Persversklaring: LAPA op straat weens korrupsie

  • 0

Lede van LAPA op straat (Foto: verskaf)

Binnekort gaan lede van LAPA Uitgewers se bemarkingspan op straat wees, weens korrupsie.

“Dit het as ’n terloopse opmerking gekom tydens een van ons vergaderings,” verduidelik Izak de Vries. “Een van die spanlede het gesê ons moet The Bosasa Billions gebruik om mee te protesteer. Almal het dadelik gedink dis ’n briljante plan. Ralph Mathekga het juis gesê dis nodig dat Suid-Afrikaners moet leer hóé die stelsel gemanipuleer word. Hierdie boek verduidelik dit uitstekend.”

James-Brent Styan en Paul Vecchiatto verduidelik presies hoe Bosasa die stelsel gespeel het, al lees dit soos ’n storieboek. Die span sal kopieë van dié titel weggee as deel van die veldtog.

LAPA het uiteindelik nog vyf boeke gekies wat ook korrupsie klop en gaan nou gereeld op straathoeke “protes” aanteken om mense hiervan bewus te maak. Hou die sosiale media dop om te weet waar dié aksies gaan plaasvind, dalk kan jy met ’n gratis kopie van Bosasa wegstap.

Ander boeke op die lys is: Waldimar Pelser se splinternuwe In gesprek met Waldimar, ook Steinhoff en die Stellenbosse boys deur James-Brent Styan en Dibi Breytenbach se Dowe gode, wat handel oor korrupsie in ons hofstelsel.

In Engels sal Anneleigh Jacobsen se Corporation Games lesers insae gee oor korrupsie in daardie blink korporatiewe geboue in Sandton, terwyl James-Brent Styan se Steinhoff, inside SA’s biggest corporate crash  saam met The Bosasa Billions ook op die korrupsiekloplys is.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top