Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Dik dun thick thin deur Nataniël: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-10-04

"Van die verhale in die boek is, soos dikwels die geval is in Nataniël se skryfwerk, gewoon meesterlik geskryf, soos net hy kan."

’n Boekgesprek met Anna Emm

Estelle Kruger, Anna Emm Skrywersonderhoude 2021-10-01

"Stephen King het dit een keer so raak beskryf. Hy’t gesê om te skryf is soos om ’n bonfire te maak op ’n donker strand, en dan kom die karakters en storielyne na die lig toe. En elkeen wat kom, bring meer lig, kom pak nog ’n stuk hout op die vuur totdat die hele strand verlig is en jy as skrywer alles kan sien. Dis presies hoe ek dit ook ervaar."

Pasverskyn: Die spore van Gert Saggiestrap deur Marco Botha

LitNet Boeke en skrywers 2021-09-30

Nes sy pa met die goeie hart en sy ma met die stukkende verlede was hy ’n Boesmankind van die Nuwe Tyd waarin inkommers om en oor die Boesmans kom grenspale slaan het.

Marita oor Dinge: Ouers durf nie die tiener in hulself vergeet

Marita van der Vyver, Melt Myburgh Skole 2021-09-30

Met Cintaine Schutte se eenvrouvertoning van Die dinge van ’n kind binnekort op die planke by Hoërskool Jan van Riebeeck, gesels Marita van der Vyver oor tieners, ouers en waarom die boek 27 jaar ná sy verskyning mense steeds gaande het.

Disteltyd deur Marlise Joubert: ’n resensie

Nini Bennett-Moll Resensies 2021-09-30

"In Skotland word die distel geëer as heraldiese simbool van dapperheid. Die gemene deler tussen al die teenstrydige simboliese betekenisse is egter een van volharding – disteltyd is ’n ryk geskakeerde bundel en Joubert skryf met ’n deurwinterde digtershand waarin sy op kaleidoskopiese wyse bestekopname neem van ’n lewe."

Floreer deur Ilse Salzwedel: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2021-09-30

"Die boek is so geskryf dat dit eenvoudig ’n plesier is om te lees. Gestroop van ingewikkelde woorde en konsepte en teorieë. Onpretensieus."

An island by Karen Jennings: a book review

David Attwell Books and writers 2021-09-29

"An island is an ethically driven and formally accomplished novel."

Eerste slukkie: Renaldo Schwarp se Skeef

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2021-09-29

"Ek hoop dat hierdie mense se sigbaarheid ander sal inspireer om kasdeure oop te skop. Makliker gesê as gedaan, ek weet."

Steve Hofmeyr (1964–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2021-09-29

"Máár as ek skielik weggevat word, sal ek nie kan sê dat ek ooit verveeld was nie."

Simoelégri: stad van onrus – ’n onderhoud met Jaco Fouché

Naomi Meyer, Jaco Fouché Skrywersonderhoude 2021-09-28

"Ek hou van vervulde mense en ek het baie respek vir ambisie en prestasie. Maar aan die rand van die samelewing kom jy op ’n hart af wat jy nie in gegoede kringe aantref nie." 

Simoelégri: stad van onrus deur Jaco Fouché – ’n resensie

Willie Burger Resensies 2021-09-28

"Die roman bied soveel potensiaal, maar die gevoel is dat dit nog meer afgewerk en deurdink moes gewees het."

Bait – to catch a killer by Janine Lazarus: a book review

Ben Booysen Books and writers 2021-09-27

Captain Ben Booysen, senior investigating officer in the Krugersdorp murders on which the Showmax documentary Devilsdorp was based, writes: "Please note that no investigating officer follows the same route as another one, and my approach I have mentioned does not mean the investigators therefore did something wrong. It is rather that my methodology in identifying the suspect would have been different."

Wildekus deur Morné Malan, ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2021-09-22

"Morné Malan kry dit reg om vrae te vra oor Die Lewende Vlees, maar toon ook aan hoe hulle sorg vir mense wat andersins nooit iewers sou kon tuis wees nie. Is Die Lewende Vlees goed of sleg? Lees gerus self."

Wat Werner doen met sy drie miljoen deur Tertius Janse van Rensburg, ’n resensie

Estelle Kruger Resensies 2021-09-22

"Nou begin die groot uitdaging: Sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde gaan hulle die geld by haar uitkry?"

Tao van wakker word deur Abel Pienaar: ’n Persoonlike indruk en huldeblyk

Estelle Kruger Boeke en skrywers 2021-09-22

"Hierdie stuk is nie ’n resensie nie, maar ’n essay met my gewaarwordinge van wakker word rondom die boek en my eie ervaring van ’n spirituele reis saam met Abel Pienaar terwyl ons per e-pos die gesprek vir LitNet beplan het. Ek bied in hierdie huldeblyk ’n (langasem) oorsig oor die inhoud van hierdie boek en verwys telkens na enkele verbandhoudende tekste."

Skoon wasgoed: Hoeke man hy was, JC Steyn (1938–2021)

Frederik de Jager Boeke en skrywers 2021-09-22

"My klein ervaring van hierdie groot gees was soos ’n beskaafde minuut in ’n treinwa onderweg, toe die son vir ’n onbewaakte oomblik helder en ontblotend oor ’n medereisiger skuif, en daarna skaduwee."

Press release: An unsettled time – an invitation to reimagine heritage with Simon van Schalkwyk

LitNet Books and writers 2021-09-21

How do we celebrate Heritage Day (24 September) in an unsettled time? In the face of a pandemic, ideas of identity seem as superfluous and dangerous as flames on Braai Day. Simon van Schalkwyk’s debut collection, Transcontinental delay, is the most fitting recommendation in Heritage Month.

Afrikaner-Sondebok? Die lewe van Hans van Rensburg, Ossewabrandwag-leier deur Albert Blake: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2021-09-21

"Onder die huidige omstandighede is dit juis ’n boek wat gelees moet word om meer begrip vir die Afrikaner en sy geskiedenis te vorm en ook te verstaan waarom sekere optredes gevolg het."

Toyota US Woordfees op TV 2021: ’n Onderhoud met Elmari Rautenbach oor die boekeprogram

Naomi Meyer, Elmari Rautenbach Toyota Stellenbosch Woordfees 2021-09-20

"’n Stimulerende program, met verskeidenheid wat jou soms sal verras, soms sal troos, sal warm laat voel van binne, stimuleer of fassineer, so asof jy tyd deurgebring het met ’n groep baie interessante mense wat jy graag van naderby wil leer ken."

Soldaat deur Reynardt Hugo, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2021-09-20

"As jy blaamvry is, tel maar op jou klippe, maar as jy besef ons maak almal gruwelike foute, lees gerus Soldaat."

Top