Skrywersonderhoude
LitNet gesels met skrywers, vir die storie agter die stories.
LitNet talks to writers, for the story behind the stories.
Katastrofe en Die holderstebolder hondepartytjie: ’n onderhoud met De Wet Hugo
2022-09-05"Dit was altyd ’n droom om te kan skryf en ek het altyd gesê as ek net een boek gepubliseer kan kry, sal ek tevrede wees. Maar soos dit met die meeste goed in die lewe is, was een natuurlik nie genoeg nie. Die plesier wat ’n nuwe boek my gee is verslawend. Ek glo nie ek sal ooit kies om op te hou skryf nie."
Net aliens eet spinasie en ander stories: ’n onderhoud met Jaco Jacobs
2022-08-19"[A]s ’n mens jou storievoelers uitgesteek hou, is daar oral stories wat wag om vertel te word."
Vincent Pienaar, Melville se onwillige literêre skat
2022-08-18"Terwyl ek by Killarney was, het ek ’n roman in Afrikaans geskryf. Dit was voor die dae van fotokopiemasjiene. Ek het die enigste bestaande manuskrip vir ’n meisie gegee om te lees. Ek wou haar beïndruk om voor die hand liggende redes, maar sy het verdwyn met die velle papier wat sy sekerlik nooit gelees het nie." – Vincent Pienaar.
True magic amongst grinding poverty, no fairies: Bridget Krone on her latest book
2022-08-10Can a dream be born in Cedarville, a place of grinding poverty? Izak de Vries chats to Bridget Krone about The Cedarville Shop and the wheelbarrow swap, published by Catalyst Press.
Kinderboeke: Rafiek Mammon se Faizel versamel sterre in Afrikaaps
2022-08-04"Kaaps is nie iets waaroor ek mal of passionate is nie. Ek glo jy moet jouself kan uitdruk soos jy wil. Dis tog waarvoor ons geveg het, is dit nie?" Rafiek Mammon gesels oor sy boeke vir bloedjong lesers, Faizel en die sterre en ’n Goue ster vir Faizel, en vertel hoe sy Moslem-karaktertjie ’n stem help gee aan gemarginaliseerdes.
Gesprek van Estelle Kruger met Fanie Viljoen en Daniël Hugo oor hulle grafiese roman Laaste lewe (2020)
2022-08-02"Strokiesprente kombineer die visuele en geskrewe wêreld op ’n unieke manier. As bonus is dit vermaaklik."
Stemme | Voices | Amazwi: "My ouma – die bakker, die bokser": ’n onderhoud met Dean Balie
2022-08-02"So ek wou sê my ouma het my geknie in die vorm wat mense vandag sien. Ek is ’n produk van haar hande, haar lesse, haar lewe en haar liefde."
Krummels is mos die lekkerste deel: ’n gesprek oor boeke, kos en die lewe
2022-07-22"Fiksie en joernalistiek is heeltemal, heeltemal verskillende dissiplines. Talle briljante joernaliste – nie almal nie! – faal as romanskrywers, en goeie romansiers wat soms gevra word om joernalistiek te pleeg, sukkel om twee feite binne 3 000 woorde te betrek."
Dan Sleigh skryf VOC se retoervlootstelsel en die oorsprong van verwoestende pokke aan die Kaap oop
2022-07-20By die lees van Retoervloot – Kaapstad en die VOC in 1713 (Tafelberg), Dan Sleigh se mees onlangse geskiedeniswerk, meld ’n magdom indrukke hulle by ’n leser aan, oor die aard van ondernemingsgees en die ingewikkelde, droewige, dinamiese en steeds uitkringende nalatenskap daarvan. Sleigh het Willem de Vries se vrae beantwoord.
Hoerkind deur Herman Lategan: ’n onderhoud met die skrywer
2022-07-18"Herman sê hy glo op ’n goeie dag dat ’n mens se ervarings, goed of sleg, nie vermors is in die hande van ’n skrywer of kunstenaar nie. Hy gebruik alles wat met hom gebeur in sy werk. 'Ek vergader, stof af, polish en bêre gebeure vir latere gebruik.'"
Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman
2022-07-13"Ek dink soos ’n mens ouer word, besef jy toenemend dat jy aanhoudend moet vrede maak met verlies, van kleins af al. Jy verloor jou eerste hondjie, dalk ’n oupa of ’n ouma, later jou onskuld en so aan totdat die werklikheid van jou eie dood al hoe groter begin word."
China in Afrika: Die era van sekuriteit deur Fanie Herman: ’n onderhoud met die skrywer
2022-07-13"Op grond van die persoonlike kontakte tussen Xi Jinping en Cyril Ramaphosa en hulle persoonlike gesprekke tydens die laaste FOCAC-vergadering is die mening dat Suid-Afrika al hoe nader aan China beweeg." – Theo Neethling gesels met Fanie Herman wie se boek China in Afrika: Die era van sekuriteit pas verskyn het.
Sproetebessies en die hart van die swart roos: ’n onderhoud met Troula Goosen
2022-07-12"’n Tikkie fantasie vat kinders net weer weg uit hulle omstandighede na ’n ander wêreld waarin alles moontlik is en waar die goeie oorwin, ongeag."
Skryf Afrikaans van A tot Z, ’n onderhoud met Sebastian Pistor
2022-07-07"Uiteindelik kan almal wat die beste wil kommunikeer aan hul gehoor, hetsy deur die gesproke of die geskrewe woord in Afrikaans, in enige vakgebied by ’n boek soos hierdie baat."
Inwoonskrywer: Loit Sōls
2022-07-06"Key-woōd: saāmwies. Positively oepkop, embracing en mēdedēlend, but oek lekke challenging. Accepting, idea-vol, informative, fresh, liberating, renewing, but oek prikkelend."
Author in residence: Mia Arderne
2022-07-05"Writing is usually such a solitary thing, and it can get lonely. So, being surrounded by other writers has been amazing. Being in a space where six of us are together and working, feels like I'm part of a community of artists where we can share our processes and our progress."
Bargain Books Q&A with Beth O’Leary
2022-07-04"For me, happy endings are more meaningful when you’ve seen the characters go on a tough journey to get there."
Inwoonskrywer: Elodi Troskie
2022-07-04"Met soveel verskillende tale en stories wat saans om die etenstafel ontmoet het, dink ek het ons almal baie by mekaar geleer. Ons was ook gelukkig om die Karoo Writers’ Festival in Cradock en die Nasionale Kunstefees in Makhanda by te woon en ook daar deur kreatiewe energie omring te word."
Mara deur Marida Fitzpatrick: ’n onderhoud met die skrywer
2022-07-04"Iemand het eenkeer gesê 'all memory is fiction.' Die oomblik dat ’n mens iets deur die filter van jou eie belewenis en herinnering onthou, raak dit noodwendig iets anders, iets wat jy tot ’n mate self geskep het."
Inwoonskrywer: Naomi Meyer
2022-06-29"As mens in hierdie dorp inligting vir mens se storie benodig, moet mens net vra en jy sal met vriendelikheid vrygewig ontvang. Baie dankie, Somerset-Oos, en baie dankie Paulet Huis en al jou luukse gasvryheid!"
