Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud
2022-06-17"Ek wou begin met waar sy wegloop en probeer oor begin. Uit ’n skrywersoogpunt het ek ook geweet ’n openingstoneel van ’n meisie wat vlug – wat so desperaat is om van daardie plek weg te kom dat sy alleen in die middel van die nag Suid-Afrikaanse strate en agterpaaie sal trotseer – gaan daardie impak en hoek hê wat ’n leser dadelik sal intrek."
Cliffordene Norton gesels met An-Mari do Carmo oor haar awesome boek, Toe als groen was.
’n Gesprek met al die Marte in Dinge van ’n kind
2022-06-13Mart word deur drie aktrises vertolk: Melissa Myburgh speel die jong Mart, Cintaine Schutte is Mart in 1992, en Susanne Beyers is Mart in die hede.
’n LitNet Akademies (Regte)-artikel oor Die waarde van stil bure? ’n Onderhoud met Zelda Bezuidenhout
2022-06-07"Een aand moes ek na ’n sieldodende gesprek tussen ’n mediese dokter en ’n wetenskaplike luister. Ek het bitter min verstaan en was eintlik net daar om die koffie te bedien. Maar toe die gesprek ’n onverwagse wending na stamselnavorsing neem, het dit my ingetrek."
Kommadagga 2022: Koos Kombuis onthou hoe Huisgenoot hom aan die lewe gehou het
2022-05-26Die sluitingsdatum vir aansoeke vir LitNet, Huisgenoot en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool vir tydskrifverhaalskrywers is om die draai: 10 Junie 2022. Koos Kombuis vertel hoe hy as jongman oorleef het deur verhale aan Die Huisgenoot te lewer.
In conversation with Hannes Barnard about Halley’s Comet
2022-05-24"They run for their lives as dusk turns into night. Bullets fly as he gets closer. They stop breathing because it’s making too much noise. Still, Rudie comes closer. And closer."
Afvlerkmens: ’n onderhoud met Grant Jefthas
2022-05-20"Met 'Scheme-Kind' verklaar ek trots dat ek van die ghetto is. Die 'ghetto' van Franschhoek, Mooiwater HOP Skema, wat die toeriste nie eens van weet nie. Ek verklaar: 'Kinders uit sulke skemas, plakkerskampe en plase kan dit ook maak!'"
Disinformation in the Global South: ’n onderhoud met Herman Wasserman
2022-05-19Wêreldpersvryheidsdag word elke jaar op 3 Mei gevier. Vanjaar se tema is "Joernalistiek onder digitale beleg". Herman Wasserman vertel vir Izak de Vries en Menán van Heerden oor sy jongste twee projekte: ’n boek, Disinformation in the Global South, en ’n verslag, "Meeting the challenges of information disorder in the Global South".
SA Kinderliteratuurfees 2022: ’n onderhoud met Cliffordene Norton
2022-05-19"Om jou te ken gaan oor hoe jy iemand jou lewe lank kan ken, saam met hulle woon en steeds dele van hulle kan miskyk."
Moord op Pofadder: Freek Robinson gesels met Charné Kemp
2022-05-16Hoekom skryf Charné Kemp oor moord? Hoe pak sy so ’n projek aan? Wat gaan deur haar gedagtes wanneer sy ure in die hof deurbring? Hoe slaap sy snags? Dit, en veel meer, wil Freek Robinson by haar weet in hierdie onderhoud.
A century of South African naval history: ’n onderhoud met André Wessels
2022-05-04"Vir baie Suid-Afrikaners is die see (behalwe as vakansiehou- en swemplek) ongelukkig steeds ’n 'ander land' (met apologie aan Karel Schoeman, wat ek hier uit konteks aanhaal), en deur middel van my publikasies poog ek om groter bewustheid te kweek ten opsigte van die waarde en betekenis van die see in ons geskiedenis; trouens, vir ons voortbestaan. En dus ook die belangrikheid van ons Vloot."
Life in the time of the plague – and an interview with Julian Roup
2022-04-29"I kept a diary during the first year of COVID because I was not sure that I would survive, and I was also incandescent with rage at the ineptitude, corruption and general mismanagement of Boris Johnson and his government. I found writing the book cathartic and was delighted when Alec Hogg of BizNews asked me to produce it as a series of podcasts, which I did, and then it was published as a book by BLKDOG."
Lansdowne dearest: My family’s story of forced removals – an interview with Bronwyn Davids
2022-04-27"I wanted to give my family dignity and closure and, above all, let them rest in peace. And to the future generations, this is what it was. You can go on and make your own lives."
As die katjiepiering blom: ’n onderhoud met Audrey Jantjies
2022-04-26Audrey Jantjies praat met Naomi Meyer oor As die katjiepiering blom, wat sy ook by vanjaar se Suidoosterfees bespreek: "Met die gehoor by SOF wil ek graag praat oor die mite dat ons wat van die platteland af kom, iets van ’n agterstand het, maw ek wil baie graag praat oor stereotipes."
Oom Bey, my pa – die stemme in Henque Heymans se kop
2022-04-25Henque Heymans se Oom Bey, my pa debuteer vanjaar op die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre-program. Hy vertel aan Melt Myburgh hoe Beyers Naudé se geskiedenis die drama geïnspireer het.
Kompoun: Ronelda Kamfer en Annemarié van Niekerk práát
2022-04-22"Ek kan nie glo dat daar ’n tyd was toe Kaaps shameful was nie. Hoe baie leerders het in Standaardafrikaanse lesse gesit met teachers wat vir jou sê jy is dom of minder net omdat jy gesit en sukkel het om jou taal te translate tot dit pas in die mould van mense wat jy nie ken nie."
An interview with Siphiwe Gloria Ndlovu, winner of a Windham-Campbell Prize for 2022
2022-04-20"I believe that literature, if done right, speaks about much more than just the present moment – it allows us to examine the past and imagine the future."
Die dodelikste donuts in die heelal: ’n onderhoud met kinder- en jeugboekskrywer Cecilia Steyn
2022-04-12Dit was onlangs internasionale kinderboekdag. Naomi Meyer praat met Cecilia Steyn, veral bekend vir haar kinder- en jeugboeke, oor ’n kinderboek van haar wat in Junie by NB-Uitgewers verskyn.
Moer: ’n onderhoud met Michèle Meyer
2022-03-31"Toe ek die hoeveelste ma se verhaal van verlies, verlating, verskeuring, vernedering deur ’n eks, of die hof, of familie hoor, het ek geweet Moer moet gebeur."
KKNK 2022: ’n onderhoud met Fanie Viljoen
2022-03-28"Ek sien baie uit na die KKNK. My laaste optrede by ’n fees was die Woordfees van 2020. Kort daarna het die inperking begin. Ons skrywers en kunstenaars gaan soos hase wees wat uit hul gate losgelaat is!"
Reis met woorde, ’n onderhoud met Xanelé Puren
2022-03-18"Die boek, wat lyk en voel soos die bekende Moleskine-dagboeke, is interaktief en help kinders om die storie- en ander boeke wat hulle self kies om te lees, op te som en om dan ook hulle eie idees te begin formuleer om self tekste te skryf."
