sendingkind: Jy het nooit regtig behoort nie; nie daar waar jou ouers gewerk het nie, ook nie in Suid-Afrika waar jy uiteindelik kom skool gaan of op universiteit probeer vriende maak het nie.
Kinders wat in vreemde kulture groot word, besef dikwels later, as volwassenes, dat hulle sekere sosiale vaardighede gewoon nooit aangeleer het nie.
Vandag word daar baie studies oor hierdie onderwerp gedoen, maar vir baie sendingkinders het dié navorsing te laat gekom.
Caroline Kurtz skryf van binne. Sy was daar. Sy was ’n sendingkind.
Vir haar was die navorsing ook te laat.
Vir die jongspan | For the young ones
In Opleiding-reeks|
Cath Ard
Drukaam: LAPA
Kinderniefiksie
Ouderdom: 7+
9780799392500 (Veearts)
9780799392517 (Atleet)
9780799392531 (Brandbestryder)
9780799392524 (Kodeerder)
R140,00
Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal dié boeke jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ’n topatleet te wees, hoe brandveiligheid werk en hoe om te kodeer.
Veearts in opleiding is propvol nuttige inligting. Vind meer uit oor die verskillende tipes veeartse, hoe ’n veeartspraktyk werk, hoe om diere se liggaamstaal te verstaan en hoe om gesondheidsprobleme te diagnoseer en behandel.
Atleet in opleiding bevat alles wat jong lesers wil weet oor hoe om ’n atleet, sportman of sportvrou te wees. Kinders kan meer leer oor hoe om ’n topatleet te wees en ’n prettige toets doen om te sien in watse sportsoort hulle die beste sal presteer.
Brandbestryder in opleiding bevat brokkies inligting oor brandveiligheid en sal jou alles leer van die belangrike werk wat brandbestryders doen.
Kodeerder in opleiding bevat inligting oor hoe om kodes te skep, watter vaardighede ’n kodeerder nodig het en hoe om jou eie webwerf te skep.
* * *
These books are packed with bite-sized chunks of information and fun facts about careers, like being a vet, an athlete, a firefighter or a coder.
My groot lofkleuterbybel
Jan de Wet
Kleuterniefiksie
Druknaam: LAPA
Ouderdom: 5+
9780799398144
R220.00
Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. Die Bybelverhale is geskryf om saam met die skrywer se voorlesings en liedjieopnames gebruik te word. ’n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se voorlesings en liedjieopnames. Kleuters kan na die voorgeleesde opnames en liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk.
Jy kan óf die kleuter aan die Bybelverhale bekend stel deur dit voor te lees terwyl hy of sy na die illustrasie kyk, óf deur saam na die storie op die opname te luister.
Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en die ontwikkeling van ’n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie.
Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon.
Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer.
Ná die Bybelverhaal is daar ’n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Let ook op na die dierevriende wat die Bybelreis saam met die kleuter af lê. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.
* * *
Read, listen and enjoy the Bible stories, songs and illustrations in this book along with your children. The stories are written along with an audio recording of the stories. Children can listen to the stories while they look at the pictures. You can introduce your child to the stories while they are looking at the illustrations, or by reading the stories while listening to the recordings.
Keegan en Samier
André Trantraal
Kinderfiksie
Druknaam: LAPA
Ouderdom: 7+
9780799397666
R60,00
Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture! Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …
Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met ’n lekker pas wat lesers se aandag sal hou.
* * *
Keegan and Samier are best friends. Samier’s twin sister Samia are also part of their circle. Then there is also Jenni-Lee, Keegan’s little sister, and his smart, but strict, grandmother. These friends have a lot of fun together! Unfortunately, Brent Peterson always spoils some of the fun, he is the bully!
Drama
Môre as ons groot is
Fanie Viljoen
Tienerdrama – slegs as e-boek te koop
Druknaam: LAPA
Ouderdom: 15+
9780799397147
R150.00
Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is, wanneer selfs die after party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Liza, Quin, Noku en Wayne kom elkeen uit verskillende agtergronde en die toekoms lyk ook vir elkeen van hulle anders.
Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool, hulle vriende, hulle kindwees... en dalk hulle drome.
Hierdie sonderlinge tienerdrama sal as e-boek te koop wees op LAPA se webruimte.
* * *
It is the matric farewell – the greatest night in every teenager’s life. But what happens when it is all over, when even the after party comes to an end? Four young people are on the brink of adulthood.
Tonight, they will bid farewell to their school, their friends, their childhood… and perhaps even their dreams.
Romanse | Romance
Sonvanger
Frenette van Wyk
Druknaam: LAPA
SuperRomanza
9780799396768
R240,00
Narissa is ’n volbloedhippie. Sy is optimisties oor die lewe en sy het ’n wil van haar eie. Sy glo daarin dat ’n mens die lewe moet geniet en oomblikke van blydskap vir jouself moet skep. Sy gaan vir haar die son se lag vang op Springbok. Haar grootste irritasie op twee bene is Franz Lamont, meneer volg-die-regte-pyltjies, baie aantreklik, baie bitter, en hy ry ’n vintage hippie kombi met daisies op die deure soos sy nog altyd wou hê. Hy stem nie saam met haar lewensopvatting nie. Pret en plesier is net vir ’n oomblik, en van min waarde. Werk, reëls nakom en dinge reg doen, is belangriker, en die swaar tye van die lewe weeg ook swaarder.
* * *
Narissa and Franz are different as night and day. She’s a hippy and he’s a widower with a dark past. All they need is a little luck and a lot of sunshine to find the love they both desperately crave.
Want hy praat tjoklits
Elsa Winckler
Druknaam: Romanza
Romanse
9780799396645
R95,00
Friede Tredoux het ’n slegte stel met ’n branderplankryer afgetrap. Hy’t nie gewerk nie en het geen toekomsvisie gehad nie. Sy ontmoet vir Matthys Combrink op Philadelphia terwyl sy en Jody by Leah kuier. Hy bak brood by die plaaslike deli. Sy is ’n arbeidsterapeut op George en begin oefen vir ’n marathon. Tot haar verbasing is Matthys een Saterdagoggend ook daar. Daar is beslis allerhande vibrasies wanneer sy naby hom is, maar sien sy kans vir ’n man wat brood bak vir ’n lewe?
* * *
Friede had a nasty experience with a surfer. Then she meets Matthys – the local deli baker. There are all kinds of emotions between them, but does she have the courage for a man who bakes bread for a living?
Die onwillige strooimeisie
Alma Carstens
Druknaam: Romanza
Romanse
9780799396676
R95,00
Zita vra die onmoontlike van Anja. Om haar strooimeisie te wees is een ding, maar om darem in haar vriendin se afwesigheid vir Alec, Zita se verloofde, te moet help met hulle troureelings, is hopeloos te veel gevra. Want wat Zita nie weet nie, is dat Anja ook haar hart op Alec verloor het. Alec is ’n werkolis wat meeste van sy tyd op kantoor bestee, maar Zita oortuig hom om Anja te help om hulle troue te reël terwyl sy vir nege maande Londen toe gaan. Hy stem teensinnig in, maar sou nooit kon raai tot watter uiteinde hierdie besluit sou lei nie.
* * *
Anja is secretly in love with Alec, her best friend’s fiancé. Now they have to arrange a wedding while Zita goes to London for nine months.
Wat jy gee
Karlien Badenhorst
Druknaam: Romanza
Romanse
9780799396737
R95,00
Mieke Küsler is terug in die Laeveld na drie jaar oorsee. Sy weet dat Migal Roos, haar oud-universiteitsvriend, ’n dokter is in die stad. Gelukkig hoef sy nie bang te wees om hom raak te loop nie. Hy het hulle vriendskap beëindig die aand voor sy op die vliegtuig geklim het met ’n vinnige en hartstogtelike soen. Sy het gehoop hy sal haar vra om by hom te bly, maar sy het nooit weer iets van hom gehoor nie. Die noodlot bring hulle bymekaar in die dokter se spreekkamer. Haar angstigheid om saam met haar kêrel Nederland toe te gaan oor ’n paar dae, raak al hoe meer ondraaglik nou dat sy terug in Suid-Afrika en in Migal se teenwoordigheid is.
* * *
Mieke is back in the Lowveld after three years abroad. Migal, her former university friend, ended their friendship with a quick and passionate kiss – but true love is not so easily extinguished.
Ter wille van Nina
Cheryl Rogers
Druknaam: Romanza
Romanse
9780799396706
R95,00
Olivia droom baie aande van ’n sorgsame wonderlike man met blougroen oë. Sy kan die kleur van sy oë in haar drome uitmaak, maar nooit sy gesig nie. Toe haar pad met dié van Zak Brunner kruis, lyk sy oë vir haar só bekend, nes dié in haar drome, maar sy is oortuig Zak kan onmoontlik die man wees van wie sy droom. In haar drome voel sy altyd veilig en gekoester. Sy is nie bang vir die man nie en sy vertrou hom onvoorwaardelik. Maar Zak maak haar benoud en sy vertrou hom nie so ver as wat sy hom kan sien nie. Maar Olivia het ’n sagte plekkie vir Zak se dogtertjie, Nina, en ter wille van Nina begin sy tyd saam met Zak deurdring. Haar opinie oor Zak verander mettertyd, en toe hy haar vra om met hom te trou, sodat hy voogskap oor Nina kan behou, oorweeg sy dit baie sterk. Sy wéét sy is lief vir Nina en sal amper enigiets doen om haar te beskerm, maar is dit genoeg rede om met Zak te trou?
* * *
Olivia dreams of a caring man with blue-green eyes. When she meets Zak, his eyes look familiar, but he makes her nervous and she doesn't trust him. Will she learn to feel safe and cherished by him for his daughter's sake?

