Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Sala-toekennings 2021: ’n Onderhoud met André Trantraal
2021-11-11"Ek hou van eenvoud en vind die stadig ontvouende spectacle van die alledaagse fassinerend. Dit is waar die grootste avonture maar tog gebeur."
Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"
2021-11-09"Hierdie karakters het net opgedaag, maar ek het eenkeer in Kaapstad verby ’n paar wit hekke gery, en ’n private skool het in my kop opgepop. Ver van oorspronklik, so ek het dit laat gaan totdat ek Lincoln effe windgat teen daardie pilaar sien leun het."
Ek onthou – ’n outistiese seun se lewensreis: ’n onderhoud met Anton en Corrie Müller
2021-11-08"Ek was altyd goed om ’n reeks boeke in ’n numeriese volgorde te rangskik. Ek was baie opgetense as ek agterkom dis nie reg nie. My oorlede ma het agtergekom ek is goed daarmee. En sy het besluit ek moet eendag in ’n biblioteek gaan werk." Anton Müller en sy broer, Corrie, het met Naomi Meyer gesels.
Op die man af – Freek Robinson lig die sluier oor ’n vol, opwindende lewe
2021-11-03"Tydens ’n nuuskonferensie in die Franse hoofstad het Madiba verrigtinge onderbreek toe hy vir Freek in die perskorps gewaar. Net daar, omring deur die wêreldpers, het Mandela vir Freek gegroet en hom vertel hoe hy hom in die tronk op TV dopgehou het."
#kouekoffie: ’n Onderhoud met Carla Lang
2021-11-02"Selde dat ek ’n warm koppie koffie of tee gedrink kry. Ek is seker baie ma’s kan vereenselwig."
Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Jaco Jacobs oor sy storie, "Die meisie met uitroeptekens in haar oë"
2021-11-02"Dit gaan oor Kieran wat op ’n dag ’n jong graffitikunstenaar met rooi sneakers ontmoet wat hom met nuwe oë na sy baie geordende, deeglik-beplande lewe laat kyk. Dit gaan daaroor om nie bang te wees om met uitroeptekens te lewe nie."
Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Annelie Ferreira oor "Betyds"
2021-11-02Die meisie met uitroeptekens in haar oë is ’n lekkerlees-boek vir tieners. Onderwysers kan die stories in die klas aanwend as hulle op soek is na voorbereide leesstukke of begripstoetse. Annelie Ferreira praat oor haar verhaal en die twee hoofkarakters wat duisende kilometer van mekaar bly.
Annemarié van Niekerk se reis na SA se moorddadige hart
2021-10-27"Die boek is ’n aangrypende, ontstellende verkenning van die oorsake en omvang van die enorme geweld wat in Suid-Afrika aan die orde is, en Van Niekerk bou die narratief rondom plaasmoorde wat op Ida in die Oos-Kaap plaasgevind het." – Melt Myburgh in gesprek met Annemarié van Niekerk oor Om het hart terug te brengen.
Elinor Sisulu and Puku’s combat against the "cognitive catastrophe" of illiteracy
2021-10-07"Every language matters; any language is good enough. The best readers, the most challenging creative and critical thinking, the largest wins for communication skills, are across and between languages." – Elinor Sisulu, award-winning writer and human rights activist.
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Annelie Ferreira se kortverhaal oor innerlike krag
2021-10-04"As ’n leser kan omgee vir ’n karakter in ’n storie, nuuskierig gemaak kan word oor die lewe en wêreld van daardie karakter, word dit meer natuurlik vir so ’n leser om in sy of haar lewe ruimte te maak vir werklike mense van ander kulture."
’n Boekgesprek met Anna Emm
2021-10-01"Stephen King het dit een keer so raak beskryf. Hy’t gesê om te skryf is soos om ’n bonfire te maak op ’n donker strand, en dan kom die karakters en storielyne na die lig toe. En elkeen wat kom, bring meer lig, kom pak nog ’n stuk hout op die vuur totdat die hele strand verlig is en jy as skrywer alles kan sien. Dis presies hoe ek dit ook ervaar."
Marita oor Dinge: Ouers durf nie die tiener in hulself vergeet
2021-09-30Met Cintaine Schutte se eenvrouvertoning van Die dinge van ’n kind binnekort op die planke by Hoërskool Jan van Riebeeck, gesels Marita van der Vyver oor tieners, ouers en waarom die boek 27 jaar ná sy verskyning mense steeds gaande het.
Simoelégri: stad van onrus – ’n onderhoud met Jaco Fouché
2021-09-28"Ek hou van vervulde mense en ek het baie respek vir ambisie en prestasie. Maar aan die rand van die samelewing kom jy op ’n hart af wat jy nie in gegoede kringe aantref nie."
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Anzil Kulsen se kortverhaal rondom die sosiale media
2021-09-17"Hierdie storie kan soveel debat uitlok – daar is ’n paar relevante kwessie waarmee kinders op ’n baie jong ouderdom konfronteer word. Soos die gepoleerde beeld wat ons na buite uitstuur ..."
Help! Koos Kombuis se kunstefees spiraal buite alle orde!
2021-09-17"Dis dalk ’n bietjie meer Kootjie Emmer as Magersfontein." – Koos Kombuis oor sy ‘crazy komedie’, Help! My dorp hou ’n kunstefees!
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Henriëtte Loubser se kortverhaal rondom ekologie en natuurbewaring
2021-09-13"Verder kan debatvoering oor ekotemas soos besoedeling, optrede om die aarde te beskerm, klimaatsverandering, uitwissing van spesies, uitputting van natuurlike hulpbronne en die toekoms van die planeet gevoer word. Daar kan idees uitgeruil word en voorstelle gemaak word om kwessies soos besoedeling en vernietiging aan te spreek; optredes te oorweeg, dus."
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Elrien Scheepers se kortverhaal as voorbeeld van ’n fabel
2021-09-08"Die vier elemente van ’n fabel sluit in ’n morele les, simbolisme, humor en antropomorfisme/vermensliking. Hoewel die diere in my fabel normale dieregedrag toon ... is hulle eintlik simbole van mense of kinders."
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense
2021-09-01"Vi leerders wat wel Kaaps praat, gloe ek dattie ontmoeting van hul hystaal innie klaskamer ’n geleentheid bied vi heelheid en alignment. Ek hoep dat it hulle laat besef dat hulle tys sowel as op skool hul outentieke self kan wies. Vi leerders wattie tys Kaaps praatie, maak blootstelling aan hierdie taal hul gedagtes oep. It gie hulle mee geleentheid om bewus te wôd vannie diversiteit vannie Afrikaanse taal en allie verskillende mense wat it praat."
Leef jou nuwe lied deur Elsa Winckler en Sonja Goldberg: ’n onderhoud met die skrywers
2021-09-01"Daar is ’n hele paar voorbeelde waar hulle illustreer dat mens soms net moet asemhaal en bedaar, besef jy is nog hier. Dis soms genoeg om in daardie genade te staan. En die ander belangrike boodskap is dat jy soms ook net vir ander dít kan wees: hier en gewillig om te luister."
Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Fanie Viljoen se kortverhaal oor kunsmatige intelligensie
2021-08-31"Leerders sal miskien hul eie weergawe van ’n toekomstige skool kan versin, want hulle kinders sal moontlik eendag so skoolgaan. Die Zoom-klasse wat ons vandag sien, is net die begin daarvan."
