Ampie van Straten (1937–1997)
2014-12-16"Met die Pendorings probeer ek demonstreer dat Afrikaans alles behalwe ’n stywe en omslagtige taal is en dat nuttige woorde en uitdrukkings nie van Afrikaans weerhou moet word nie. Dit verarm ons taal." Lees Ampie van Straten se ATKV-skrywersalbum.
Foto's: ATKV-Rielkompetisie 2014
2014-12-10 Die negende finale van die jaarlikse ATKV-Rielkompetisie het Saterdag 6 Desember by die amfiteater by die Afrikaanse Taalmonument plaasgevind.Dit ruk & riel van Loeriesfontein tot Kleindrakenstein
2014-12-02"’n Eeue oue dansvorm wat amper onder apartheid gesneuwel het, herleef weer as oud en jonk veldskoene aantrek en die riel trap dat die stof so staan."
Nzimande se uitspraak bewys dat taalregte en -sensitiwiteite nog nie behoorlik verstaan word nie
2014-12-01 Die gehalte van onderwys en die kundigheid van leerders en studente kan net verbeter indien ons moedertaalonderrig uitbrei.Charles Fryer (1946–2014)
2014-11-26"Ek is by voorkeur ’n liriese digter en daarvoor het ek meer ledige uurtjies nodig, tyd om stemminge op te vang. ’n Mens moet rustig word sodat jy kan oopgaan van binne. Soos die pottebakker moet jy regstaan om raak te vat, want as ’n vers kom, dan kóm hy. Knip jy sy asem kort, is hy dalk verlore." (Transvaler, 15 Mei 1981)
Ruk en Riel op kykNET & Kie
2014-11-04 Vir die heel eerste keer op televisie bied kykNET & kie 'n reeks aan oor die unieke rieldans van die Noord-Kaap. Ruk en Riel – begin op 5 November om 21h00 op kykNET & kie.AAJ van Niekerk (1931–1994)
2014-11-04"My stories handel oor dinge wat ekself beleef het en wat ek uit my kinderdae met my saamdra. Ek gryp uit die lewe uit."
Ela Spence (1909–1997)
2014-10-29"Ek wil dit egter benadruk dat ek geen letterkundige is nie. My werk bestaan net uit ligte ontspanningsleesstof."
Spraakprobleem? Nee! Spraakoplossing!
2014-10-29 "Shantille Klaasse, van St Anna Sekondêr in Springbok, is ook geneig om te hakkel. Dít was een van die goed wat gemaak het dat sy dieper moes delf en meer moes konsentreer as enige ander deelnemer aan Saterdag se landswye Afrikaanse Spelfees vir Graad 9-Huistaalleerders."Eerste nasionale Afrikaanse Spelfees vir tweedetaalsprekers
2014-10-23 Die spelkompetisie vir graad 9-leerders wat Afrikaans as eerste addisionele taal (EAT) neem, bekend as die Afrikaanse Spelfees, is Saterdag 18 Oktober vir die eerste keer nasionaal aangebied.Johnita le Roux (1952–)
2014-10-22 “Vir my is een van die grootste tragedies op aarde dat hopeloos te veel mense tot hul sterwensdag hul daaglikse plig doen sonder dat hul goddelike potensiaal eens naastenby vervul is.” Johnita le Roux se skrywersprofiel is nou volledig bygewerk.Maak kinders lief vir woordeboeke, sê ATKV
2014-10-15 Internasionale woordeboekdag word op 16 Oktober gevier omdat dit die verjaarsdag is van Noah Webster, beroemde Amerikaanse woordeboekmaker.Emma Huismans (1947–)
2014-10-14 Louise Viljoen ondersteun die standpunt dat Huismans se verhale van literêr-historiese belang is, omdat sy die ingewikkeldhede van verhoudings verteenwoordig.Vertalers en tolke lewer onontbeerlike diens, sê ATKV
2014-09-30 "Ons wil graag op vertalersdag hulde bring aan die mense wat agter die skerms werk om die voortbestaan van al Suid-Afrika se amptelike tale te bevorder."Propvol boekeprogram by Clover Aardklop 2014
2014-09-30 Die ATKV Boeke-oase se program by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom is oudergewoonte propvol opwindende boekbekendstellings, boekgesprekke, teatergesprekke en voorlesings. Alle gesprekke/geleenthede wat by die Boeke-oase aangebied word, is gratis.Melt J Brink (1842–1925)
2014-09-30 Ben de Kock skryf oor Melt Brink dat hy in sy tyd ’n belangrike baanbreker was en miskien ook die eerste wat ons mense geleer het om vir hulself te lag.ATKV-Tienertoneel: Opoffering bring uitstekende resultate vir jong leerders
2014-09-26"Malmesbury is ’n plaasgemeenskap en die afstande is groot. Baie ouers het nie motors nie. Wat maak die kinders dan om te kan oefen? Hulle slaap in die klaskamer. Dit is die enigste manier hoe hulle die ure kon insit."

